subie
Bachelor Dog
Uiteindelik gebeur my Bray trippie. Saterdag oggend so 06H30 weg by die huis en ry teerpad tot in Koster.
Daar gooi ek petrol in en dra n ekstra 8 liter petrol by want volgende fuel stop is Bray omtrent 380 km. Ek verwag om kwaai te spook met sand langs die grensdraad pad in die Miga omgewing so dra n bietjie te veel petrol eerder.
Die weer is absoluut perfek,helder sonskyn dag maar tog relatief koel met n ligte windjie. Toestande is so great ek sweet omtrent nie eers op die hele trip soontoe nie. Net na Miga begin die sand sommer dadelik, so n kronkelpaadjie waar mens nie kan spoed opbou om bo op die sand te kan ry nie en ploeg ek maar deur. Niks ernstig maar ek verwag erger kom nog. Skaars 5 km later eindig die sand en is ook die laaste van enige sand omtrent langs die grensdraad tot by Makgobistad. Die scenery is pragtig en net n lekker kronkel tweespoor wat enige newbie gemaklik sal kan ry. Ek sal nie aanbeveel dat n mens jaag op hierdie pad nie. Nog nooit so baie beeste,donkies,boerbokke gekry op n pad nie. Pragtige diere. In die middel erens is n groot dam en dit is seker die aantrekkingskrag vir die seker meer as honderd vee wat ek teekom. Party plekke het ek gekruip om nie die vee te verwilder nie. Ek sluit die GBD file hier onder in. Enigiemand in die area en lus vir n pragtige maklike stuk pad om te ry ,gaan ry die stuk tussen Miga en Makgobistad. Moet nie dat die eerste 5km jou afskrik nie, dit is nie diep sand nie, net n tipiese sanderige tweespoor pad soos op Mof se plek by Kransgat. Niks ernstig nie.
Ek het my tyd gevat net na Koster waar die grondpad begin (08H30 ) en het by Bray aangekom net na 14H00 . Lekker relaxed ry met lang stoppe. O ja op Makgobistad is n groot moderne Sasol petrol stasie en net so op in pad (na grenspos) n netjiese plek vir n koue bier as jy so voel. Hiervandaan is ek op die Bray pad (D414) tot in Bray. Ongelukkig is seker n goeie 30km na Makgobistad teerpad (potholes) en dan begin die lekker ry op n lekker grondpad waar jy jou bike kan laat hardloop soos jy wil. Vir my so rondom 110km/h.
Tapama lodge het ek gekamp (R100) en dit vreeslik geniet. Ek is maar n introvert maar die locals gee mens nie kans om introvert te wees nie. Ek het lanklaas in my lewe so baie gelag. Stormers en die Cheetas het op die groot skerm gewys. Dit is cheeta wereld en die klomp boere vat hulle rugby ernstig op. Ek en ander ou het vir Stormers geskree. Skaars het ek n piep gemaak of n dubbel brandewyn en coke land hier voor my terwyl ek n bier drink. Nou ek drink al hele paar jaar nie meer hardehout nie maar se maar dankie en begin so versigtig die dop te drink. Die volgende keer wat ek iets cheer wat die stormers doen land daar nog n dubbel brandewyn en coke voor my terwyl ek nog maar net geproe het aan die eerste een. Van toe af bly ek tjoepstil en cheer maar vir die cheetas. Ek is in elkgeval nie n rugby ou nie. :lol8: So 21H00 stilletjies weggesluip want die manne laat jou nie sommer ontsnap en gaan slaap. Weer so 01H00 wakker geword en kon hoor hulle begin nou spoed optel. Volgende oggend ry ek met ligdag en n lekker ry tot by die huis.
:ricky: