Die avonture van GI JANE na die KAAP - 31 Jan tot 15 Feb

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
So is adventure trips maar, nie almal loop sonder teespoed nie .
Dit is hoekom ek so erg op maintenance is en bike self deeglik skoonmaak na elke trip meeste
potensiele foute word dan raakgesien. Ek het al met nat klere en beddegoed in Bray aangekom en amper gevrek van die koue en net daar opgepak terug huistoe die volgende oggend. Al gatvol geraak en net daar omgedraai huistoe ens.
Jy het n great bike Kobus maar jy sal moet begin leer om self maintenance op jou bike te doen. Meeste
"mechanics" is n put van onbetroubaarheid en swak werk waar jy eindeloos jou geld gaan ingooi.
 
subie said:
So is adventure trips maar, nie almal loop sonder teespoed nie .
Dit is hoekom ek so erg op maintenance is en bike self deeglik skoonmaak na elke trip meeste
potensiele foute word dan raakgesien. Ek het al met nat klere en beddegoed in Bray aangekom en amper gevrek van die koue en net daar opgepak terug huistoe die volgende oggend. Al gatvol geraak en net daar omgedraai huistoe ens.
Jy het n great bike Kobus maar jy sal moet begin leer om self maintenance op jou bike te doen. Meeste
"mechanics" is n put van onbetroubaarheid en swak werk waar jy eindeloos jou geld gaan ingooi.

Subie ek verstaan 100% wat jy sê.  Maar ek sal vir 'n mechanic appy kursus moet inskryf want ek het geen fkn idee wat om te doen nie.  Ek is so tegnies aangele soos Jane 'n BMW is.
En in die dorp is daar nie iemand wat my sal wil leer nie.  :mad: ???


SchalkL, baie dankie vir die mooi woorde.  Jong dis nie ek wat besluit nie.  Jane ry sommer self kerk toe  :imaposer:
 
Woensdag 11 Februarie 2015 -- Vervolg

Moes stop op Cala om net R50 in te gooi en net seker maak ek kom tot op Elliot.




Die OVK gebruik sommer van die promosie materiaal en het 'n klein restaurantjie geskep.  Duidelik 'n tekort aan eet plekke in Elliot






Die mooiste wolke na ek vroeer die oggend begin het met mis


Barkley pas






Die gebruiklike stop


Op pad na Lady Grey.  Die grond skeur sommer oop






Die mense het seker in die verlede elke middag hier op die stoep gesit en kuier


Reg voor die Inn




Reg agter die Inn


Drink plek gaan soek want die Inn het nie Zamalek gehad nie  ::) ???






Van die Inn se boonste vloer af









 
In een van Lady Grey se systrate is daar 'n ou wat deel van sy huis en tuin in 'n kroeg omskep het. Lekker kuier plek. :3some:

Mooi verslag. :thumleft:
 
Jinne Kobus! That looks like a lekka ride!

You should post this on some American or English site and show them our beautiful country !!!  Just convert the Dutch to England first !

Super photos too! Can't believe they are cellphone pics and on a much lower spec S3.
 
HeeBs said:
Jinne Kobus! That looks like a lekka ride!

You should post this on some American or English site and show them our beautiful country !!!  Just convert the Dutch to England first !

Super photos too! Can't believe they are cellphone pics and on a much lower spec S3.

No problem to do the translation.  Just give me the links ?

:deal: :imaposer:

Thnx Allister
 
Sjoe Maat...wat n trip!!
Bly hy het hom geniet....en dankie vir die share!
 
Fantastiese rit Kobus. Kannie glo hoe mooi jy met 'n selfoon geneem het nie. Sover dit die self herstel aangaan, laai die werkswinkel boek af en begin klein. Ek is in die selde bootjie, het net die voorreg? om dadelik groot te kon begin toe my 200 bearing geslaan het. Moet nou weer begin aanmekaar sit, so my groot toets lê voor
 
Great report. You sure as hell take great photos. The way your write and back up with photos you could make a trip to the dentist a very interesting a pleasurable experience. 
 
Rodlau said:
Great report. You sure as hell take great photos. The way your write and back up with photos you could make a trip to the dentist a very interesting a pleasurable experience. 

