- Joined
- Aug 13, 2021
- Messages
- 722
- Reaction score
- 649
- Bike
- AJS (all models)
Waar woorde!
Steytlerville en omtes nog nie daar nie, kort nog reën.Grootrivierpoort
Yoh daai wêreld is mooi groen!! Hoop dit lyk al die pad so tot in Steytlerville.
Ja..... ons was die 10e daar deur van uit Baviaans, maar met bakkie, toe het hy sterk geloop.Die rivier het mooi gesak sedert die 8ste. Ons moes terug draai en Patensie langpad aandurf.
Verskriklike mooi wêreld!
Lekker DanieVanoggend 08h00 uit die huis uit, om n gewriggie te gaan toets.
Uit Stellenbosch via helshoogte, Paarl Ni oor die ou du Toitskloof pas, en afgedraai by Rawsinville Slanghoek vallei deur.
Ceres tenk volgemaak en weer by Op-die-Berg. Katbakkies oor vir n toasted sarmie en chips by Tankwa padstal.
Toe regs lands Tankwa padstal ingedraai, vinnig vir Raël hello gesê by BikeX, en toe verder deur Bizansgat tot naby Tjol se tol op die Sutherland/Matjies
fontein pad tot in Sutherland. Daar n Coka-Cola geniet, en in die hoofsrtraat af 'gewheelie".
Af met Oubergpas, en tipies ek met my rotsvaste rigting bestandheid, ry ek so dat ek presies weer uitkom by die Sutherland/Matjiesfontein teerpad.
en ek het gemik vir Karoo-poort......
Toe gooi ek maar teer vir die 70 km tot by Matjiesfontein en die N1.
Laaste volmaak was op Touwsrivier, en toe N1 huistoe, weer bo-oor die ou du Toiskloofpas.
744 km in totaal. Dit was op n stadium nogal lekker warm.
Toe ek vandag daar bo-op Ouberg stop, voor ek afdaal, toe dink ek nogal dat ek miskien moet kyk na n goeie kamera.Lekker Danie
Help seker nie ons vra vir prentjies nie…
Julle mag nie op die strande ry nie!!Just a nice Sunday afternoon cruise
Enter your email address to join: