Dis die lekker van my 800GSA diens ...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Lekker trip Dorsland, ja ek het ook my dinges amper gesien in Prince Alfredpas laas jaar - en meer onlangs in Swartbergpas, mense ry maar deesdae soos hul wil - dink algemene wetteloosheid en onbevoegdheid heers en respek vir ander is by die agterdeur uit - hoe was jou ondervinding by Wayne/Tanya/Emile by BMW? Jammer ons paaie het nie gekruis nie, ek woon in George en enige W/D is welkom. Ek love my 800 en ervaar BMW se diens hier redelik goed - dink net die area wat hul moet dek, maw die aantal fietse wat hul moet versien is te groot/teveel  - deel asb jou gedagtes 
 
Die volgende dag (Maandag) het ek so 'n paar dinge wat ek die oggend op George moes reël, daarna vat ek die pad gou daar na ou ChrisL toe. Dit was maar N2 langs wat nie baie lekker was nie, veral toe die ou in die wit Range Rover met swart ruite (GP nommerplate natuurlik) met 'n sleepwa sonder nommerplate my amper van die pad af ry om voor te kom. Ek wys hy moet bietjie afslêk en nie so op my nommerplaat ry nie maar hy steur hom nie daaraan nie, hy wíl verby. Ek ry nie maklik in die geelstreep nie omrede mens daar maklik ysters en goeters optel wat jou papwiel gee. Ek ry toe teen die geelstreep sodat hy kon verbykom, maar nee, hy moet amper my handvatsel afry om verby te kom. Ek het sowat 140km/u gery en hy het met 'n helse spoed daar verby gekom. Ek skat hy moes so 160 - 170km/u gery het. Ek was moerig maar los hom dat hy sy ry kan kry. Maar ek kyk hom so, bullebak wat hy is, hoe ry hy omtrent almal van die pad af om verby te kom. Steek op die soliede wit streep verby, aankomende verkeer moet heel in hulle geelstreep ry sodat hy kan verbygaan.

Ek draai af Stilbaai toe en gaan drink lekker tee by Chris-hulle.

Soos altyd, is kuier by Chris en Amanda nooit 'n vinnige afêrre nie ;D. Daar word toebies, en soetkoekies en tee en en en aangedra en ons gesels té lekker. Die son trek al water toe ek daar weg is maar ek het lekker gekuier :thumleft:


P1020262_zpssyzeh2sj.jpg






En toe begin dit laasnag op George te reën.


P1020266_zpsxz250hqs.jpg








Lyn Schroeder gaan my 800 sy 10 000km diens gee vanoggend maar hulle het vir my 'n leenfiets gereël, 'n Kalamata 800GS. Ek eet gou my ontbyt (piesangs en druiwe), dat ek 07h30 by die handelaar kan wees.

P1020268_zpsbwasr42s.jpg





Dit reën nou aan en af maar Knysna se kant toe lyk dit asof dit swaarder daar reën. Ek ry toe af na die strand toe by Wilderness, en neem sommer so 'n paar kiekies daar.


P1020271_zpsqtnkh3zp.jpg






Toe sak dit effe uit en onthou ek ek het my reënpak by die gastehuis vergeet :-\. Ek draai toe maar terug maar kom toe op die pragtige tonele by Kaaimansgat af.



P1020281_zps8ogvlkks.jpg



P1020286_zpsnokc7d2u.jpg



P1020293_zpstfquyiul.jpg





Die Polloks is seker die grondeienaars wat die bruggie herstel het:

P1020290_zpsce4eo11t.jpg





P1020294_zpsdzza5jvv.jpg



P1020296_zpsaclvb3yv.jpg



Dis bitter mooi daar en het ek sommer 'n uur of wat daar deurgebring.







Ek wou vir my 'n "Drybag" by Cape Union Mart gaan koop en toe ek by die mall stop, toe sien ek George is eintlik (Lego) leeuwêreld:


P1020297_zpsl86dxtgw.jpg





Ek het gehoop om so net na 10h00 by BMW weg te kom, maar hulle was eers so 12h00 met my fiets klaar. Sowat R1200 later, was ek oppie pad. Maar dit sous! Ek wou nog Montagupas terugry maar nou was dit al laat en die pas is seker goed nat toe besluit ek ek ry sommer teerpad plaastoe.

Hier van omtrent Kykoe, sak dit uit en ek stop om my reënpak aan te trek. Dis nat en skielik koud, sommer so 9ºC en die wind waai kwaai. Maar ek is warm en droog en ry lekker.



P1020298_zpsomomf1pn.jpg



P1020299_zps0iyqjrni.jpg






Daar naby Beervlei dam toe skyn die son weer effe maar ek sien daar is 'n weer aan die kom oor die Baviaansberge. My agterent is al effe lam gesit en ek besluit toe Oppivlak plaastal gaan my geld vir 'n roosterkoek en koffie nou maklik kan neem. ;D


1fd4bcaf12c59e983857633db2e3e041.jpg



Hulle het die oulikste klein Jack Russels daar en ek speel bietjie met hulle.


P1020304_zpsb95y6zfo.jpg



P1020305_zpsrtqvpklk.jpg





Die pad terug plaastoe, Aberdeen verby, waai die wind kwaai, amper so erg soos toe ek en Woody verlede jaar EC Bash toe is. Ek druk maar deur omdat daai weer nou sterk oppad Graaff-Reinet se kant toe is. Ek is net voor die weer hier op die plaas, maar net toe ek van die teerpad afdraai sien ek weer dié klomp - seker so 25 - Bloukraanvoëls wat rustig in die laatmiddag sonnetjie in die lekker groen veld wei.


P1020306_zpshoum95bw.jpg



P1020307_zpsoqzohaff.jpg



Nou ja, ek hoop julle het lekker kiekies gekyk. My sitvlak is lam, my nek styf maar die lekker gewees en vanaand slaap ek in my eie bed :thumleft:
 
Mooi kiekies Dorsland.
Sien net so paar dubbeles.

Ek sal graag nog die Prins Alfred pas wil gaan sien. Pragtig.
 
Gertjie Grondpad said:
Lekker trip Dorsland, ja ek het ook my dinges amper gesien in Prince Alfredpas laas jaar - en meer onlangs in Swartbergpas, mense ry maar deesdae soos hul wil - dink algemene wetteloosheid en onbevoegdheid heers en respek vir ander is by die agterdeur uit - hoe was jou ondervinding by Wayne/Tanya/Emile by BMW? Jammer ons paaie het nie gekruis nie, ek woon in George en enige W/D is welkom. Ek love my 800 en ervaar BMW se diens hier redelik goed - dink net die area wat hul moet dek, maw die aantal fietse wat hul moet versien is te groot/teveel  - deel asb jou gedagtes   

Ja, lyk my die menswees van menswees is waaragtig besig om te kwyn.  Maar wat, ons vat dit maar soos dit kom, die wiel draai een of ander tyd.

Ek kan nie oor die diens kla nie. Emile is 'n baie gawe ou en lyk my hy ken sy werk, Sharon is ook heel aangenaam, die blondekop dame wat by die bykomstighede werk (ek dink) is maar bra onvriendelik.  Toe ek die fiets by hulle wou koop verlede jaar toe het ek 'n stel met hulle afgetrap en moes bietjie hard met die DP praat.  Daarna het Wayne en die ander volgens standaard diens gelewer.

Die pryse van die nuwe BMW laat my na my asem snak kerels  :eek7:  R207k vir die 1200 GSA, R154k vir die 800GSA (ek het presies 'n jaar gelede R128k vir myne betaal).  Die goed raak onbekostigbaar
 
DirtRebell said:
Mooi kiekies Dorsland.
Sien net so paar dubbeles.

Ek sal graag nog die Prins Alfred pas wil gaan sien. Pragtig.

Dankie DR, ek het hulle reggemaak, jammer daaroor.  Gee net daai knap WesKaap administrasie so bietjie tyd dat hulle kan klaar herstelwerk doen, dan gaan jy baie lekkerder ry.  Hulle het baie reën die afgelope tyd gehad en dié het die pad bietjie lelik gemaak.
 
Dankie vir die deel, bly mooi wereld vir my, maar net te ver om by uit te kom.
 
Rêrig mooi fotos, veral dié by Kaaimans - mooi plek daai maar jy neem mooi fotos. Ja Blondie is maar so - ons wil ook hê sy moet meer vriendelik wees maar as jy eers begin gesels is sy baie nice. Emile is 'n yster, sout van die aarde vir so 'n jong man  - BMW fietse en seker die ander brands ook raak woes duur - wonder of dit net die Rand/wisselkoers is?   
 
Dankie vir die kuier Dorsland. Dit was ver uit jou pad uit.
Jy het natuurlik n dag te vroeg gekom want die 2IB bak nou die vrugtekoek wat sy gisteraand wou gebak het as jy vandag hier sou wees :eek7:
Toema jy sal hom nog eendag proe al bring ons hom soontoe. :deal:
 
Dit was nou Lekker thanks for the ride  :ricky:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Dankie vir die kuier Dorsland. Dit was ver uit jou pad uit.
Jy het natuurlik n dag te vroeg gekom want die 2IB bak nou die vrugtekoek wat sy gisteraand wou gebak het as jy vandag hier sou wees :eek7:
Toema jy sal hom nog eendag proe al bring ons hom soontoe. :deal:

Dit was 'n lekker gekuiery gewees Chris.  Sou natuurlik beter gewees het as ek 'n dag later saam met vrugtekoek kon gekuier het maar daai toebies en soetkoek was hmmmmmmm gewees.
 
Lekker saamgediens Dorsland!  :thumleft:
 
Dit sal dieselfde wees as jy my nooi vir 'n lekker ete en dan net voor ek ry, vir my 'n rekening gee....  :ricky:

 
Great report thank u for sharing

Great pic,s
 
Thanks Coles  :thumleft:  I'm really enjoying that Lumix camera.  The awesome zoom capability gives one some nice alternative photo opporunities
 
kannie glo ek lees hierdie vandag eers raak nie.

Altyd lekker  :thumleft:

Dankie vir die deel
 

Latest posts

Top