4 Dae in Malawi.......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Klein Torkar said:
Lekker Philip.
met Willem saam moes julle sekker bont staan soms.
Jip ja, hy hou mens op jou tone, hoor.  Maar hy is 'n ou wat situasies kan ontlont en hy mag maar met mense werk, kry baie goed reg waar ons ander sou humeur verloor het.  En hy het ons baie laat lag.  As jy hom weer sien. vra hom bietjie oor die opblaas pop! :pot:
 
Duster said:
Klein Torkar said:
Lekker Philip.
met Willem saam moes julle sekker bont staan soms.
Jip ja, hy hou mens op jou tone, hoor.  Maar hy is 'n ou wat situasies kan ontlont en hy mag maar met mense werk, kry baie goed reg waar ons ander sou humeur verloor het.  En hy het ons baie laat lag.  As jy hom weer sien. vra hom bietjie oor die opblaas pop! :pot:
Baie waar, hy kan nogal.(Dan doen hy ook goed met Swadini se bobejaane.)
Sal beslis verneem as ons hom weer sien.
Gaan Marlize die report maak lees. Het haar al ooreed dat ons Vic falls moet doen. Hopenlik sal ons die "Meer" in die visier kry.
Dankie vir die deel van die ervaring.
 
Dag 5.
Roete:  Lusaka na Petauke.

Na 'n heerlike nagrus en lekker bederf deur Gert en Annari, was dit weer tyd om op te saal.  Ek en Stoffies het skuldig opgestaan, omdat ons op die dubbelbed geslaap het, en die ander 3 op hul opblaas matrassies, maar die lewe loop mos so!  Gert het alreeds 4uur vertrek Siavonga toe waar hulle 'n krokodilplaas het en ook 22 kapenta bote wat op Kariba meer vis trek.  Na koffie en lekker beskuit, het ons vertrek om Lusaka se verkeer aan te durf.

Eers geld getrek en toe spitstyd die stad ingery.  1,5uur later is ons eers aan die ooste kant uit Lusaka uit.  'n Nagmerrie!  Ons roete vandag was nie so baie lank nie, maar die uitdaging was om 340km te ry voor ons weer brandstof kan kry.  Ons het almal geweet ons kan so ver ry, maar tog wonder jy terwyl jy ry.... wat as die wind aanhou waai soos gister, en dit nogal van voor af... net genoeg twyfel om mens onrustig te maak.

Oor die 1ste foto se Johan dis hoe mens 'n Yamaha aan die brand trek! :xxbah: Ek was nie beindruk nie, hoor.
 

Attachments

  • 4.JPG
    4.JPG
    162.5 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    159.7 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    154.9 KB
  • 6a.JPG
    6a.JPG
    153.4 KB
  • 7.JPG
    7.JPG
    183.9 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    242.3 KB
  • 3.jpg
    3.jpg
    138.1 KB
Die informele besighede (vrygte en groente stalletjies) is nimmer eindigend.  Waar hulle die goed groei weet ek nie, maar dis van die beste wat ons nog gesien het.  Orals langs die pad staan ook die houtskool in sulke groot sake.  Ek weet nie hoe lank die lande se bome gaan hou nie, want dit word teen rasse skrede vernietig, amper soos in RSA.

Ons het weereens taamlik gestop langs die pad om te rus en iets te drink.  Die trokke op die pad is baie besig en 'n ou moet maar versigtig ry.  Die pad was goed genoeg en ons kon maklik 100km/h handhaaf.  Dis net deur die statte en dorpe waar jou spoed baie verminder agv mense, bokke, fietse ens wat deurentyd in/oor die paaie ry/loop/hardloop.

Ons het nogal met die locals gemeng en gesels en het oral vriendelikheid en hulpvaardigheid ervaar.
 

Attachments

  • 23.JPG
    23.JPG
    153.5 KB
  • 26.JPG
    26.JPG
    252 KB
  • 25.JPG
    25.JPG
    224.6 KB
  • 21.JPG
    21.JPG
    167.8 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    154.5 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    164.3 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    173.3 KB
  • 13.JPG
    13.JPG
    148.8 KB
  • 20.JPG
    20.JPG
    167.6 KB
Foto 1. Daar is baie trokke wat gebreek langs die pad staan, maar die een het sommer oor die pad gestaan, en na aanleiding van die klere wat oor die bome gehang het, het hy reeds 'n lang ruk daar gestaan.

