Die avonture van GI JANE na die KAAP - 31 Jan tot 15 Feb

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MegaPix

Race Dog
Joined
Sep 27, 2013
Messages
3,462
Reaction score
799
Location
Highveld, CENTURION
Bike
Zero (all models)
Die avonture van GI JANE na die KAAP

Vrydag 30 Januarie 2015

Vandag is die eerste dag van my trippie om van Polokwane na Kaapstad en terug te ry in 2 weke.  Die trippie sou baie teer en grond insluit.  Ek gaan eers plaas toe ry na Hoendertjie toe waar ek die naweek op die plaas wil spandeer tussen Warmbad en Thabazimbi.
In die aanloop tot die trip het ek Jane laat check.  Olielek reg gemaak, knock in die enjin na laat kyk, agterbrieke gedoen en ‘n spanner check.
Net anderkant Mabalingwe het Jane weer erg begin raas met die knock.  Gelukkig was die plaas naby en Saterdag se probleem om te kyk wat fout is met haar.

Jane gepak en reg om te ry


Op pad


Gou gestop op Naboom waar ons honne altyd pitstop maak




Weer op pad en skielik is ek verdwaal.  O nee, wag.  Dis die pub op pad na Mabalingwe




Gou gestop by Mabula Drankwinkel net om te kyk wat raas so.  


Saterdag 31 Januarie 2015

Na ‘n heerlike aand se reën op die sinkdak moes ek en Hoendertjie die dak finaal klaar maak en voor dit te warm was om te werk het ons begin.  Later die dag het ons gesoek na die fout op Jane, maar besluit om nie die head oop te maak nie.  Ek het besluit om Sondag tot in Pretoria te ry en dan Maandag by ‘n werkswinkel te kan uitkom om te kyk na die lawaai.

Sondag 1 Februarie 2015

Om van die plaas na Pretoria te ry het vele roete opsies.  Ek is met die grondpaaie via Rugtesloot en Lebtloane verby Makapanstad en deur Soshanguve na Pretoria.  Die lawaai het my begin mal maak maar ry moes ek ry.

Op pad na Pretoria.  Grondpad tussen Rugtesloot en Lebotloane


My baba sou 18 word op die 4e Februarie, maar omdat ek Woensdag reeds op die pad sou wees het ek haar en ouboet uitgevat vir ete die aand.
 
:sip:

Ek wil saamry.

Hier by my is jou eerste 5 foto's almal identies
 
Maandag 2 Februarie 2015

Maandag het begin met ‘n gesoek na ‘n werkswinkel wat bereid sou wees om my op kort kennisgewing te help.  Twee plekke was nie bereid nie en ek kom toe in kontak met Louis van Bergen van Race Preparations in Pretoriusstraat in Hatfield.  Hy reken ek moet dadelik kom want hy verstaan dat Kaapstad via George nog ver is.

9h00 is ek by hom en die gesoek na die geraas begin.  Toe die head oop is kom hulle dadelik agter dat 2 boute wat die een cam cap vashou gestrip is en afgebreek is.  Daarom kap die cap teen die bokant van die head.

Toe begin die geduldig wag want die man help my tussen sy ander kliente deur.  Na engineering op 2 valves wat geskim moes word, en als reg kry en terug sit is ek 19h00 by Louis weg en Jane is 100%  (of so het ek gedink).

Laaste aand in Pretoria sit ek en beplan watter roete ek wil ry sonder om snelweg te ry na Villiers, en dan deur na Bethlehem, Clarens en Fouriesburg.

Race Preparations in Pretoriusstraat in Hatfield






Merke waar die cam cap gekap het teen die cover

 
Dinsdag 3 Februarie 2015

Ek het vanoggend sonder enige haas opgestaan.  Ek wou eers GPS 4 AFRICA toe en daarna sou ek die pad na die Vrystaat aan vat.  Ek het vroeg al besluit dat ek nie meer as 400km per dag wil ry nie en my roetes volgens dit beplan.  BLIKSEM.  Die wind en verkeer tot by Villiers was genoeg om mens na drank te dryf.  Ja ek weet ek het gese geen snelweg nie, maar ek het toe laterig uit Centurion gekom en wou tyd opmaak.  Regs gedraai na Frankfort en Reitz en skielik het ek verstaan hoekom die Vrystaat plat is en die wind jou weg waai.

Glo dit of nie maar die was sover die verste wat ek tot op hede alleen op my eie gery het.  Skielik het ek besef, WOW, dis LEKKER.  Ek stop wanneer ek wil.  Ek kan bier drink wanneer ek wil .

Almal praat van Clarens en hulle mense wat snobs is, maar die restaurant waar ek 2 biere gedrink het, het ‘n moerse lekker atmosfeer gehad.  Inteendeel die mense het vir my gesê waar in Fouriesburg ek moet slaap.

(Ek was vining deur Fouriesburg op pad na Lesotho in Desember 2011.  Toe al het ek gewens ek het meer tyd om hier te kuier.)   Ek het besluit om by die Fouriesburg Country Inn (ou Hotel) te slap.  Ek is begroet soos ‘n ou vriend en dadelik lekker begin kuier in die kroeg.  Daar ontmoet ek die DESTELL rep Corrie Lotter wat jare terug paar wedstryde vir Transvaal gespeel het.  Hy reken toe ons moet by ‘n ander kroeg verder gaan kuier en eet.  Kom by die Windmill Pub & Grill en daar sit die hotel se eienaars ook en kuier.  Gou geëet en terug gestap hotel toe.  More was nog ‘n dag.

Pitstop by Villiers 1 Stop










Wilgerivier in mooi vloei




Gou draai gemaak in Tweeling.






Jane voor die NG Kerk in Reitz


Waterbreek in Bethlehem


Op pad na Clarens


Clarens








Op pad na Fouriesburg


Voor ek regs draai na Fouriesburg wou ek eers stop by die winkeltjie op die kruising na Caledonspoort






Blykbaar nog nie genoeg gery nie






Tyd om slaapplek te soek.  Een van die dinge wat ek besluit het was ek gaan ry tot op ‘n dorp en slaapplek soek.  Geen vooraf besprekings nie.






Die mooiste sandsteen gebou – agter by restaurant




Kwela se wenner






Die interessantse goed in die kroeg



Boere wereld


Die baas van die hotel en sy pelle


Wie het gesê mens mag nie lekker eet as jy op ‘n trip is nie?

 
Thanks vir die pics en storie Kobus. Sien uit na die res !!

Jammer oor die teëspoed.
 
Lekker storie en pics.  :thumleft:
Ek het jare terug ook so cam blok se boude gebreek op n bike met dronk stories en  bike over rev. Was nog op my Kawa GPZ 1100. Sommer self reggemaak en nooit weer van die problem gehoor nie.
 
Ek gaan darem ook feature binnekort, so laat ek maar ook sub...  :sip:
 
Lekker Kosie...jammer ek kon jou nie sien toe jy hier in die Kaap was nie.

O ja en jammer dis laat maar happy happy bifday!!!  :thumleft:
 
Carrots said:
Lekker Kosie...jammer ek kon jou nie sien toe jy hier in die Kaap was nie.

O ja en jammer dis laat maar happy happy bifday!!!  :thumleft:

Dankie Wortel

EK sukkel met my internet om die fotos gelaai te kry.  Ek het amper klaar geskryf aan week een.  As 3G saam werk kan ek binnekot die res met julle deel
 
Ek het nou al selfs vvorgestel dat hy in die Spur gaan sit en hulle WiFi leegsuig, maar hy wil nie luister nie.
 

Latest posts

Top