Agterpaaie in die Nuweveldberge: ChrisL & Karoo Rider gaan ry in die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Operator said:
Dankie..............lekker RR.  :thumleft:

Hierdie tipe reports het begin skaars raak op die forum, maar hierdie gee my hoop.  ;) :ricky:

Stem saam

Baie lekker RR!!
 
Baie mooi julle lekker trip. Ek moes dalk ma eerder saam julle gery het van Lainsburg wa ons julle by die garage gekry het. :ricky:
Die ander klomp het my erg verniel. ;D :imaposer:
 
DrDirt said:
Baie mooi julle lekker trip. Ek moes dalk ma eerder saam julle gery het van Lainsburg wa ons julle by die garage gekry het. :ricky:
Die ander klomp het my erg verniel. ;D :imaposer:

So uitgesien om julle wee langs die pad te sien.

Hy praat stront...  :pot:
 
LOKI_CPT said:
DrDirt said:
Baie mooi julle lekker trip. Ek moes dalk ma eerder saam julle gery het van Lainsburg wa ons julle by die garage gekry het. :ricky:
Die ander klomp het my erg verniel. ;D :imaposer:

So uitgesien om julle wee langs die pad te sien.

Hy praat stront...  :pot:
Ek het gereken julle sou ons inhaal maar daai AT het julle seker opgehou :peepwall: >:D ;)
 
    Ai Jan,nou t ek darem lekker saamgery.Daai Karoo-paaie is darem maar net kos vir die siel.
 
Dankie vir die saam ry !  :thumleft:  Julle weet net nie hoe gelukkig is julle om so 'n mooi omgewing met so baie mooi paaie te hê om te ry nie. Die Karoo bly maar vir my die beste, net jammer ek bly so vêr ... !!  :(
 
Lekker julle. Chris ek stem daai rante roete wat ek op jou aanbeveling gemaak het is baie mooi. Die Nieuweveld Berge tussen Beaufort Wes en Victoria Wes was ook baie spesiaal.
 
Die tipe RR's raak ek skoon verlore en die tyd staan stil...

Baie geniet, dankie!  :thumleft:
 
Ek was nie lus om op te staan toe die wekker afgaan Saterdagoggend ses uur maar iewers
tussen Riversdal en Ladismith het ek wakker geword!!!! :eek7:
Koffietjie by KR en ons ry.

Net na die afdraai uit die Moordenaars Karoopad.

karooridertrip105_zpsc0d1ad47.jpg


Plek plek was die pad nat en die blomme probeer oopmaak in die koue weer.

karooridertrip103_zpsbc59fddd.jpg


Hoe hoër ons klim na Komsbergpas hoe harder byt die ysbere. Bo op die berg is dit n
dun ses grade!!

karooridertrip100_zpsa9561d20.jpg


Dik geeët en vol petrol vat ons die pad Merweville toe. Pragtige area en doodstil.
Geen mens in sig. Die hekke begin. Hier moes baie water op n keer geloop het om die damwal te breek.

karooridertrip90_zps62a980da.jpg


Rammelkoppas. Louis het ons later die aand vertel sy oupa en bure het die pad
gemaak om met hul vee te trek na ander plase bo op die berg.

karooridertrip85_zpsd0e154f8.jpg


Die paadjie wat ek al lankal "eye" vanaf Merweville skuinsdeur na Leeu Gamka se rigting
was n verrassing. Was die padskraper nie die week vantevore op hom sou ons sports
gehad het. Die byna 20 hekke kon die padskraper egter niks aan doen!! :eek7: In totaal
is dit 42 km lank en net een persoon woon daar. Die res van die plaashuise staan leeg
aangesien die plase almal aan een eienaar behoort. Ek het darem een hek oopgemaak
maar is daarna vriendelik dog ferm aangeraai om dit nie weer te doen!! :eek7:
KR het +- 40 hekke oop en toegemaak op die trip. Dankie maat. :thumleft:

karooridertrip80_zps2cc94957.jpg



karooridertrip82_zps90a72b9c.jpg


Skemeraand sak ons by Louis in. Die 500iets kilos vir die dag was so raps meer as wat ek
gereken het dit sou wees.
Bobby en Apie verniel die skaaphond. Hulle ry saam met hom agterop die dakrak van die
cruizer se tralies as hulle veld toe gaan of dorp. Die twee vrek glo oor ry.

