Waterberg skatte jag

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MRK Miller

Pack Dog
Joined
Feb 24, 2014
Messages
419
Reaction score
0
Location
Springs
Bike
Kawasaki KLR 650
Waterberge skatte jag 24-26/05/2016
Dit is al lankal dat ek hoor van on-ondekte skatte van die waterberge. Die hunkering om te gaan soek het al sterker geword. Nou is die winter hier en is dit seker die idiale tyd om op so skattejag te gaan in daai juweel wereld. Die beplanning begin eers as n solo avontuur, maar die opgewondenheid oorweldig my en ek laat val dit by n paar ore neer. Harry alias klr wannabe alhoewel hy nou al sy klr het en Hennie wat so min op die clan is ek is nie seker wat sy clan naam is nie. En dan Stefan wat net n 250 yammie het waarmee hy gaan stoom afblaas so nou en dan. Ons het saam n paar trapfiets avoture agter die rug. Nou ja die skatte sal seker maar gedeel moet word. Stefan het nie n avontuur fiets nie so hy huur my seun wat nou 16 is se fiets vir R100 p/dag. Opgewonde oor die exstra geldjies stem hy gretig in. Party sal seker sê ons het hom ingedoen. Hy ry die vrydag na my toe van Rayton af, saam met sy metgesels griep. Ek jaag gou om fietse se lisensies reg te kry. Stefan is so uur laat want sy metgesel griep wou hom nie vroeg iut die bed laat klim nie, maar hulle maak dit. Kry toe al sy goed in die sakke en vas gemaak op die fiets. Besliut toe ons sal koffie by Hennie drink aangesien sy vrou by die hius is en sy maak leka koffie, want ek wil nie koffie maak nie. Kopdoppe op en my fiets brul. Maar Stefan sin is stil. Hy druk die knormoer se knoppie maar daar is niks. Ag nee dink ek by my self en in my gedagtes gaan ek deur al die lêers oor die tegniese dae wat dit kan wees. Al lêer wat ek kry is die van die systand se Skakelaar. Wikkel om so bietjie en torring hier en daar. Kry die toes liggie wat as nuwe toevoeging aan my gereedskap sakkie deur my vroulief aan my gegee is. Haal die bedekking van die draad konekteerders af by die toere teller. Die liggie doen sy ding en daar is krag wat inkom en iutgaan. Nee dis nie die skakelaar nie. Iut moedeloosheid sê ek vir die fiets, ek haal somme haar fonkprop iut. Stefan druk weer sommer so die knoppie en toe is daar lewe. Ons alby lag. Die fiets wil diudelik nie deur die operasie gaan nie. Ons val in die pad. By Hennie maak pas ons gou n tipe van n nommerplaat maak plan om sy goed als op die fiets vas te kry terwyl ons die leka koffie wat die ergste koue verdryf afsluk. Hennie het ook n metgesel wat saam ry. Sy naam is bietjie erger griep, maar ry moet hulle maar saam. Ons is so half uur vroeg by Harry se werk wat onder omstandighede eers 13h00 kon afkry. Ek neem die geleentheid om van die liefde van my lewe afskeid te neem, aan gesien sy moet werk die naweek, anders kon sy ook saamry. Ons hoor Harry se fiets langs die fabriek afkom en dan begin die adrenelien hoogety fier. So hoog dat ons vergeet om kringetjie te hou vir n oomblikte van stilte.
Die gedrius van vier klr's vul die lug in so n mate, dat Monica ons later sou meedeel dat van die wat daar gestaan het hoendervleis gekry het. Twee rooi fietse en twee groenes waarvan een n c-model is. Ons kies koers Rayton toe waar Stefan eers by sy liefde wil gaan spog met die geselsskap, of is dit nou dat hy haar die fiets met die pakasie wil wys en hoop sy vang die skimp.

Ons neem eers gou n paar fotos. Van daar is dit Cullinan en dan deur dikoneng wildernis gebied. Stefan raak gou gewoont aan die gewig van die klr nadat hy en die fiets mekaar beter leer ken het op die eerste stuk grondpad in die wildernis gebied. Dis ook op die stukkie wildernis pad wat ons die eerste wild sien. N prag kameelperd of drie. Daar word hard op die remme gelê en omgedraai vir fotos.

Van daar is dit Pienaars revier en die R101 ou pad Warmbad toe wat dan ook n paar geleenthede bied vir foto's van die manne, hulle fietse en die son wat mik om kop neer te lê in die weste.

Op die warmbad word daar eers foorraad aangevul vir aand ete. Van warmbad af word die roete so effe verander want die son wil gaan lê. Die ore word plat getrek en ons vat die R101 na nylstroom waarna ons mik na metsi metsi, vir ons oornag vir die aand op die wilds plaas, waar daar warm storte is en ook n huweliks kapaal met oornag geriewe net groot genoeg vir twee mense.
Dis skerp skemer en die son het al n rukkie onder sy berg kombers ingekriup. Hennie wat by die eerste draai al saam die bobbejane in die bome wil gaan slaap na hy hom misgis met die draai, en die sand monster verras vir Harry. Maar nadat ons Hennie iut sy slaap gekry het en Harry opgehelp het en gelag het dat die trane rol,

maak ons dit tot by die plaas hius waar ons reel vir hout. Mens kan darm nie hier in die bos kamp sonder n ordentelike kampvuur nie. Kom by die kamp amper donker en die fietse word afgelaai. Ek is amper opgewonde oor die donker want ek het n lig waarmee ek wil spog. En toe, en toe werk die verdomde ding nie. Gelukkig het Hennie ook een, wat werk. Half verlee slaan ek toe maar my tent met die koplamp op.

