Dis die lekker van my 800GSA diens ...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,282
Reaction score
3,888
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
.... ek gaan vir 3 dae George toe. En ek ry 'n paar lekker grondpaaie en passe soentoe en terug :biggrin: As julle gatskuurders my op die pad kry, onthou om te waai :lol8:

Gepak en reg om te ry:

ff5f3ccd1163754749218dd53000e3c7.jpg
 
Voorspoed en lekker trip/weer vir jou  :thumleft:
 
Met al daai pakasie lyk dit eerder of jy vir 3 weke George toe gaan...
Enjoy!! En veilig ry.
 
Enige verskoning om te ry.... My skat, die fiets MOET sy diens kry.. baai !!!  :ricky:
 
Haboob said:
Met al daai pakasie lyk dit eerder of jy vir 3 weke George toe gaan...
Enjoy!! En veilig ry.
Dit was óf die wasmasjien óf 'n paar stelle klere inpak. Die klere het minder spasie gebruik :)

O ja en ek het 2 spaar AA batterye virrie die gps en my selfoon laaier ingepak. Hulle neem ook plek. 8)

En toe moes ek ook nog proviand op George laai

a8f6deaf7ce63ffa266c5ff30b798823.jpg
 
Jissie kêrels, ek het daai Prins Alfred pas gery, dis bitter mooi. Maar o wee, die slaggate stamp mens se oë dat hulle soos albasters in 'n wasmasjien lyk!
 
Man dit lyk te lekker! Ek is verbaas om te hoor dat Prins Afred so sleg nou is?
Ek is n paar maal daardeur en dit was baie ferm mooi oppervlak.....skraap hul dan nie meer?
 
Your dog in the backround didn't look so happy about you going?Enjoy the trip

:thumleft:
 
Hillman said:
Man dit lyk te lekker! Ek is verbaas om te hoor dat Prins Afred so sleg nou is?
Ek is n paar maal daardeur en dit was baie ferm mooi oppervlak.....skraap hul dan nie meer?
Hulle het baie reën die afgelope tyd gehad, padwerke op so 6 plekke, heelwat spoelslote oor die pad. Die slaggate is van omtrent Angie's Gspot tot by die teer naby Knysna
 
Ja BLK, I don't enjoy leaving them. Animals mos don't know if you are coming back. The welcome home is always lekker though
 
Dorsland said:
Hillman said:
Man dit lyk te lekker! Ek is verbaas om te hoor dat Prins Afred so sleg nou is?
Ek is n paar maal daardeur en dit was baie ferm mooi oppervlak.....skraap hul dan nie meer?
Hulle het baie reën die afgelope tyd gehad, padwerke op so 6 plekke, heelwat spoelslote oor die pad. Die slaggate is van omtrent Angie's Gspot tot by die teer naby Knysna

O nou verstaan ek
Het jy deur gery met Kom se pad' of links gedraai by die aansluiting na 'Angi's?
ps: Gaan dit goed met die man 'Angi's hulle'?
 
Ek dink dit was Kom se Pad. Enigste afdraai  links wat ek kan onthou is dié een Plettenbergbaai toe.

Ek het by Pitstop net voor Angie's gestop
 
Word jou fiets more gediens en Dinsdag weer huistoe?
Indien wel vra jy soek n demo op n LC ADV en kom drink koffie. ;)
 
Dankie Chris, sal lekker wees. Ek bel jou later. Weskus, nog 3 dae by my lang naweek klink vir my na 'n goeie plan, veral as ek 'n leen fiets by die agent kan kry.

2SD, wat van ek kom doen my 20 000km diens daar in Stalinbos, dit kan mos net lekker wees, dankie.
 
Vanaand by die huis aangekom na 'n lekker 3 dae weg.  Alles lewe nog hier - behalwe vir een hen wat gebroei het en wat die otters gevang het  :dousing: -, niks is weg of stukkend of uitgerafel nie.   :biggrin:

Raait, so hierdie is nie eintlik 'n regte RR nie, meer van sommer 'n klomp kiekies (wat ek met my spoggerige nuwe Lumix kamera geneem het), met bietjie warrawarra onderaan (óf bo-aan, afhangend van hoe ek voel  :deal:).

Lekker kyk ...


