Camp Kimbo by Tiekiedraai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dutchman81

Race Dog
Joined
Feb 12, 2012
Messages
1,523
Reaction score
57
Location
Fort Beaufort
Bike
AJS (all models)
So week terug sê vroulief vir my dat sy n funksie Saterdag aan het , “Ai tog dit is nou n jammerte” sê ek , maar agter in my koppie het ek dadelik met n plan begin werk . Ek is nou maar net 5 jaar getroud maar het ook al geleer om vir “mamma” mooi sag te maak voor ek haar wil vertel wat ek wil aanvang. “Soek jy dalk n koppie koffie” vra ek en kort voor lank sit ons onder die boom en koffie drink toe ek vra of ek maar die naweek n draai kan loop ry… Met so snaakse glimlag sê sy “ Hoekom nou nie” Dadelik tel ek die foon op en bel vir Twe Twe , 10min later is Camp Kimbo gereël . Nog n foon oproep en Ec Guy sê hy hou van rondry op naweke , en die plan word vasgemaak…

Hier staan ek en Ec Guy gepak en reg om te gaan kamp
 

Attachments

  • 2014-09-06 11.54.34.jpg
    2014-09-06 11.54.34.jpg
    135.2 KB
Ek besluit toe om sommer n bietjie grondpad oefening (werk aan my ‘training wheels’ Martina) in te kry so ry ons Patryshoogte oor verby Poseidon kragstasie n plek waar my pa jare terug menigte dae lank tyd deurgebring het , nou heeltemal anders met die nuwe wind laaiers .
 

Attachments

  • 2014-09-06 13.15.41.jpg
    2014-09-06 13.15.41.jpg
    92.4 KB
  • 2014-09-06 13.16.06.jpg
    2014-09-06 13.16.06.jpg
    105.2 KB
  • 2014-09-06 13.16.47.jpg
    2014-09-06 13.16.47.jpg
    61.7 KB
  • 2014-09-06 13.21.20.jpg
    2014-09-06 13.21.20.jpg
    63.8 KB
Hier staan ons eers en nuttig n Powerade en bekyk vir “ou Dukkis” vol stof.
 

Attachments

  • 2014-09-06 13.36.03.jpg
    2014-09-06 13.36.03.jpg
    85.9 KB
  • 2014-09-06 14.04.09.jpg
    2014-09-06 14.04.09.jpg
    98.5 KB
So raak die pad al hoe kleiner en dieper in die bos in , ek stop en vra eers vir Ec Guy “ Is ons op die regte pad”. Gelukkig het Twe Twe vir ons rigtingwysers neer gesit en kort voor lank is ons by Camp Kimbo
 

Attachments

  • 2014-09-07 08.15.00.jpg
    2014-09-07 08.15.00.jpg
    105.2 KB
  • 2014-09-06 14.41.11.jpg
    2014-09-06 14.41.11.jpg
    115.3 KB
  • 2014-09-06 15.21.03.jpg
    2014-09-06 15.21.03.jpg
    116.3 KB
  • 2014-09-07 07.21.36.jpg
    2014-09-07 07.21.36.jpg
    65 KB
Twe Twe het heeltemal uit haar pad gegaan vir ons , verbaas staan ons en bekyk ons huisies met alles en meer wat n mens nodig het , die tannie weet van “organise”
 

Attachments

  • 2014-09-07 07.36.36.jpg
    2014-09-07 07.36.36.jpg
    98.2 KB
  • 2014-09-06 15.36.07.jpg
    2014-09-06 15.36.07.jpg
    105.8 KB
  • 2014-09-06 14.50.44.jpg
    2014-09-06 14.50.44.jpg
    66.1 KB
Dadelik maak ons n vuurtjie en kry n koffietjie aan die gang . Die koffie proe mos nou net anders hier in die veld in die middel van nêrens
 

Attachments

  • 2014-09-06 17.48.52.jpg
    2014-09-06 17.48.52.jpg
    104.1 KB
  • 2014-09-07 07.33.17.jpg
    2014-09-07 07.33.17.jpg
    105.3 KB
So raak dit nag en wat n ervaring vir n “dorps japie” al die nag geluide…
 

Attachments

  • 2014-09-07 05.59.00.jpg
    2014-09-07 05.59.00.jpg
    39.8 KB
  • 2014-09-07 06.08.16.jpg
    2014-09-07 06.08.16.jpg
    57.2 KB
Net wat ons aan die slaap raak woel daar n ding net buite die deur , n Rooi kat is besig om vir hom n haas bymekaar te maak vir aandete
 

Attachments

  • 2014-09-07 06.16.23.jpg
    2014-09-07 06.16.23.jpg
    79.2 KB
So word ons Sondag oggend wakker met die pragtigste bos geluide , man daar is nie woorde vir hierdie ervaring . Kom ons maak “brekvis”…
 

Attachments

  • 2014-09-06 17.10.16.jpg
    2014-09-06 17.10.16.jpg
    75.5 KB
  • 2014-09-07 06.08.02.jpg
    2014-09-07 06.08.02.jpg
    46.4 KB
  • 2014-09-07 07.02.07.jpg
    2014-09-07 07.02.07.jpg
    79.6 KB
So is dit kamp oppak tyd en met n swaar hart moet on weer rigting kry , n vinnige stop in Bedford vir ietsie vir middagete en so eindig n vinnig wegbreek .
 

Attachments

  • 2014-09-07 09.42.38.jpg
    2014-09-07 09.42.38.jpg
    113.9 KB
Baie dankie vir alles wat jy vir ons gedoen het Twe Twe , Camp Kimbo is werklik n unieke ervaring gewees veral wanneer iemand soveel moeite daarin gesit het .
Sal verseker weer eendag terug keer soontoe…
Ec Guy , thank you for joining me on this trip , like always a huge pleasure having you along , till next time .
Baie dankie vir die saam ry

O ja en dankie vir MevDutchman vir die wegbreek…
 
Ek het al baie by daardie plekkie in Bedford geeet en net soveel kere op hul banke gele en slaap  8)

So 'n vinnige wegbreek is ALTYD lekker.
 
And how can you not like this?
 

Attachments

  • 20140906_175857_20140909_071959.jpg
    20140906_175857_20140909_071959.jpg
    63.9 KB
Baie lekker RR. Altyd lekker so n vinnige oornag trippie!!  :ricky: :ricky:
 
Dit is nou n smart plekkie  :thumleft:
Hoeveel kos dit en waar is dit ?
Lekker pics en RR (nie mal oor julle brekvis nie :)
 
subie said:
Dit is nou n smart plekkie  :thumleft:
Hoeveel kos dit en waar is dit ?
Lekker pics en RR (nie mal oor julle brekvis nie :)


:spitcoffee: Hi oom Subie , daai brekvis was maar net n "gooi bymekaar" nie my gunsteling nie maar het die job gedoen :lol8:
Gesels gerus met Twe Twe hier op die forum oom , die plekkie is op haar plaas hier in die Somerset Oos gebied , sy sal oom als vertel  :deal:
 
spoedvark said:
Thanks for sharing!

Hoe Klink die nuwe Pyp?
Plesier oom Spoed :snorting: , Die pyp klink BAIE mooi , geniet "ou Dukkis" elke keer meer en meer :deal:
 
Top