Een van ons prioriteite van die trip was om vir Lodie de Jager, 'n huis- en biker vriend 'n guns te doen.  In 2008 het hy op een van sy vele togte op sy KLR, op 'n dames biker afgekom wat iewers in Zambie onder 'n boom gesit en huil het.  Hulle het vir baie lank en ver afstande saam gery en sielsgenote geraak.  Dinge het lank daarna gevorder totdat sy hom laat weet het dat sy SA toe wou kom om met hom te trou.  Maar voor dit kon gebeur, het sy in omstrede omstandigede net verdwyn om nooit weer van geisen of gehoor te word nie.  Hy het 'n boek oor hulle ervarings en liefde geskryf met die naam "Kate".  Lees dit gerus.

Na haar "dood", het hy op 'n volgende trip 'n plaatjie met haar naam op, teen die boom gaan vasslaan.  Die aand voor ons vertrek het op ons trip, het hy vir ons 'n kruisie gebring, en ons gevra om die kruisie by die plaatjie te gaan posit, vir Kate.

Ons het met twyfel nader aan die gps waypoint gery en gewonder of die boom nog staan, want teen die tempo wat hulle bome afkap, sou dit 'n wonder gewees het.  Maar toe die gps my laat stop, het ek afgeklim en reguit na die boom toe gestap.  Die plaatjie was steeds daar.  Ons het 'n rukkie daar vertoef, die kruisie vasgeslaan en verder gery.  Dit was vir ons 'n bewoe oomblik, aangesien ons nie weet of Lodie weer die kans gegun sal word om die boom in die toekoms weer sal kan besoek nie.  Hy stoei tans teen agressiewe kanker en het reeds 'n 2de brein operasie gehad.  Soos ek nou hier tik, is hy in Die Wilgers en herstel, maar dit gaan baie swaar.  Ons gebede gaan op vir jou, my groot vriend, en ons vertrou dat jy eersdaags weer by jou eie huis sal wees en daar sal kan aansterk.
 

Attachments

  • 35.JPG
    35.JPG
    183.7 KB
  • 34.JPG
    34.JPG
    233.4 KB
  • 33.JPG
    33.JPG
    204.1 KB
  • 31.JPG
    31.JPG
    161.4 KB
  • 28.JPG
    28.JPG
    188.2 KB
Jo - dis nou n mooi gebaar van julle.  Ek het Lodie se boek gelees, maar nie die een van Kate nie.  Ook nie geweet die man is so siek nie.

Sterkte aan hom....
 
JMOL said:
Jo - dis nou n mooi gebaar van julle.  Ek het Lodie se boek gelees, maar nie die een van Kate nie.  Ook nie geweet die man is so siek nie.

Sterkte aan hom....
JMOL, sy boek, Noord van Naboom is die een wat jy gelees het.  Dis op daai trip dat hy Kate ontmoet het, maar dit het sy lewe so geraak dat hy nooit met iemand oor haar gepraat het nie en ook nie in daai boek oor haar geskryf het nie.  Hy het na sy laaste trip Rusland en Siberie toe, bewus geraak van die kanker en is tot tans nog onder aanhoudende behandeling.
 
Van Kate se boom af, is ons oor die Luangwa rivier en brug.  Iewers na die brug het ons die eerste padwerke gekry en moes elke nou en dan grondpad ompaaie ry.  Ons het nerens beplan op grondpad nie, maar dit is iets waarvoor ons nie kon voorsiening maak nie.  Dit was egter welkom, want ons kan! :ricky:  Bring net ons gemiddelde ryspoed effens af.
 

Attachments

  • 37.JPG
    37.JPG
    157.9 KB
  • 38.JPG
    38.JPG
    169 KB
  • 39.JPG
    39.JPG
    187.2 KB
  • 41.JPG
    41.JPG
    205.5 KB
  • 43.JPG
    43.JPG
    182.1 KB
Baie mooi RR en foto's Duster  :thumleft:

Hartseer storie van Lodie, ek het sy boek Noord van Naboom gelees en baie geniet, baie mooi gebaar van julle kant af.
 
Ons het die 340km merk met gemak gemaak en by Nyimba brandstof ingegooi.  Dit is die 1ste amptelike brandstof van Lusaka af.  Nog so 70km tot by Petauke waar ons die aand by Chimwemwe lodge sou oornag.