Julle ouens weet mos hoe droog dit tot so 3 weke terug hier in ons omgewing was.  Toe kry omtrent die hele binneland lekker reën, sommer baie 148mm lekker hier in ons geweste.  Hierdie kiekie is tussen Graaff-Reinet en Aberdeen geneem.  

P1020234_zpsh2ojtqyo.jpg





En wat kan 'n ou bokboer se hart nou blyer maak as om fiets te ry en dan nog sulke mooi bokke langs 'n watertjie te sien lê, spekvet en kreunend van die groen weiding.

P1020238_zps7slptcie.jpg



P1020239_zpsje5sth5s.jpg



Dis nou net jammer daai twee Angoras het die prentjie bederf  ;).  Jammer Bie  :thumleft:




Ek het bietjie van die grootpad afgedraai daar by Uniondale omdat ek die Prins Alfredpas wou ry.  Toe ek 09h15 by die plaas weg is, was dit 19ºC, toe hier by Avontuur 28ºC, en toe later in die pas self, 31ºC, toe weer 14ºC en kwaai mis by Wildernis, later op George self, weer 27ºC.  Ek het omtrent alles beleef.


P1020243_zpsjacmhhoa.jpg






Dis mooi landelike tonele daar, heel anders as die Uniondale omgewing wat my glad nie inspireer nie.  Arme ou Uniondale gaan ook maar agteruit.

P1020244_zps8in0jqth.jpg




Ek was heel verbaas gewees dat daar so baie verkeer in die pas self was; als van DS fietse, toerbussies - sommer "Exclusive Touring", if you don't maaind.  Ek wietie wat dit beteken nie, dalk stop hulle nie om hulle tjommies langs die pad op te laai nie, dalk is dit net hel duur.  Maar in elk geval, hulle was ook daar.  Ook baie toeriste in die arme huur Corollas wat enige plek moet ry.  Dan koop mens hulle met lae kilometers op die veilings en dink mens jy het 'n winskopie gekry.  Ekself sal nooit 'n huurmotor tweedehands koop nie.

Dié twee manne was van George af en opsoek (vir die tweede keer) na Angie's G-Spot.  Ek het later gesien hulle het haar (hom?) gekry.

P1020246_zpsji0ww8uy.jpg





Ja, ek was ook daar gewees  ;D


P1020248_zpsnby8omup.jpg







Die pad is nogal verspoel en op omtrent 6 plekke werk hulle aan die pad.  Hy is ook plekplek bitter nou en het een van daai huurmotors met 2 Duitsers in my amper poerdes merde gery toe ons tegelyk oor 'n smal bruggie wou ry.  :eek7:

Ek stop toe eers hier om effe asem te skep.

P1020253_zpsgwy2ybdb.jpg





En toe weer hier by die tannie se Pitstop, sowat 300m stroomop van Angie's.  Ek en sy het lekker laaaaaank gesels.  Haar pa was 'n Bloutrein drywer en sy het op De Aar gewoon voor hulle hiernatoe getrek het.  Sy versorg self haar man wat aan MS ly, sonder krag en met slegs dié winkeltjie as inkomstebron. Stop gerus daar as julle daar deurry.  Lekker melktert, koffie, koue koeldranke, vriendelike geselskap en outydse gasvryheid.


P1020257_zpsc397xls9.jpg





Lyk my daar is 'n gesonde dosis arrogansie wat saam met elke Range Rover ingesluit word.  Kort na ek hier wegtrek het 'n windgat breker in 'n swart Range Rover, met so 'n moewiese horlosie aan sy gewrig (ek het dit gesien omdat hy so arm-uit-die-venster my amper weer moertoe gery het).  Die volgende dag op die N2 het nog 'n - hoe sal mens hom nou noem? - boks, my van agter af amper omgery om voor te kom.  Meer daaroor later in my storie.

Van Pitstop af het die padtoestand nogal erg verswak met baie slaggate.  Hier het ek weereens bevestiging gekry dat metaal "panniers" baie skade aan die rame waaraan hulle vas is, kan veroorsaak.  Baie van hierdie hefboomaksie word dan na die fiets self oorgedra.  Dis g'n wonder nie dat daar heelwat "topbox brackets" is wat afbreek.  Die pad is bitter mooi so tussen die woude en plantasies deur maar ek was bly om weer op die teerpad te kom.


P1020259_zpsegitt8o6.jpg





 

Latest posts

Top