Ons het weer diens gedoen by die Double Century fietswedren rondom Swellendam.
Die eerste van 250 spanne (12 fietse elk) het 05h00 uit Swellendam weggespring.
Kort ná sonop was ons in die vallei oos van Swellendam. Die veld en lug is vars en helder.
Tradouwpas is asemrowend mooi, soveel meer soggens vroeg
'n Plaasopstal langs die R62, hoog op 'n koppie, met uitsig oor die hele wêreld.
Twee manne van yster in Ashton
Albei uit n vorige geslag van (betroubare en eenvoudige) tegnologie
Die bekende boogbrug by Ashton.
Hy is 30 meter regs van die pad gebou en in 2021 na links gesleep om in lyn met die pad neergelê te word.
Fantastiese kleurvolle tuine, boorde, bome en blomme oral langs die pad in Bonnievale se omgewing
200km later eindig ons terug in Swellendam