Chimwemwe is regtig 'n nice plek om te oornag, mat alles wat jy nodig het.  Die kampterrein sou beter gewees het as daar tafeltjies en stoele of banke was, maar ons was tevrede.  Natuurlik eers 'n paar koues gaan opsoek en toe die aand rustig saam met mekaar gesit en kuier. Dit was so warm gewees dat Stoffiesc en Karien hulself onder die koue water gedompel het en ons was amper getreat met 'n wet t-shirt show!!! :3some:
 

Attachments

  • 54.JPG
    54.JPG
    202.9 KB
  • 45.JPG
    45.JPG
    125.8 KB
  • 53.JPG
    53.JPG
    146.8 KB
  • 52.JPG
    52.JPG
    133.1 KB
  • 47.JPG
    47.JPG
    137.7 KB
  • 44.jpg
    44.jpg
    105.9 KB
  • 50.JPG
    50.JPG
    161.4 KB
Jakkals said:
Baie mooi RR en foto's Duster  :thumleft:

Hartseer storie van Lodie, ek het sy boek Noord van Naboom gelees en baie geniet, baie mooi gebaar van julle kant af.
Hi Jakkalas, lekker om van jou te hoor.  Ons was laas Maandag by hom gewees, toe se hy as hy by die huis kom, het hy baie werk om te doen.  Dis nou die herstel proses.  Die man het guts en is baie positief.  Het pas gehoor dat hy sukkel om te loop en sy linker arm en hand is baie swak.  Ai die flippen kanker is 'n bastard!!  Groete en mooi week daar by jou.
 
Ons het die aand afgesluit met die mooiste maan wat sy sagte lig oor ons laat skyn het.  Ons was gebless.  My dogter het van Jhn gewhatsapp en gevra of die maan by ons ook so mooi skyn, waqnt van haar woonstel af het dit blykbaar asemrowend gelyk.  Toe stuur ek vir haar hierdie laaste foto. (en verlang my vrek na my bloedjie....)

Einde van dag 5.  Afstand ongeveer 410km.  Gemiddelde brandstof verbruik was 21km/l vir die 2 1200's en die 800 het omtrent 25km/l gekry, teen gemiddelde ryspoed van omtrent 90 - 100km/h met die wind van voor.
 

Attachments

  • 56a.JPG
    56a.JPG
    146.7 KB
  • 57.jpg
    57.jpg
    143.9 KB
  • 59.JPG
    59.JPG
    158.1 KB
  • 62.JPG
    62.JPG
    132 KB
  • 63.JPG
    63.JPG
    130.7 KB
  • 66.JPG
    66.JPG
    134.8 KB
Duster said:
Jakkals said:
Baie mooi RR en foto's Duster  :thumleft:

Hartseer storie van Lodie, ek het sy boek Noord van Naboom gelees en baie geniet, baie mooi gebaar van julle kant af.
Hi Jakkalas, lekker om van jou te hoor.  Ons was laas Maandag by hom gewees, toe se hy as hy by die huis kom, het hy baie werk om te doen.  Dis nou die herstel proses.  Die man het guts en is baie positief.  Het pas gehoor dat hy sukkel om te loop en sy linker arm en hand is baie swak.  Ai die flippen kanker is 'n bastard!!  Groete en mooi week daar by jou.

Lekker om jou RR te lees.  :thumleft:


Jip, daai man het baie guts en is baie positief, mens kom dit dadelik agter as jy sy boek lees,  hy is in my gebede en ek hoop alles werk positief vir hom uit.  soos jy sê daai groot K is 'n lelike ding en is ook my grootste vrees.
 
Sommer so 'n stukkie tussenin wat nogal belangrik is.  Willem se vrou, Sonja, ry nie eintlik saam met hom op die fiets nie.  Dis nou maar net nie haar manier van tydverdryf nie.  Maak nie saak hoeveel ek en Stoffies haar prober oorreed het nie, sy wou nie saamgaan nie.  Voor  ons trip het Willie my ingelig dat hy vir Sonja 'n vliegkaartjie wil koop Lilongwe toe.  Dis Malawi se hoofstad.  Was ons bereid om die trip so aan te pas dat ons haar die 9de Okt daar kan optel sodat sy die Malawi gedeelte saam met ons kan deurbring.  Die dag wat ons Malawi verlaat, drop ons haar weer by die lughawe, sy vlieg terug SA toe en ons pak die lang trip aan terug huistoe.