Stefan verras ons met sy idee van n matras, waarvan ek versium het om n foto te neem. Hy het n skaapvel wat iut twee stukke bestaan wat aanmekaar gewerk is vir lengte, wat hy van ingeland ingesmokkel (bring) het. Blykbaar slaap die ding heel gemaklik en die koue kom nie deur nie, wat ek nie kan sê van die opblaas matras nie. Nou is die vraag waar om so skaapvel te kry. En hy vou omtrent soos die blou spons matrassies op wat mens oprol. Lekker vleis gebraai en gekiuer, en heel aand na Stefan geliuster het hoe hy die klr en die avontuur wat daarmee gepaart gaan ophemel. Wat kan mense sê. Nie een van ons ander drie het met hom gestry nie. Nou ja tyd staan nie stil nie, en een na die ander vul ons die snorkende koor aan.
Ek slaap diep en dink aan die roete opsies die volgende dag aangesien ons die volgende aand by doorndraai dam sou oornag het. Maar dis n vêr end en ek kry die sterk gevoel ek het dit oordoen met die afstand beplanning. Gelukkig is daar n paar opsies.
Ek word wakker gesarenade deur voël gesang, en ape en bobbejane wat in die koppe argumenteer. Ek het goed geslaap en die koue het nie regtig deur my biesie mat gekom nie. Een na die ander onttrek die manne aan die snorkkoor en verskyn biute die tente. Sommige met meer kreune as ander. Die tente is sopnat van die dou en dit gaan nog n ruk wees voor die son sy kop agter sy bergkombers laat iutsteek. Sal maar afslaan en vanaand weer opslaan. Die oggend lig bevestig wat ons die vorige aand by aankoms in die donker skemer gedink ons gesien het. Die dam is baie leeg.

Dam nou

Seker net so 40% vol. Ek het al met my familie hier kom kamp/ visvang. Daar waar ons gegooi het en ek nou loop, is nou droë grond. Minstens weet ons nou hoe dit lyk sou die dam weer optel. Die ketel word aan die gang gekry terwyl daar opgepak word. Dis koel en die warm voggies met die anys beskiud is n welkome lafenis teen die koue. Stefan is eerste opgepak. Hy het defenitief nie tydens sy verblyf in ingeland verleer van kamp nie. Sy fiets is klaar gepak en hy wil n paar draaie in die dam gaan ry wat iut n losserige sandbodem bestaan. As hy die fiets optel is daar n sug van verbasing. Sy agterwiel is pap. Ek is ook klaar gepak en my moet val bietjie gepaart met n ongewone ogewondenheid. Die roete van vandag gaan ons defenetief nie tenvolle doen nie. Die opgewondenheid, in die sin dat ek nou my toerusting op n avontuur kan toets, en sienende dat dit Stefan se eerste avotuur van die tipe is , gaan hy die volle effek van dit erfaar, min wetend wat voorlê vir die dag. Nou ja die fiets word afgepak en my wiel regmaak toerusting word navore gebring. Diep binne hoop ek dieselfde gebeur nie met die toerusting as met die lig gister aand nie, aangesien ek eintlik die enigste met toerusting is. Die wiel word losgemaak en rempasser word losgemaak en afgehaal, en die kruk op sy plek gesit. Ek voel amper soos die goeie doktor op n tegniese dag soos ek Stefan deur die proses vat.
 

Attachments

  • Waterberg trip 27052016 (76).JPG
    Waterberg trip 27052016 (76).JPG
    122.5 KB
  • waterberg trip 27052016 (26).JPG
    waterberg trip 27052016 (26).JPG
    132.4 KB
  • waterberg trip 27052016 (27).JPG
    waterberg trip 27052016 (27).JPG
    139.5 KB
  • waterberg trip 27052016 (30).JPG
    waterberg trip 27052016 (30).JPG
    123.6 KB
  • Waterberg trip 27052016 (88).JPG
    Waterberg trip 27052016 (88).JPG
    125 KB
  • Waterberg trip 27052016 (92).JPG
    Waterberg trip 27052016 (92).JPG
    121.5 KB
  • DSCF0069.JPG
    DSCF0069.JPG
    91 KB
  • Waterberg trip 27052016 (112).JPG
    Waterberg trip 27052016 (112).JPG
    100 KB
  • Waterberg trip 27052016 (114).JPG
    Waterberg trip 27052016 (114).JPG
    137 KB
  • waterberg trip 27052016 (17).JPG
    waterberg trip 27052016 (17).JPG
    125.3 KB
Die wiel kom iut en n lap word neergelê om grond iut die laers te hou. Haal die olie iut en smeer bietjie op die band, om te help om de wiel afte kry en dan later sommer terug op te gly ook. Nou om die nuwe band hefbome om de proef te stel. Hulle het jius klaar die wiele los gemaak. Als verloop nog soos dit moet. Die binneband word iutgehaal. Nou gaan die kompressor, ook nuwe toevoeging, werk. Hy doen sy ding maar is bietjie stadig. Wag ek het mos die bubbel aksie handpomp. Die een gaan vinniger as die kompressortjie. Tussendeur dit als gaan Stefan die band deur vir die skuldige voorwerp maar kry nie iets nie. Ook in die binne band woord nie n lekasie bespeur nie. Tyd vir die water toets en Stefan draf op na die badkamers toe. 15 later kom hy terug, met n glimlag op sy gesig. Het hom sê hy ewe trots. Piepklein maar hy is daar. Die posisie van die trawant op die binneband verklap toe die skuldige party se posisie in die band. Jis moet n mens altyd eers die die water martel manier te voorskyn bring voor hulle praat, dink ek by myself. Maar dit het gewerk. Die skuldige party is vewyder en sy trawant se tong is afgesny.
Die binneband word terug geplaas in die band en effe opgepomp, voor die band terug gesit word. Alles verloof glad, en met die olie op die band glip hy kommer vry in plek tenspyte van die feit dat ek verkeerd om gewerk het, en verdiudelik vir Stefan my fout sodat, sou hy eendag ook ry en so iets gbeur sal weet. Die handpomp word eers ingespan en toe vir die pylvak om die biuteband oor die felling te kry die kompressor. Alles mooi en tyd om die wiel op te sit. Hier leer ek nog n les. Hou jou goed bymekaar, veral so vroeg in die oggend en dan nog nadat jy een obs gehad het vir die vorige aand kan die koppie bietjie losraak. Ek is maar gevoelig vir die voggies. Die wiel is in en ons trek vas. Ek meen nogal by myself dat die bout trek nogals diep vas so in so dat die wag wat moet verhoed dat die bout ontsnap sommer so los sit, maar als is in lyk dit. Haha nee toe nie. Nadat die stut, die bandhefbome wat ook as moerseutels gebriuk word gebêre is, rempasser teruggesit, en die sakke gelaai is, sien ek met skok, daar lê hy. Die rede dat die moer so diep ingedraai het. Die spasieëerdertjie tussen die wiel laer en die swaai arm. My gedagtes is in warboel van ergernis teenoor myself. Toe voel ek ook nie meer soos die goeie dok nie want hy sal nie sulke foute maak nie. Maar nieteenstaande synde hy moet ingesit word so daar word alles weer na vore gebring. Die moer en rempasser word los gemaak, domkrag op sy plek gesit, om gewig van die wiel af te kry. Die bout word net vêr genoeg iutgestoot om spasieëerdertjie in te kry. Effens verlee sit ek alles terug op hul plek en maak ek vas. Besef ook een obs het n grooter invloed op my as wat ek gedink het, nou nie dat ek die skuld op iets anders wil pak nie. Skielik is die moer op sy plek en ek is verlig. Intussen het Hennie n eletriese probleem op sy fiets se stertlig iutgesorter.

