Drie Manne Drie Ysterperde Botswana Caprivi Van Duckwalking tot Sandgliding

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jata

Pack Dog
Joined
Mar 17, 2010
Messages
135
Reaction score
0
Location
Magoebaskloof
Bike
KTM 990 Adventure
In 2005 het ons n soorgelyke trip gedoen ek, Sakkie, Aishol en Lampies. Die swaartekrag van die sand  het ons besig gehou. Arme Sakkie was meer in die sand as op sy perd. So mismoedig was die arme man dat hy besluit het, nooit weer nie. Na die trip het sy 650 GS geen spieels gehad nie. Dit is toe waar Dooms ons bymekaar maak en elkeen n mooi nuwe 4wiel 4x4 Outlander aan ons verkoop, gewaarborg om die sand pak te gee sonder om neer te donder. So was dit dan dat ons ek, Sakkie en Dooms deur Mosambiek Namibie is met die goete sonder om neer te donder.

Na die trip deur Namibie verlede jaar besluit ek, nee wat die 4 wiel goed is boring jy het geen vaardigheid nodig om die ding te ry nie. Dit is weer tyd vir twee wiele. Die manne wou eers nie byt nie maar na n paar biere, was hulle daar op die selfde frekwensie.

Na n KTM 990, n 990R en n 800GS is ons eers na Oom Jan toe om te kyk of hy iets in hierdie beenkoppe van ons kan kry. Wonderbaarlik, leer ons hoe werk die dinge regtig. Dit is nie net van poer poer nie jy kan nou ry, moet oefening natuurlik.

So hier is ons op die 7de Augustus. Weg is ons. Waarheen, weet nog nie maar Botswana, dan Caprivi, dalk Ovamboland en dan sal ons kyk.

Byt net vas ek is besig om phodies kleiner te maak
 

Attachments

  • 092010 010-2.jpg
    092010 010-2.jpg
    265.7 KB
kannie wag vir die RR nie...twee wiele is baie meer fun! :thumleft:
 
A-nee-a, jy maak nou nie mooi nie Jata, gooi daai mielies!! :mad:
 
Ek is besig manne, ek probeer eers my phodies die regte grootte kry.
 
Nee wat Zetman, ek gaan maar my popcorn ruil vir brandy en coke. Lyk my ons gaan nog lank wag.    :pot:    :imaposer:
 
Nee man, jy maak nie reg nie. Jy maak ons net lus, dan is daar niks verder nie. Regte cockteaser!
 
So 80km buite Pietersburg net n vinnige stoppie om te kyk of die ZCC pakasie nog op die fietse wil bly.
Ek moet egter byvoeg ons het gebruik gemaak van die Scala 4, dit was net n plesier. Hier is ons nog n
bietjie onseker oor die werking en maak seker Dooms is ook op ons golflengte.
 

Attachments

  • Bots Nam 2010 007.jpg
    Bots Nam 2010 007.jpg
    224.3 KB
Martins Drift. Road tax drie ure later.
 

Attachments

  • Captured Videos.jpg
    Captured Videos.jpg
    69 KB
Pietersburg tot Nata n lekker vervelige 700km  teerpad. Ons wou aanvanklik deur die panne ry maar dit was n bietjie nat.
Na n paar verversings lekker geslaap, nou wag daar die grondpaaidjies.









 

Attachments

  • Wilddog.jpg
    Wilddog.jpg
    195.3 KB
Elephant Sands lodge het n sappige steakie wat wag, maar eers moet ons ons beste en mooiste met die Duckwalking gee. Nie Sakkie nie want hier het hy al begin met sy Vattie kakkie Vannie Santie. Net ek en Dooms briek as die sand begin dik raak, gooi die landing gear uit en dan begin die groot k k.

Vanaf elephant Sands het ons besluit om die Old Hunters road teen die Zim grens te ry. Grondpad, sand en baie wild.
 

Attachments

  • Wilddog2.jpg
    Wilddog2.jpg
    165 KB
Alles goed en wel tot Sakkie begin kla dat sy fiets nie meer so lekker loop nie. Brandstoffilter, dit is n probleem, hier teen die reservaat. Sy KTM het so gehoes en proes en wil toe nie meer nie, reg langs n
watergat.

Die probleem is dat die filter in die likerkantse tenk sit. Jy moet die hele tenk afhaal en dan die pomp uithaal om die filter te vervang.
 

Attachments

  • Wilddog1.jpg
    Wilddog1.jpg
    122.7 KB
  • Wilddog3.jpg
    Wilddog3.jpg
    160.9 KB
Top