Die avonture van GI JANE na die KAAP - 31 Jan tot 15 Feb

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Saterdag 14 Februarie 2015

VALENTYNSDAG.  En ek het nie eers so iets in my lewe nie.  Net Jane.

So die 5h30 om op te staan het darem 6h30 geword en ek moes Strompie 7h00 vir ontbyt by die Engen op die snelweg kry.  Klaar geeeet en weg is ons.  Ons het rustig gery en by Winburg ingedraai om Jane se kerkie besoek te doen. Op pad uit stop ons by die Voortrekker monument wat daar opgerig is.  Ook 'n oulike monument maar die omgewing en tuin word verwaarloos.

Kroonstad toe vir 'n milkshake maar by Ultra City gekom us hulle krag af en moes ons maar 'n pienk melkie van die shoppie geniet.  Ons volgende stop was Kroonvaal se Engen want Strompie soek Wimpy Koffie.  Ek drink maar 'n lemoensappie en eet toe sommer 'n wafel met roomys ook.  Ons het hier vol gemaak en toe die laaste strek gevat.  Die wind was taai van links voor.

Johannesburg ingery en gou langs die pad gestop en gegroet.  Strompie wou jaag en ek ry maar 120km/h.  Die res van die Saterdag het ek in 'n pub gesit en rugby kyk en net na 22h00 slaap ek al.  Ek wil vroeg wakker wees om krieket te kyk voor ek huis toe ry.

My blyplek gewees in Bloem.  




Winburg se bid minuut




By die monument wat so verwaarloos word






Van die agterkant af


die 2 fietsen wat weer geduldig staan en wag omdat ons eers fotos neem


Nie die grootste fan van pienk melkies nie maar die een was heerlik




Strompie wat weer mors  :imaposer:




Orals in die Vrystaat le die grasbale op strepe.  Maak vir sulke mooi fotos




Betree weer Gauteng


Gou gestop om te groet en die selfie geneem van ons 2.  Hierna sien ek nie vir Strompie nie want die jaag soos 'n maniak huis toe


 
Dit was lekker! Maar toe ek Jo'burg slaan toe wil ek net by die huis kom...
 
nice fotos!  :thumleft:

en great dat julle tweetjies valentines saam kon spandeer  ;) ;D
 
Bundu said:
nice fotos!  :thumleft:

en great dat julle tweetjies valentines saam kon spandeer  ;) ;D

:laughing4:  Moet dit net nie hard sê nie. Kobus se mense weet nog nie.  :imaposer:
 
Strompie said:
Bundu said:
nice fotos!  :thumleft:

en great dat julle tweetjies valentines saam kon spandeer  ;) ;D

:laughing4:  Moet dit net nie hard sê nie. Kobus se mense weet nog nie.  :imaposer:
:lol8: :lol8: :lol8:
 
Bundu said:
Strompie said:
Bundu said:
nice fotos!  :thumleft:

en great dat julle tweetjies valentines saam kon spandeer  ;) ;D

:laughing4:  Moet dit net nie hard sê nie. Kobus se mense weet nog nie.  :imaposer:
:lol8: :lol8: :lol8:

Ja lag maar.  Maar geen Valentynsdag kon so lekker wees saam 'n pel en jou bike nie :ricky:
 
Goeie RR, dit was n trip en n half.
 
Sondag 15 Februarie 2015

Die laaste dag van my trippie.  Net na 3h00 is ek wakker om die Wereldbeker Krieket te kyk.  Ek was baie bly toe ons eerste kolf want dan kan ek klaar kyk voor ek moet ry.  Die res sal ek maar later as highlights by die huis kyk.  

Weer het ek besluit om die Moloto pad huis toe te vat soos die eerste keer wat ek met Jane gery het.  Ek het rustig gery en besluit om eers 'n Milo Milkshake by Marble Hall se Wimpy te drink.  Van daar is ek via Arabie dam en Zebediela huis toe, maar net by die Zebediela Hospitaal gekom, stop ek om gou die weer af te neem wat dreig in die verte.  Ek het Jane afgesit en rustig fotos geneem.  MAAR skielik is sy dood.  Die starter doen niks.  Nou begin ek wonder wat aangaan.  So haal ek die cover af om die seat af te haal toe dit skielik begin sous.

Glad nie deel van my beplanning gewees nie.  So in die sukkel stap daar 'n man verby en hy stel voor hy stoot maar Jane aan die brand.  Hy het duidelik gesien as hy my nie help nie sal ek nog more daar staan.  Jane aan die gang gekry en nou ry ek, maar word natter en natter. 10km verder ry ek in 'n hael storm in en as dit nie vir die helmet was nie  het ek groot knoppe op my kop gehad.

Dis nogal jammer ek kon nie fotos neem van die nat ryery nie.  Daar was geen wegkruipplek nie so ek moes maar aan ry.  By Gompiesdam verby hou dit op reen en kan ek jaag om droog te word.  Net na 14h30 stop ek by die huis en ska ars afgepak toe sous dit hier ook.

16 dae se ry.  3022 myl later en veilg by die huis.  Dankie aan almal wat saam my gery het op Facebook, en hier ook.  En in besonder aan Brian Strompie Cheyne vir jou saam ry onder in Die Hel en weer van Bloem af huis toe.  Dis lekker om fotografie en Adventure Riding as passie met jou as vriend te kan deel.  Johann van Tonder (Trailrider) weereens baie dankie vir jou hulp en saam ry HEL toe.  Jou kennis van die omgeving het die trip baie lekker gemaak.

Op pad Kwa Mhlanga toe




By die Wimpy in Marble Hall.  Jane wag geduldig terwyl ek afkoel


Gestop om die reen storm in die verte af te neem.  3 minute later is ek papnat




Die afdakkie by die pomp was te klein om te help.  Net so gehelp om die fotos geneem te kry






Stop by die huis en trip pie is klaar
 
Wat kan ek se? Great trip/RR.  :thumleft:
Moet se dit was vir my n vooreg om jou al te kon ontmoet het ook Kobus  :ricky:
 
baie nice RR en stunning fotos, veral as mens dink dis 'n selfoon  :thumleft:

ry in reen is nie 'n plesier nie, vra my, ek het laas 250km in vriesende reen gery van die Kaap af  :-\
 
subie said:
Wat kan ek se? Great trip/RR.  :thumleft:
Moet se dit was vir my n vooreg om jou al te kon ontmoet het ook Kobus  :ricky:

Baie dankie Subie.  Ek waardeer die kommentaar.  En ja dit was goed dat ons al kon ontmoet het.  Weer tyd vir 'n trip !

Dankie vir die lees ook Bundu
 
Dankie Kobus.

Lekker gelees  nou dat die prentjies uitgesort is.

 
Top