Die res van die goed word op die fietse gepak en vasgemaak, en ons besliut om n paar draaie in die dam te gaan ry. Stefan se fiets is weer stil as hy die knormoer se knoppie druk. Laggend sê, sê weer jy gaan die fonkprop iuthaal. Iut lawwigheid doen ek toe die ding, en Stefan druk die knoppie. Jou waarlik daar brul hy en ons lag iut ons mage. Ek, Hennie en Stefan gaan ry n paar draaie in die dam. Harry het aan gebiet om paperatsie te speel

Van daar kies ons koers oor die kop teen die baksteen padjie op tot bo waar dit weer in sand verander. Sien n paar mooi rooibok ramme in die bosse en wonder welke een slaan die kitaar hier aangesien die hele lot so masterieus voorkom. Darm mooi dink ek by myself en wil stop vir foto. Maar hulle verdwyn soos skaduwees in die bos in. Dis toe die gedagte by my opkom. Sal moet plan maak met raaserige iutlaatpyp as ek enigsins mooi fotos van diere wil kry. Hy werk in die dorp vir die verkeer om jou te hoor, maar hier hoort hy nie. Hy ontwrig net die stilte en jaag die diere. Miskien maar oorweeg om terug te beweeg na die standaard iutlaat, wat mooi stil is. Die bietjie krag wat mens verloor sal seker nie so groot verskil maak met die manier wat ek ry nie. En mooi foto's en avontuur is tog die rede vir die fiets. Nie resies nie.

Ai hoe dwaal ek nou. Van daar vleg die pad af deur die bos,en ry ons verby iets wat lyk soos n klein diere tiun wat bedek is met skadu net. Dis mense wat boer/teel met kleiner boksoorte, blou diukers diukers ens sou ek later iutvind. As ek nou terug dink besef ek was te haastig daar verby en het tyd gejaag. Iets wat my vir n hele helfde van die dag gejaag het. Hennie en stefan beding n plan om my lysels bietjie in te trek.

Dalk nog n paar foto geleenthede inwerk, stem hulle in, sou ek later verneem, was die plan

Na my laaste avontoer saam met my vrou het my gobale posisinerings sisteem moeilik gegee deur somme net af te skakel, waarna ek hom gaan ingee het by die winkel wat hom aan my verkoop het met die verstandhouding hulle sou hom regmaak of vervang. Tot my ontsteltenis begin hy toe weer met die selle moeilikheid, wat veroorsaak dat nog meer tyd verlore gaan. Ons het op n stadium meeste van die omgewing gemis agv die gejaag na tyd. Darm nog n paar boksoorte kon afneem, inkliusend die eland, wat my laat dink het oor hoe die bokke se horings moet lyk na die wedstryde deesdae.

Ek besef ek maak n resies teen tyd van die avontoer en stel voor Hennie ry voor met die gps dat hy ook kan getiug van wat die ding doen ingeval ek hom ingee en hulle my nie glo nie. Van daar af is die pas baie rustiger, maar ek kan sien elke nou en dan mik Hennie n vius na die gps. Frustrasie pak hom toe. Op n stadium los ons maar die gedoente en ry ons al op sy foon se kaartiutlegte, daar waar ons sein kry. Ons kruis die verlate geboutjie net na die kriusing en is nie seker of is dit n kerkgeboutjie of stoor plekkie nie en elkeen het sy eie opinie.

 

Attachments

  • waterberg trip 27052016 (39).JPG
    waterberg trip 27052016 (39).JPG
    144.8 KB
  • Waterberg trip 27052016 (126).JPG
    Waterberg trip 27052016 (126).JPG
    163.9 KB
  • waterberg trip 27052016 (41).JPG
    waterberg trip 27052016 (41).JPG
    131.2 KB
  • waterberg trip 27052016 (38).JPG
    waterberg trip 27052016 (38).JPG
    139.1 KB
  • waterberg trip 27052016 (36).JPG
    waterberg trip 27052016 (36).JPG
    135.1 KB
  • waterberg trip 27052016 (33).JPG
    waterberg trip 27052016 (33).JPG
    144.3 KB
  • Waterberg trip 27052016 (120).JPG
    Waterberg trip 27052016 (120).JPG
    99.4 KB
  • Waterberg trip 27052016 (115).JPG
    Waterberg trip 27052016 (115).JPG
    129.2 KB
  • Waterberg trip 27052016 (121).JPG
    Waterberg trip 27052016 (121).JPG
    129.6 KB
  • waterberg trip 27052016 (35).JPG
    waterberg trip 27052016 (35).JPG
    129.2 KB
Voorwaards
Die area op elektronika vasgelê en in die gedagtes opgeneem waar dit weer verhaal kan word as na die fotos gekyk word. Voorwaarts na waar die onbekende op ons wag om te erfaar. Hennie ry voor, en ek volg hom, met Stefan agter my, en Harry hou die agterhoede dop. Die wereld op die spoed is asemrowend, met bosveld habitat rondom, berge aan byde kante en hier en daar n grasvlakte, wat n venster oopmaak na die verdere uitsigte. So nou en dan spring ek op soos n wafferse meer kat, as n sand monster my bekriup het en onverwags vang. Maar die getroue klr ruk homself telke maal los, en ek herhinner myself weereens wat n fantatiese reisers vriend die masjien is. Ek kyk in my spieels vir die twee ligte agter my, maar sien net een. Ek gaan nog bietjie stadiger, links regs oor die pad, ingeval die een lig agter die ander wegkriup maar sien net een en besef daar is moles. Dalk het die sand monsters vir Harry gevang want ek sien net Stefan se lig. Ek stop en vra vir Stefan of hy vir Harry gesien het en hy sê nee. Intussen het Hennie voort gebeur in opgewondenheid oor wat die onbekende inhou. Ek sê vir Stefan om agter Hennie aan te ry in wetend dat hy sal stop as hy nie my lig sien nie en ek draai om en gaan kyk wat van Harry geword het. So km terug sien ek die klr staan, maar in die verkeerde rigting, maar hy staan darm, en so op die afstand lyk alles in lyn. Ek sien Harry in die pad loop, ook darm in n regiut lyn en hy hou nie sy kop vas, wat op die stadium sonder n kopdop is. Eerder loop hy en soek na iets so lyk dit en ek is in die aankoms versigtig verlig. Ek stop by sy klr en sien geen val skade, hy is naby en ook daar lyk alles in orde. Baie verlig klim ek af en haal my kopdop af, loop nader en verneem na die probleem. Hy sê hy het iets teen sy been voel slaan en gedink iets het van sy fiets afgeval. Hy het omgdraai, en toe trek die klr n anc op hom self en hou semier op met werk. Daar is niks. Nie eens n liggie aan nie. Eerste gedagte, die battery terminaal het los gekom en die outjie iutgeval. Intussen het Stefan en Hennie ook hul opwagting gemaak. Weereens is ek saggies opgewonde. My gereedskap gaan weer op die proef gestel word. Die sakkie word navore gebring en die klr se bedekkings word afgehaal en die saal. Alby terminaal skroewe is nog teenwoordig hoewel die een effe los voel en die word vasgemaak. Maar steeds niks. Volgende is dit die smelt drade.

