212Km is Dag 4 gery, met 3 grondpasse, Carlislehoek pas, Volenteershoek/Bidstone pas en Lundeans nek. En Dulcies nek n teer pas. Die eind bestemming vir die dag, Die Dampondok, Zastron.
Vroeg weer uit die vere, lekker ge-ontbyt, en in die pad…
Terug gery waar die Bell rivier die R396, jip dit is n grondpad, kruis. Toe weer deur Rhodes, en links na Tiffendale via die Carlislehoek pas.
Hehe, darm nie vandag nie…
Tipiese Oos-Kaap verkeer…
Hoekom wil n mens by die see sit as jy in die natuur skoon kan rond ry
Dan begin die sports weer
Dan die lekker steil, tegniese stukke teen Carlislehoek pas op.
Daar word mos gese net plaas implemente het n propshaft, maar die gelaaide R1200's, met pillions het daai bulte opgevreet. Dit klink of daar n 10 spanner in die enjin is, maar daai boxer stol nie. Die fotos doen nie die helling justice nie...
Dan is dit asof n mens op die berg ry, Tiffendell toe.
Veld blommetjies
Die waypoint van Volunteershoek pas
Dan werk ons onself af teen die Volunteershoek pas af… n lekker steil afry…
Die linkerkanste lyn op die pad is vol ruts en klippe van alle shapes en sizes… en die perfekte lyn, sonder einge klippe sit regs. MAAR daar is een steil afgrond regs ook af! Die scenery het definitief die werk die moeite gemaak.
Dan volg ons die pad tussen die heuwels na die Lundeans nek beheer punt.
Lundeans het weer n ander tipe view aan die plek, die son wat so deur die wolke breek gee dit n gevoel dat dit groot voel. Sal graag die pas in die winter wil ry as dit net skakerings van bruin is.
Die vars lug begin hulle weer aantas
Langs die Telle Rivier af
By Lower Telle tel ons die teepad op, en teer Zastron toe. Daar gou dorp toe, en dan uit na die Dampondok uit op een van die grond paaie uit die dorp.
Toe kom ons by so pandokkie uit teen n dam op die vlakte van die Vrystaat.
Was lekker vroeg daar, so het bietjie rustig buite gekuier en ontspan. Weerens baie cozy, en die plekkie het n rustic gevoel.
Het ook n huis maat gehad vir die aand..
Daar is so Boma tipe eetplek waar die oom en tannie die kos opdien, heeltemal iets anders
Kon nie besluit watter foto is die mooiste nie, plaas maar altwee. Dis Hemel hier op die platteland…