Smitskraal aangekom toe was daar reeds ‘n groep bikers wat van die ander kant af gekom het. Hulle was gelukkig almal al deur. Eers so bietjie met hulle gechat tot hulle gery het. Die klomp was nogals lekker jubbelend en luidrigtig, duidelik het hulle so bietjie meer as ek gehad die vorige aand. Party se ogies was maar lekker poeferig en ander sin het weer soos padkaarte gelyk. Soos daai Fortuna se advertensie se, lekker man lekker.
Smitskraal het min water, die water is nie ‘n problem nie. Daar is egter boulders onder die water wat ‘n man nie kan sien nie, en dis die goed wat ‘n ou so bietjie van balans gooi. Maar daar is net one way, en dit is reguit deur ander kant toe.
Hier kry ons die ander ouens wat van die ander kant gekom het.
Hier gaat ons
Die eerste helfte
Amper uit
Van die ander kant gesien
Ons almal het dit veilig deur gemaak.
Maak droog daai sokkies.
Net na Smitskraal stop ons vir ‘n brekkie.
Hier kom Wendy, ek haal my hoed af vir die vrou, sy ry daai Klaartjie van haar soos ‘n pro.
Winston. Check die kiekie, dis glad nie gedokter nie, maar hy maak sulke skaduwees, lyk of die bike moer baie rattle.
Brekkie, die vorige aand se oorskiet braaivleis met ‘n blik sweatcorn.
Dis rustig hier onder by die rivier.
Dis so rustig, Winston tokkel aan sy kitaar sonder snare.
Na die brekkie is ons weer aan die beweeg, alpad grondpad, dit laaik ons kwaai. Die moeiliker gedeelte is nou agter die rug. Hiervandaan is is dit baie gemaklik en ‘n mens kan bietjie meer rondkyk om die mooi in te neem.
Doer ver kom Wendy met haar Klaartjie aan.
En so kom Winston ook aan , as die man kan grondpad ry smile hy heeldag.
Daar is hier en daar nog so paar water crossings, maar niks ernstig nie. Die watervlak in die Bavians is huidiglik op laagwater.
Ons het by Babes se winkel gestop vir ‘n lekker koue gemmerbier. Die ou oom gesels te lekker, smaak my hy is uitgehonger vir geselskap. Sout van die aarde se mense die.
Hier verduidelik Wendy ons hoe sy ‘n 4X4 verby gevat het. Dis ‘n treat om na haar te luister, sy verduidelik ‘n ding met soveel passie en in die fynste detail.
Ons pak die laaste gedeelte aan na Uitspan.
Uitspan, ons oornag plekkie.
Ons was nou al ‘n paar keer hier gewees, die plek raak net beter en beter. Dis verseker een van my gunstelinge kamplekke in die Baviaans. Weereens vriendelike mense, puik diens, skoon en netjiese kamplek en ablusie blokke teen ‘n billike prys.
Ons het ‘n rustige dag gehad wat weereens afgesluit was met ‘n bobaas braai, ‘n paar stewiges en lekker geselskap. ‘n Rustige dag is vir die volgende dag beplan, so ons het die aand geniet en wou vir ‘n slag so bietjie inlê.