Kry niks fout daar nie en Hennie begin krap voorlangs.

Stefan se beurt om papperatsie te speel. Harry is besig om drade en smelt draad houertjie by die battery te bêre toe die waaier skielik afgaan. Eers dink ons Hennie het iets voorgekry en ons almal diuk daarin, maar niks. Skielik gan daar n liggie vêr in my agterkop, en ek dink terug aan een van doc se tegniese dae toe Wookie en iemand anders gepraat het oor die spesifieke tipe smeltdrade wat binne in afbreek waar jy dit nie kan sien nie, en hoe hulle dit verander na die blad tipe. So terug na die smeltdrade. Ek brug hulle toe sommer so met die skroewe draaier, en so wrintiewaar, daar draai die waaier weer. Haal toe die smeltdraad iut en siedaar, daar bly die een proppie agter. Het jou katvis dink ek en n liggie gaan aan op my skouertjie. Toe begin die soektog na die spaar smeltdraad, en die liggie op my skouer verblind my vir die feit dat daar n spaar op die houertjie is. Hennie in ware elektrisien tradisie brug om toe sommer met n stukkie koper draad. Met die klr aanmekaar en aan die gang is dit weer tyd vir stof op skop. O ja amper vergeet om te noem, Arme Harry was bietjie moedeloos na n reeks probleempies met die fiets, met die feit dat hy die Fiets al by mense gehad het met dieselfde probleem en wat beloof het om reg te maak nog nie reggemaak het nie. Amper het ons op die klr gebraai of ek was n klr ryker, haha. Maar hy wou nie daarvoor val nie. Na n bietjie benerek en vloeistof aanvulling na die opwinding vat ons weer die pad. Ons tyd is nou heeltemal van koers af en n korter roete is defetief op die kaarte. Ons mik vir Rankins pas,(D794) . Jy ry basies deur die renosterfontein plaas, en is die enigste pas wat pas genoem word maar nie eintlik kwalifiseer as n pas nie maar eintlik meer n tol punt of biute pos van soort agv sy lengte en hoogte verskil. Daar is ook n gelofte kamp terryn waar by jy verby ry, maar geen kontak besonderhede. In die aanloop tot die pas tref ek nog weer eens n sandmonster en die toon sy mis moë met my fiets se geraas pyp in die dat hy hom wil vasgryp en omgooi. Maar die is n klr en hy ruk homself weereens los, die keer met bietjie meer geweld, tot dankbaarheid van sy passesier. Bo-op die pas word daar eers gestop vir fotos. Fantastiese iutsig in die kloof wat op mens wag, en ek verbeel als wat as kinders hier aangevang kan word

Dit is stil en nie eens die argumente van bobbejane word gehoor nie, net die troebel van die water wat sy pad oopsny in die kloof daar onder. Fotos klaar geneem en ons groet die pas met die fals identiteid. n Ent verder gaan ons n beheerpunt deur en kom by ons volgende afdraai waar die kaarte eers nagegaan word, aangesien die gps ons nie bystaan soos hy moet nie.

Ons kies koers regs. Vaalwater toe vir middag ete. Ons sien mooi wild maar weereens plaas die raas van die iutlaatpype hulle net biute beyk van n mooi foto. Op die een deel van die pad besliut n vlakvark om die brulende dierasie van Hennie aan te vat maar nadat Hennie hom n paar keer goed die klr c-model laat brul het besliut die vark dis beter om te laatvaar en kies hasepad die gras in onderdeur die heining. Ek kry die asem rowende dier binne trefafstand van die kamare maar hy gaan kruip in de bosse weg. Dit vat my n rukkie maar kry n paar skote van hom tussen die takke deur. Die tegnologiese verstand is op volle vergroting en ek sukkel om hom stil te hou. Hy ook seker opgewonde oor die prent

So in so dat Hennie moes terug draai en my kom soek. Dis n lekker pad en mens kan sien die klr's is in hul element. Teen die kop iut kry ons een of twee 4x4's van voor af. Oor die bult stop ons eers weer vir die iutsig en n paar foto's. Ons word verras deur n perd wat deur die erosies en klippe vleg met sy mercedes voertiug, en kan net in ons binneste glimlag.
 

Attachments

  • waterberg trip 27052016 (52).JPG
    waterberg trip 27052016 (52).JPG
    130.8 KB
  • Waterberg trip 27052016 (146).JPG
    Waterberg trip 27052016 (146).JPG
    124 KB
  • Waterberg trip 27052016 (141).JPG
    Waterberg trip 27052016 (141).JPG
    141.4 KB
  • Waterberg trip 27052016 (139).JPG
    Waterberg trip 27052016 (139).JPG
    181.4 KB
  • Waterberg trip 27052016 (133).JPG
    Waterberg trip 27052016 (133).JPG
    126.2 KB
  • Waterberg trip 27052016 (132).JPG
    Waterberg trip 27052016 (132).JPG
    117.9 KB
  • Waterberg trip 27052016 (130).JPG
    Waterberg trip 27052016 (130).JPG
    113.1 KB
  • waterberg trip 27052016 (48).JPG
    waterberg trip 27052016 (48).JPG
    132.7 KB
  • waterberg trip 27052016 (47).JPG
    waterberg trip 27052016 (47).JPG
    134 KB
  • waterberg trip 27052016 (44).JPG
    waterberg trip 27052016 (44).JPG
    134 KB
Ek lees graag aan die res van die storie.  Dankie MRK Miller vir die tyd wat jy insit om die detail van julle avontuur te beskryf, dit maak vir lekker lees en maak jou deel van die trip voel.

Gooi nog.  :sip:
 
Jy kan n lekker lees storie skryf.  :thumleft:
Lekker avontuur op regte Klr's . Ek bedoel daai model klr's het ek baie ure oor gedroom  :ricky:
 
Harry en Stefan is glimlaggend oor die kar en sy insittendis met die fantastiese uitsig in die agter grond.
Ontmoet ook vir phineas wat die grensdraad patroleer. 30km wat hy elke dag loop. Ek is so betower deur die uitsig en stilte ek versium om hom af te neem. Daar is blykbaar renosters ook daar. Hulle was nie teenstaande nêrens te sien nie. Dit is n fantastiese pad oor berge en deur dale en my gedagtes gaan na daai liedjie"Op berge en in dale, ja oral is my God" en n gerustheid vlam in my binneste. Ons stoot aan vaalwater toe deur n erg sanderige stuk pad en net voor ons teerpad kry is daar nog n beheer punt. Nie seker hoe effektief is daai panele wat in die skadu staan nie. Maar die hekwag was vriendelik en het ons nie lank opgehou nie.
Ons tref de teerpad, en slaan koers in regs, vaalwater. Op die pad kry ons bordjies wat sê " No poaching Zone ", en ek kannie help om te wonder waar is die wettige stroop Zone.
Ons ry Vaalwater binne en draai in by die spar vir middagete. Al die ander plekke is al toe. Selfs die besienswaardighede winkeltjies is toe. Blykbaar is ons ook net betyds vir die spar. Nog n half uur voor toemaak tyd. Koue vleis en brood bolletjies met koeldrank (skoon) lekker onder die boom op die bankie soos n klomp hiusloses. Pad is nog lank. By die tyd dat ons klaar geëet het maak spar toe. Ons sit nog n rukkie en kyk hoe hoe n paar laatkommers langgesig met leeg hande moet odraai. Dan kry ons ons self gelig van die grond af en vat pad Nylstroom toe waar ons weer sou slaap aangesien die roete verkort is.
Maar weereens is daar n kinkel in die kabel wat voorlê. Ons is op die teerpad en my gedagtes gaan terug na die satteliet kaart op die rekenaar en herhinner my aan n bokplaas "geluks fontein" op hierdie pad, waar mens bok melk kan drink en bokkaas kan proe. Hennie en Stefan is n ent voor, want ek het weereens agter geraak as gevolg van foto's neem. Wil nou nie prontiut erken ek is bang vir spoed nie, maar dit daar gelaat. Ek trek die ore plat en hits die fiets aan. Wonder bo wonder so tussen die iutkyk vir die plaas bordjie en oog hou op Hennie en Stefan vang ek hulle net toe ons by die plaas is en verdiudelik ons moet terug draai. Ewe gedoë draai hulle toe maar want ek is reeds oppad terug in die ander rigting. Ek draai in by die plaas, en ry so 50 m tot waar die parkering ons inwag.
Parkeer die fietse en ek verdiudelik die ander manne van die plek, en gelukkig stem almal dit was goeie idee. Die mense is besig om sement te meng vir aanbouings waarmee hulle besig is,
en ons word deur die eienaar, wat homself nie as eienaar voorstel nie, gegroet en verneem by hom waar ons kaas kan proe. Ons maak ons pad deur n hekkie na dit wat lyk soos n eetplek van soorts.
Teen die boom is n paar inligtings borde en spesifiekdie een van die selfoon op opvangs trek my aandag en laat my goed voel oor die plek. Af met die paaitjie stap ons oor die koi dammetjie met n paar indrukwekkende visse daarin. Hoop nie dis nood voorraad as eetgoed opraak nie. Twee mooi olifant tande, waaronder mens loop rond dit mooi af.
Die gras is groen en die tiun is netjies, met hier en daar n voël hok. Daar is ganse in n ander grotoer hok wat die hond irreteer deur die draad. Eintlik is ek nie seker wie irreteer vir wie nie, maar dit is diudelik hulle deel nie die selfde stukkie grasperk nie. Die plekkie lyk besig met n stuk of 20 mense wat daar kiuer. So dis gesellig en nie oorbevolk nie. Die kaas proe is R15 per persoon en daar is n keuse van so agt kase om te proe. Wou almal nog afneem, maar toe ek my oë iutvee is daar net die een oor.
Die kurio winkel op die stadium was toe gewees. Stefan dink dit toe goed om by die eienaar te verneem of hy slaap plek het, want die son lê al laag en ons wil nie soos vorige aand in die donker kamp opslaan nie. "Ek het slaap plek maar julle soek seker warm storte" en hy loer na Stefan se gesig wat so n ronde stof sirkel om sy mond het van wee sy kopdop wat nie toe is nie. Seker n paar mense wat daarmee kan identifiseer. Maar in die geweste ken meeste, meeste en hy maak n vinnige oproep. Nylstroom lodge nog so kilometer of wat aan. Warm water in n self help hiusietjie, en tot Stefan se blydskap ook sport kanale vir voetbal. Nou ja dis gereel en ons val in die pad, maar eers stop vir n foto by die ingang van die bokplaas. Oom Lou se frustrasie met al die foto's alewig. So n ent verder draai ons in by die grondpad wat so by skatting 5 kilometer is tot by die T aansliuting, draai ons links vir so kilometer, waar jy die adraai kry,
teen n styltetjie af waar die vierpotige hekwaggies jou kom ontmoet met vriendelike geblaf. Die foto geleen van n ander avontuur. Die hek vertoon mooi en ek soek narstigtelik vir n interkom knoppie van aart maar gewaar net n groot klok aan die bokant van die hek. Loer vinnig deur die gesplete planke en sien geen hek motor, maar wel die rat aan die hek. Seker maar gesteel of nog in wording. Neem weer eers n foto.
Trek die hek oop en almal ry in waarna ek die hek weer toeskiuf. Die hekwagters wys ons die pad aan na waar die kantoor is en Lorraine op ons wag. Kyk gou betjie rond en sien hindernis bane vir die kinders, swembad met glybaan en netjiese huisies oral. Ek wonder wat se skatte die plekkie nog wegsteek. Vir nou is dit eers tyd om nessie te skop vir die aand. Ons word gewys in die rigting van ons lê-plek. Die klr's trap vas en brul hul pad op teen die rowwerge baksteen paaitjie,verby wat lyk soos werks winkels aan die linker kant, en nog geboutjies aan die regterkant. Maar ons kan hulle later van nader kom aanskou. Daar agter staan n papwiel sandkeweer en weggesteek agter hom staan ook n chinese grondpad fiets onder stof en ek wonder waaraan is die stoflaag te danke. My gedagte was skaars koud of ons moet regs. Die eerste twee hiusies is ons sin. Die manne voel n snork koor van twee is beter as een van vier anders gaan ons niks geslaap kry nie. Hoewel die hiusies slaapplek vir vyf mense het. Een dubbel bed en drie enkel beddens. Sal mooi inpas by die familie behalwe as vriende of meisies saamgenooi word. Dit is oopplan met n netjiese kombius en Klein sit kamer.
 

Attachments

  • waterberg trip 27052016 (57).JPG
    waterberg trip 27052016 (57).JPG
    129.9 KB
  • B Out ride with Mic 17062016 (92).JPG
    B Out ride with Mic 17062016 (92).JPG
    135.1 KB
  • B Out ride with Mic 17062016 (145).JPG
    B Out ride with Mic 17062016 (145).JPG
    100.7 KB
  • Waterberg trip 27052016 (157).JPG
    Waterberg trip 27052016 (157).JPG
    115 KB
  • Waterberg trip 27052016 (159).JPG
    Waterberg trip 27052016 (159).JPG
    116 KB
  • Waterberg trip 27052016 (151).JPG
    Waterberg trip 27052016 (151).JPG
    140.6 KB
  • Waterberg trip 27052016 (152).JPG
    Waterberg trip 27052016 (152).JPG
    146.2 KB
  • Waterberg trip 27052016 (148).JPG
    Waterberg trip 27052016 (148).JPG
    128.9 KB
  • Waterberg trip 27052016 (147).JPG
    Waterberg trip 27052016 (147).JPG
    122 KB
  • Waterberg trip 27052016 (156).JPG
    Waterberg trip 27052016 (156).JPG
    156.2 KB
Hier in die bosveld wil mens immers biute kiuer. Die badkamer is netjies met die stort ook gekombineer as n dad. Netjiese stoepie met n vuurmaak plek vir die meer privaat of die opsie is daar vir die groter groep braai onder.
Hennie loop af om die drinkgoed te gaan haal en Stefan kry die tv reg vir die leeu, bulle oorlog. Harry besliut dis tyd vir stort. En ek, ek pak my goed iut, kry my slaapplek reg, trek gemaklike klere aan en begin my eetgoed agter mekaar kry. Die houd wat ons kry is so effe nat, maar agter in die veld is baie droë hout wat rondlê en ons trek n leka vuur byekaar.
Die kos vir die aand word voorbery, met groot entosiasme, en ons kiuer lekker.
Hier is nie so baie sterre as by metsi metsi nie as gevolg van die ligte wat die plek se netjies iutgelegte padtjies in die donker nag aan mens openbaar. Ons kiuer leka. Die leeus smokkel met die bulle, en ons lag en bespreek die dag se ry, en die dag se ampers, en Stefan gaan nog steeds aan oor die nuutgevonde manier van avontuur. Almal slaap leka die aand behalwe Hennie. Die griep rysgenoot van hom, hou hom wakker. En dan het die ook een van sy trawante saam gesmokkel. Hulle noem hom Kopseer. Iewers in die nag kry Hennie n middel by Harry wat vir kopseer kalmeer en hy kom tot ruste dwing. Die volgende oggend roep die eerste voëltjie my wakker en ek gaan loop n draai op n paatjie wat agter die hiusies die koppe ingaan. n Haas laat my heeltemal wakker skrik as hy hier voor my voete opspring en in die bossies in verbwyn. As dit n slang was dink ek was daar moles. Die son opkoms is altyd iets besonders in die geweste.
Die locale berg bewoners het die oggend gou kom inloer. Nogal voorbarig in die dat sou jou deur oopstaan, hulle hulself sommer so innooi en self help aan alles wat rondlê. Gewonder of hulle hulself nie versteek het in ons fietse toe ons by die bokplaas was. Net gewonder?
Ek gaan terug na die hiusie nadat ek tergeefs probeer ek om n verliting aan die droogte te bring, en vind darm al die ander ook wakker. Koffie en boerbeskiut vir ontbyt en ons begin laai nadat die fietse deurgegaan is vir papwiele en olie, wat darm vanoggend in orde is. So die tong wat ons gister oggend af gesny het, het darm nog nie weer begin lek nie en dit na n dag se harde ry op die grondpaaie, en ons het almal iets geleer. Ek is tevrede. Ons gee ons aandag gou aan Hennie met sy goedkoperige androide foon, wat die enigste is wat sein daar het, wat op die aarde aplikasie gou vir ons kyk vir n pad vir die dag aangesien die gps vir nou nie so lekker werk nie. Hy werk nou soos die nuwe siud afrika, net so nou en dan en tussen deur gaan hy sommer op n dood staking. Maar alles reg. Hennie het n pad gekry en ons pak die fietse fluks. Stefan is eerste klaar want hy wil ry. Die storie het diep spore in sy gestel getrap, dan is hy van nature nog die avotuurlustege soort, soos ons almal hier maar is. Die neste word gou deurgegaan vir iets dalk vergete en die vier 650's, amper in harmoni se gebrul vul die lug en verstoor die stilte. By die hek word eers gestop  vir n foto.
Die fietse brul teen die opdraand iut tot by de hoofpad waar ons links swenk en die stowwerige pad volg. Die vars lug wat ons ingeasem het word vervang met lug wat na stof proe, behalwe natuurlik vir die een wat voorry. Dis n sanderige pad met los klippe tussen die sand wat jou probeur fniuk maar die 19 duim voorwiel staan sy man en vnd dit maklik deur of oor die obstruksies. Oor kloof en dal gaan ons en ek ry vooriut vir nog n foto geleentheid wat ek gewaar met die son nog vars na sy ontwaking.
Stefan nou baie tius op sy fiets.
Na die sessie kom ons by die eerste afdraai en almal stop eers wyl Hennie sy aarde aplikasie raadpleeg. Ek voel half teleur gesteld na al die tyd wat spandeer het aan die iutwerk van die roete, en nou hou die gps sy lyf anc. Maar ons ry en kan die asemrowendheid van die skepping saam lekker mense geniet, en ek dink by my self. Dit sou nou perfek gewees het sou vroulief hier gewees het. Maar prioriteide is prioriteide en ek waardeer haar opoffering. Hennie laat weet, dat die nog nie die afdraai is nie en die fietse brul en die wiele draai. . Die diere is skaars. Kan hulle seker nie kwalik neem nie en ek herhinner myself weereens dat die stem van die fiets verfyn sal moet word as ek enige hoop op fotos van diere en voël lewe wil kry. Ons beryk die afdraai en daar is eers weer n oomblik vir n foto terwyl Hennie die afdraai beaam.

