Dagsê manne, nuut hier tussen julle.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Copius

Pack Dog
Joined
Jul 23, 2014
Messages
107
Reaction score
1
Location
Somerset - Wes
Bike
Suzuki DR650
Middag,

Eks Cobus Viviers 'n wynmaker hier in die noorde van Suid Afrika.
Die al ewige verhoging van brandstof se kostes, het uiteindelik my die regte motiveering gegee om my vrou te kan oorreed dat ek eerder 'n motorfiets nodig het.

Ek het groot geword in die Karoo waar ons altyd maar 'n XT gehad het, so my keuse was volgens my eenvoudig.

Lang storie kort is dat n swart 2011 Suzuki DR 650 SE oor my pad gekom het, en ek kon eenvoudig nie die fiets deur my vingers laat glip nie.
Met 3500km op die klok en Dessert Run 2012 stickers op die panele is hy nou myne, en beplan ek om heelwat grond paaie hier in ons gebied te ry. Uitgesluit nou die 100km n dag werk toe en terug om vir mamma gelukkig te hou.  ::)

Ek gaan nog baie vrae vra, dis maar 'n nuwe wandeling wat ek nou aanpak.
So wees maar geduldig met die newbie hier tussen julle ou ysters.

Dis al van my kant af hier tussen die Rooi Duine.
:thumleft:
 
Top