Thnx but can I rather do a trip to Teasers?
 
Nou mis ek die langpad...

Baie dankie vir jou moeite en deel om jou ongelooflike trip met ons te deel!  :thumleft:
 
Jou trip maak my trippie insignificant lyk. Ek moes eerder saam met jou teruggery het.  :patch:
 
Strompie said:
Jou trip maak my trippie insignificant lyk. Ek moes eerder saam met jou teruggery het.  :patch:

Nou hoe lank nog voor ek jou tripie se leesstof sien?
 
Donderdag 12 Februarie 2015

Net na 6h00 is ek reg om die pad te vat na Bloem.  Daar is 'n heerlike knypie in die lug.  Skaars weg en ek draai Oos na Sterkspruit.  WOW, BAD PLANNING!!!  Reguit in die son in.  Ek kan skaars sien, maar ry, gaan ek ry.

Toe ek weer semi Noor draai na Zastron is die son weg maar word nou met slegte teer paaie begroet.  Padwerke en slaggate se moses.  Nou het ek al baie van Zastron en Wepener gehoor, maar jammer om te sê, ek was baie teleurgesteld to ek deur die dorpies ry.

Jane was haar gelowige self en het weer vy al wat 'n mooi kerk is gestop, maar behalwe vir dit was daar niks anders om oor opgewonde te raak nie.

Ek wou vroeer al brandstof ingooi na ek besluit het om nie op Lady Grey vol te maak nie.  Dus was ek verplig om op De Wetsdorp te stop.  En ek is so bly ek het.  Regtig 'n oulike dorpie met 'n mooi kerk en toe gestop om maag en tenk vol te maak.  Die Take Aways by die vulstasie is so goedkoop en toe ek nog 'n moerse klomp chips ook saam dit kry vir net R20, was ek meer as impressed.

Die laaste 70km Bloem toe was amper boring tot 20 km voor die dorp, toe daar skielik 'n klomp Polisie by 'n Geldwa is.  Dit lyk asof daar geskiet is op die was, maar ek het nog nie nuus gelees om dit te bevestig nie.  Rustig Bloem in gery.  Slaapplek gaan soek en die res van die dag rustig gewees.  Ek kon eers Jane inboek vir haar check up die volgende dag.

Entjie gery en die son het mooi skaduwees gemaak.  Net jammer die een was nie so mooi soos wanneer ek ry nie




Ry weer die Vrystaat in.  Tot op hede was ek in 8 van die 9 Provinsies in ons land en net KZN is misgery.
















Elke keer as ek by een van die gekom het, het hulle my deurgelaat en gesê ek moet net op die grond gaan as daar verkeer van voor kom




Op Wepener






Die kwaliteit van die teerpaaie in Wepener en omgewing








Baie trokke hier besig om sand te laai vir bou konstruksie


Ek is mal oor die lyne van die brug.




Die gebruiklike


Die kafee by die vulstasie met die lekkerste en goedkoopste toasted toebie en chips


Die is net na die geldwa insident geneem.




 
Vrydag 13 Februarie 2015

Nes die datum sê.  Wat 'n dooie dag.  Ek was vroeg by Safari 4x4 vir Jane se check up en net na 10h30 is ek weer weg.  Ek en Strompie het besluit om saam die Saterdag terug te ry na Pretoria so ek moes vir hom wag terwyol hy van Murraysburg af tot op Bloem kom.
Ek het rustig in die dorp rondgery en later die middag in 'n lekker bui reën terug gery Hotel toe.  Daar het niks verder meer gebeur vandag nie behalwe dat ek die begin van die Super 15 by die Spur gesit en kyk het.  

Na die rugby kyk het ek my sak gepak en was ek reg om te ry 5h30 die volgende oggend.

Opgestaan met reën in die lug voor ek Jane moes vat vir haar check up


Terwyl ek wag vir Jane het ek gou gaan ontbyt eet


Die middag na 'n pub buite die dorp gery en toe begin dit sous


En toe begin dit hael





 
My Photobucket Bandwidth limiet is bereik.  Ek is net besig om dit gou uit te sort

Dankie
 

Latest posts

Top