A garage I can only dream of.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Soos Karel Kat se - dis altyd lekker om jou stories te lees.

Dankie vir die saamry  :thumleft:
 
Blerrie mooi RR, blerrie mooi kiekies, blerrie moooi huis, blerrie mooi plaas, blerrie mooi scooters, moet ek aangaan.  :biggrin:

Dankie ChrisL.  :thumleft:
 
chrisL said:
I far as I know one does not die of a Puffadder bite if you got to a doctor. Black Mamba if you get bitten in the sticks
your family better have short names if you want to include them all in your goodbye letter in the sand!!! :deal: :eek7:
Problem is his venom is different than other snakes and it makes your skin/flesh rot.
Help me out here if I'm wrong. I am not a boffin on snakes.
Dis nou soos my swaer eendag vir 'n jagter geantwoord het toe hy vra wat maak julle as 'n slag jou pik. Want sien my swaer bly 105 km van Aranos. Hy antwoord toe dat jy soek die naaste groot boom. Jagter vra toe hoekom?  Want ,  sê swaer,  'n lyk stink in die son. 
 
Nice RR Chris! Hoop dit gaan baie goed. Oor die slange gaan ek nie veel se nie, hier by ons het ek seker vanjaar al 10+ Pofadders, 3 Boomslange in die wingerde, 6 of 7 Geelslange vrek geskiet. Ek moet hulle ongelukkig doodmaak want my werkers raak net aan die gil en hol moerland toe weg dan vat dit weer n uur om almal in die land te kry!
 
Nou ja dis al amper 'n jaar vandat jy dié RR gepos het Chris en ek sien dit nou eers raak.  Ek het geweet mense sê dinge is stadiger hier inie Karoo maar nie geweet ek sal ook so stadig raak nie.

Lekker RR, en dankie vir die Boerbokfoto.  Kyk daai man se drade gaan nie eens 'n dooie skaap keer om rond te dwaal nie, wat nog te sê 'n bok!?  Dis g'n wonder daai bokke lees al die padtekens so goed nie.  Hulle wei lekker langplaas  :lol8:
 
mmm , ek sien n gereedskap kas of "tools" nie.
Nou ,wie maak die drade reg ?
Miskien is dit op n ander plek .
 
Dankie Chris ek sien ook nou eers die mooi storie ! Goed geskryf met n fyn sin vir humor.
Ek het verlede week op die Magrieta Prinsloopad uit Prince Albert oor so n hoppie gekom met die DR toe daar n geelslang van regs na links oor die pad le ! Moenie my vra aan watter kant is ek verby nie ! Die volgende paar dae skrik ek vir elke stok wat ek sien.
Hijack af
 
Top