Natuurlik doen ons enige iets vir ons vriende en Willie koop die kaartjie en beplan alles sonder dat Sonja daarvan weet.  Sy het selfs haar geelkoors inspuiting gekry en nie geweet sy gaan dit later nodig hê nie.  Willie se dogter het alles aan die SA kant gedoen en so 2 dae voor sy moes vlieg, het Sonja van dit alles uitgevind met 'n briefie wat aan haar besorg was.

Willie, jou romantiese hero!!  Jy stel ons ander in moeilike posisie, want nou moet ons ook sulke goed vir ons vrouens doen. :xxbah:
 
Dag 6.
Roete:  Petauke na Sonja toe!!! :ricky:

Ek weet nie hoeveel Willie daai aand geslaap het nie, maar hy was baie vroeg op gewees.  Ek dink die man se senuwees was klaar, want ons tydberekening moes reg gewees het sodat ons betyds by die lughawe kon wees om vir Sonja op te tel.

Die son het ons met 'n welkome glimlag gegroet, en net na 6 was ons reeds op die pad, reg in die son in.  Pragtige foto! Een van my gunstelinge.  Nog padwerke het voorgelê en die oggend lewe van Afrika speel hom voor ons af soos ons verder oos ry na Chipata toe.  Daar sou ons weer geld trek en ruil vir die grenspos tussen Zambie en Malawi.

 

Attachments

  • 11.JPG
    11.JPG
    135.3 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    182.5 KB
  • 22.JPG
    22.JPG
    184.9 KB
  • 20.JPG
    20.JPG
    193.4 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    177.1 KB
  • 16.JPG
    16.JPG
    137.7 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    139.9 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    124.9 KB
  • 1.JPG
    1.JPG
    182.5 KB
Chipata is 'n redelike groot dorpie en ons het by die bank gestop om geld te trek.  Ons het geen benul gehad wat die ruilwaardes was nie en moes eers 'n bureau de change kry om te hoor wat is wat.  Iets wat julle maar kan onthou vir as julle wil toer Afrika toe, gebruik 'n Visa kredietkaart, en nie 'n Master kaart nie.  Johan en Willie het Master kaarte gehad en het eindelose probleme gehad om geld te trek.  Met my Visa kaart was dit soos stroop.

Nadat ek geld by die autoteller getrek het, het 'n ruiler my kom besoek met 'n baie goeie ruilkoers.  Ek het 400 Zambiese kwachas geruil vir 27200 Malawi kwatchas.  Dis was als reeds afgehandel teen dietyd dat die ander twee uit die bank uitkom met hulle geld.  Willie het nie gefokus nie en die ruiler het hom ingedoen met R800.  Ons was almal redelik die wetter in maar mens moet maar kophou en voortgaan.

Alhoewel Chipata groot winkels het, is die informele langs die pad verkope, nog steeds baie opmerklik.

Ons het ons trane afgevee oor Willie se geld en toe pad gevat Mwami grenspos toe.  Het ek al gesê dat ons al redelik allergies was vir grensposte?
 

Attachments

  • 26.JPG
    26.JPG
    143.9 KB
  • 30.JPG
    30.JPG
    167.7 KB
  • 34.JPG
    34.JPG
    201.3 KB
  • 36.JPG
    36.JPG
    178 KB
  • 39.JPG
    39.JPG
    184.2 KB
  • 42.JPG
    42.JPG
    215.2 KB
Duster dankie vir die baie mooi RR :thumleft:
Ek het ook Lodie se boek gelees en het voorheen ook van sy siekte gelees, maar het gedog hy is in remissie. Toe Jo Rust hier by one was het sy gese dit gaan beter met hom. Jammer om te hoor hy veg weer teen die kanker, maar dit is goed as hy so positief is.
Hy is in ons gebede. Dit was 'n baie mooi gebaar wat julle gedoen het vir hom en Kate.
Ons het so baie om voor dankbaar te wees en ek kan sien julle leef dit elke dag uit. Ons beplan ook die trip Malawi toe en jou rr gee baie waardevolle inligting. O Ja, daardie wit S10 lyk die part en is maar die mooiste fiets tussen die drie ;)
Kan nie wag vir die res nie.
 
Top