karooridertrip64_zps9133eecd.jpg


Oppad Oukloof toe.

karooridertrip48_zps983fe434.jpg


karooridertrip42_zpsfa2f91ea.jpg


Die Rantepad sal my weer sien :drif:

karooridertrip33_zpsca09f647.jpg


karooridertrip32_zpsc87339ca.jpg


karooridertrip37_zps6f620da8.jpg


Ons vat die pad uit Sutherland uit Sondagmiddag na die eienaar van die fracking Shell
garage my teleurgestel het deur nie oop te maak. Gelukkig het ek n GSA tenker by my!! ;)
Die hekke begin weer en die pad raak nouer en ons kom agter ons is nie meer op die pad
wat ons dink ons is!! :eek7:

n Onbeplande kuier volg by Altus en Yolanda en was dit nie lekker nie!!!  :thumleft:
Maandag vat ons die regte "veranderde" roete Frazerburg toe en toe Moltenopas oor
na Beaufort Wes. Daardie aand kamp ons so 10-12 kilos in op die Gamkapoortpad.
Dit was n gawe besluit met die waterstroom onderkant ons wat heelnag kabbel. Min
het ons ook geweet dit sal ons koudste nag wees :eek7:

karooridertrip19_zps474210f2.jpg


karooridertrip12_zpsf077466f.jpg


Dinsdagoggend vat ons ons tyd om op te pak. Ons weet die trip is byna op n einde en
daar is geen haas.
Die pad Calitzdorp toe al teen die Swartberge is prentjiemooi. :thumleft:

karooridertrip7_zps14880e73.jpg


By die T aansluiting gaan ons links Kruisrivier se kant toe.

karooridertrip2_zpsed651908.jpg


Ons drink n koffietjie in Calitzdorp en stop ons weer in Ladismith en laatmiddag is ek
veilig by die huis na 1500kms.
Dis was die tweede trip wat ek en KR vanjaar saam doen en dit was weereens lekker. :thumleft:
 
"Die pad Calitzdorp toe al teen die Swartberge is prentjiemooi. icon_thumleft

By die T aansluiting gaan ons links Kruisrivier se kant toe."

Julle het die mooiste stuk gemis! Ons het die advies in die Hel gekry om links te draai om na die Rooiberg te gaan kyk, maar dan die 5 km terug te ry (verby die T) en die grondpad teen die Swartberg tot in Calitzdorp te volg. Dit was een van die mooiste roetes van die dag!

 
[quote author=Vis Arend]
Hel, die kiekie is kwaai.   :thumleft:

[/quote]

Stem saam  :thumleft:
Een van die vele uit die Louw-lens.
 
Jacobsroodt said:
"Die pad Calitzdorp toe al teen die Swartberge is prentjiemooi.

By die T aansluiting gaan ons links Kruisrivier se kant toe."

Julle het die mooiste stuk gemis! Ons het die advies in die Hel gekry om links te draai om na die Rooiberg te gaan kyk, maar dan die 5 km terug te ry (verby die T) en die grondpad teen die Swartberg tot in Calitzdorp te volg. Dit was een van die mooiste roetes van die dag!

Hallo Jacobsroodt, dankie vir die advies, as ek reg luister beskryf jy die Groenfontein pad?  Dit is inderdaad 'n pragpad daardie en een van daai moet-doen roetes!  (ons wou sommer 'n slag iets anders probeer aangesien ek nog nie by Red Stone Hills (met die bike) was nie.)
 
Thanks. Daars darem nog baie paaie in die Karoo wat ek moet ry, en na my onlangse trip deur die Transkei het ek 'n dous van die ooptes nodig.
 
Top