 

Attachments

  • waterberg trip 27052016 (60).JPG
    waterberg trip 27052016 (60).JPG
    142.3 KB
  • waterberg trip 27052016 (59).JPG
    waterberg trip 27052016 (59).JPG
    139.5 KB
  • waterberg trip 27052016 (57).JPG
    waterberg trip 27052016 (57).JPG
    129.9 KB
  • IMG_1110.JPG
    IMG_1110.JPG
    164.5 KB
  • Waterberg trip 27052016 (186).JPG
    Waterberg trip 27052016 (186).JPG
    107.7 KB
  • Waterberg trip 27052016 (171).JPG
    Waterberg trip 27052016 (171).JPG
    122.1 KB
  • Waterberg trip 27052016 (162).JPG
    Waterberg trip 27052016 (162).JPG
    114.3 KB
  • Waterberg trip 27052016 (181).JPG
    Waterberg trip 27052016 (181).JPG
    97.7 KB
  • Waterberg trip 27052016 (182).JPG
    Waterberg trip 27052016 (182).JPG
    108 KB
  • Waterberg trip 27052016 (176).JPG
    Waterberg trip 27052016 (176).JPG
    105 KB
Die goedkoop chinese foon staan sterk waar die ander nie kan nie dink ek by myself. Ons ry voort en die fietse in harmonie klink mooi en intemiderent soos hulle die opdraande iut. Oor die bult en af deur die spriut. Die bos is dig en ek trek my oë skrefies deur die stof om iets te kry vir die kamara om vas te vang, maar tevergeefs. Die is jag wêreld en die jagseisoen is in volle swang en ek verbeel my dat die diere die geklap van die fietse se iutlaat sekerlik kan vergelyk met die geknal van n swaar kaliber jag geweer, so hulle hou hul lywe seker maar skaars. Maar die omgewing is mooi. Bosveld in die berge. Ons verby n paar plase waar daar nog geboer word met traditionele vee. Beeste en bramane. Mooi diere. n Mense kan sien die droogte eis sy tol want die diere is eil gesaai, en daar is tekens van ondervoeding, en ek dink by myself, as hier n veld brand deur die baie droe veld moet gaan, dan is groot moeilikheid. Ons kom by n volgende aansliuting en n man met iets wat lyk soos n ktm vlieg voor ons verby. Ons wou nog groet toe verdwyn hy agter n stof wolk en ons het om ook nie weer gesien nie. Ons staan n oomblik vir n foto,
terwyl Hennie sy foon raadpleeg or rigting, aangesien die bordjie nie te diudelik is nie, en die res van ons ons bes doen om die droogte te verlig. Regs draai, en ek wonder onwillikeurig waarheen links gaan vanwaar daai man met die ktm gekom het. Maar dis n avontuur vir n ander dag. Die klr's trap weer vas en ons volg die regiut pad in die rigting van die ktm. Ons is oor die bult toe die pad begin kronkel en asemrowende iutsigte ons verwelkom. So nou en dan tref ons n klippe koppie as ons oor n bult gaan, dan stamp die klr my wakker van onder af op my bout om hom bietjie te help, deur op te staan van die saal af.
Harry is so verwonderd deur die iutsigte, dat hy nie agterkom hy draai wyd nie en sy getroue klr wat nou tot volle genot gebriuk kan word na die reperasies soek wild vastrap plek op die los klippe langs die pad. Harry steek voet iut ter ondersteuning van sy ryding. Weereens dis n klr en hy ruk homself reg. N noue ontkoming, want die grond anderkant was redelik styl en vêr af. Amper het die mooiheid vir Harry in sy web gevang. Hier moet alweer foto's geneem word.

Ons almal stop, en Harry glimlag oor die onderonseie met die klippe.  Mens kan tot Nylstroom se silos sien van hier af. Die vraag kom in my binneste op. Watter pas is die, maar tot nou is daar nog nie n antw nie. In die verte kyk mens tot wat lyk soos Euphoria golf landgoed.
Wat n mooi iutsig, min wetend wat wag. In die wereld weet jy nooit waar lê die volgende skat nie. Kan net om die draai ook wees. En dis toe so. Om die volgende draai en die paar opvolgende draaie tref die een iutsonderlik iutsig op die ander ons, en elke keer moet daar eers gestop word vir fotos. Mens tel naderhand nie eers meer spoed op nie. Eers links dan regs.
Die wêreld is jou waarlik besaai met skatte en mens wonder hoeveel is daar nog wat ondek kan word. Ons daal vinnig af tot in die vallei, en ek kry een of twee diukertjies wat naskuurig opkyk oor die ongediertes wat hulle stilte kom versteur. Ons ry ook verby berg en dal vakansie oord met die magtige kranse wat hulle ingang bewaak.
Maar dit word diudelik gestel, geen motorfietse. Stefan mis daai deel van die bord en ry in om te gaan loer. Hy rapporteer na 15 min terug. Dis n leka plek om die familie te bring. Heelwat doendinge vir die kinders. n Kilometer of wat na dit kry ons die teerpad wat Nylstroom en Naboom verbind, en draai regs Nylstroom se kant toe. Ons verby Tempel vakansie oord waar ek en die familie ook al kom iutspan het. Ons ry Nylstoom toe met die oog op n middag ete, en kry net Spur oop, waar ons stop vir middag ete nadat die gebrul van vier klr's mekaar die stryd aangesê het vir n oomblik van pret en hulle klank deur Nylstroom weergalm het. Die ander plek waar ons wou geëet het is toe, want party van die mense op die dorp gaan nog kerk toe op sondae oggende.
Ons geniet die ete maar kan nie te lank vertoef nie want ons vrouens wat elk by eie hius is en wyd verspryd verlang na ons en vir ons is naweek ook lank sonder hulle. Ons het darm mekaar se geselsskap. Weereens en vir n laaste keer vul die geliud van 4 klr's Nylstroom se lugrium as ons vaarwel roep aan die dorp en rigting N1 inslaan. Ons verby n tipe olifant bewaar area is, maar nog nooit enige lewe daar gewaar nie behalwe een of twee karre. Seker maar nie almal wat dit kan bekostig nie. Ons ry voort en krius die N1 in die rigting van Marble hall op die R33 vir so om en by 12 km, waarna ons regs afdraai op n grondpad, na Raijoko informele nedersetting. Dis n mooi grond pad en ons trek die ore bietjie plat. Ons of mis die teken wat sê skerp draai regs of daar is glad nie een nie. Hennie is voor en ek volg kort op sy hakke, met Stefan en Harry wat die agterhoede dophou met meer selfvertroue nou dat die fiets gesorteer is. Skielik sien ek Hennie se agterwiel draai nie en die fiets se agterstewe soek rigting. Ons het in ons agterkoppe die draai klaar opgelein, maar besef toe ons op die draai is, die is nie n gewone draai. Dis amper soos n T-aansliuting maar net van eenkant af. Ek maak ook vas want ek besef ons is veels te vinnig vir die skerp draai. Die Klr soek plek om sy rubber in te slaan, maar dis harde grond met n sand lagie bo-oor. Ons gaan dit nie maak nie, en ek het nog nie die Alfie cox styl van so sywaarts om die draaie gaan baas geraak nie. Regiut is die enigste opsie. Gelukkig is daar n tipe van n het ingang regiut aan waar iemand al n aanloopbaan skoon gemaak het. Ons alby maak dit tot op die landing strook, veilig en in een stuk. Ons is nie die enigste wat al die draai onderskat het nie. Hennie se adrenelien het blykbaar bietjie hoor geloop aangesien hy sommer so deur die bos sy weg vind
terug na die pad. Nadat ek my lag onderbeheer gekry het, kry ek die fiets omgedraai, en vind my weg na die pad. Ons staan n oomblike, net om ons sinne bymekaar te kry. Harry en Stefan vra eers of is alles in die haak, en toe vind hulle ook genot in die geleentheid. Van daar af is dit weer vort, maar die keer is ons meer bewus, en benader ons draaie met bietjie meer respek. Die res van die pad gaan verby sonder insidente, en ons gly verby sonneblom plase,  en nedersetting.
 

Attachments

  • waterberg trip 27052016 (67).JPG
    waterberg trip 27052016 (67).JPG
    134.8 KB
  • waterberg trip 27052016 (6).JPG
    waterberg trip 27052016 (6).JPG
    128.7 KB
  • waterberg trip 27052016 (4).JPG
    waterberg trip 27052016 (4).JPG
    127.7 KB
  • waterberg trip 27052016 (1).JPG
    waterberg trip 27052016 (1).JPG
    140.7 KB
  • Waterberg trip 27052016 (188).JPG
    Waterberg trip 27052016 (188).JPG
    121.5 KB
  • B Out ride with Mic 17062016 (19).JPG
    B Out ride with Mic 17062016 (19).JPG
    132.4 KB
  • waterberg trip 27052016 (65).JPG
    waterberg trip 27052016 (65).JPG
    136.2 KB
  • waterberg trip 27052016 (64).JPG
    waterberg trip 27052016 (64).JPG
    130.5 KB
  • waterberg trip 27052016 (63).JPG
    waterberg trip 27052016 (63).JPG
    128.2 KB
  • waterberg trip 27052016 (61).JPG
    waterberg trip 27052016 (61).JPG
    138.7 KB
Na die nedersetting vind ons die, koei wat seker besliut het sy kan nie verder die lewe in oë staar nadat die bulle so n loesing deur die leeus toegedien is nie. Hennie wil net braai.
Met moeite het ons hom oorreed, tyd gaan ons inhaal en Stefan moet nog van Springs af hiustoe ry. Hy gee toe iuteindelik in en val weer in die pad. dis n relatiewe stil pad en ek en Stefan speel bietjie met die kamara, en Stefan wys ook hoe tius hy nou al op die fiets is. Skimp seker vir weer gebriuk tot hy sy eie het. Enige tyd maat, enige tyd.
Ons stoei so bietjie met rigting in die omgewing van rust de winter en kry iuteindelik die R567  vna waar ons draai op die R572. Net na die afdraai by Mamelodi ry ons die diamant roete binne en dis alweer Hennie wat dink hy kan die diamand smokkel, terwyl ons n ruskansie vat.
Wonder of hy nie tog n happie gevat het van daai vleis, en vir ons gewys dis goed. Hoesy dit ook' nadat hy nie die diamant iut die padteken kon kry nie, pak ons die laaste skof. Op Rayton maak ons n laaste keer vol en mik vir Springs. Wat n wonderlike erfaaring met wonderlike rysgenote. Sien iut na ons volgende ekskursie.
Dankie Here dat ons U wonderlike skepping op die manier kon deel.
Die skrywe ter herdenking aan Christine Kaspers, Harry/klr wanna be se maat wat tenspyte van haar toestand ons die voorreg van Harry se geselsskap laat erfaar het. Sy is oorlede 18/06/2016. Weet sy gaan voorentoe in ons harte saamry.
 

Attachments

  • waterberg trip 27052016 (8).JPG
    waterberg trip 27052016 (8).JPG
    131.6 KB
  • waterberg trip 27052016 (9).JPG
    waterberg trip 27052016 (9).JPG
    128.8 KB
  • waterberg trip 27052016 (13).JPG
    waterberg trip 27052016 (13).JPG
    127.8 KB
  • waterberg trip 27052016 (16).JPG
    waterberg trip 27052016 (16).JPG
    120.9 KB
Mooi wereld daai en n nice RR Mark...... my skoonma in Springs so ek gebruik dit nogals as n basis vir my trips ..... as jy eendag nog rymaats benodig saam drop my gerus n PM.
 
Dankie lekker saam gery. Sal moet daai kant toe uit wyk op n staduim.
 
Baie dankie vir 'n nice en lekker lees rr, lekker saam gery.  :spitcoffee:
 
Top