Drie Manne Drie Ysterperde Botswana Caprivi Van Duckwalking tot Sandgliding

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dag 2 Nata tot Pandamatenga,ek weet nie hoe ver nie maar met n lekker steak, n paar biere en n verstopte petrolfilter het ons nie te sleg gedoen nie.

Die groen gras was goed, maar nie die steak nie. Dit het my laat dink ons eet HAAS een van daardie met die lang ore wat altyd voor jou in die pad inloop. Hier noem ons hulle Lebowa hase.
 

Attachments

  • Wilddog4.jpg
    Wilddog4.jpg
    158.2 KB
Dag 3. Ons bestemming Kasane via die Old Hunters road 100 km met sand. Nie te erg nie ons was mos by Jan en daar het hy ons gewys hoe, en ook self n stukkie probeer.
By Jan was ons nie in n ander land nie en ook nie met 6okg gelaai nie.  Waar die sand plek plek voorgekom het was dit maklik maak oop kyk op en die 30m is agter jou. Hoe verder ons gaan hoe dikker en hoe meer raak die sand. Nou is dit nie meer 30m nie maar 2 tot 3km. Ek en Dooms het hier ons beste gegee met die Duckwalking. Wanneer die sand begin dik raak het ons die kole begin toemaak (dis beter om stadig te val as vinnig) met die kole weg is dit tyd vir n blitsige landing gear en dan kom die groot dinges. Met n gesukkel bly ek bo, dan weer voor begin 1ste 2de 3de, weer sukkel sukkel.

Sakkie is nie bang nie, met sy wonderlike flessie is hy gewapen teen die sand en hy gooi kole.
 

Attachments

  • Wilddog5.jpg
    Wilddog5.jpg
    145.7 KB
Nou is dit net sand en daar is nog 50 km oor. Die tyd begin min raak, ek sien groot katspore oor die laaste voertuigspoor en ons water is klaar.
Sakkie se “julle moet die goed ry, dink jy ski agter n boot, moenie die kole toedraai nie maak oop en kyk op”.

Maak nie saak hoe moeg ons is nie, ek slaap waar daar goed wat my wil eet nie. Dit is nou of nooit.
 

Attachments

  • Wilddog6.jpg
    Wilddog6.jpg
    232.9 KB
En so was dit toe, Sakkie soos altyd kyk of hy die sand kan stukkend ry en daar gaan hy, toe Dooms en sowaar hy kry dit reg en daar gaan hy ook. Dit is waar ek nou besluit het ek gaan nie agterbly nie, maak nie saak hoe dik word die sand nie,maak oop, kyk op en bene oop. Die fiets vog sy eie pad en ek bly bo. Die 50km is so vinnig verby dat ons nie eens gestop het om te rus nie.

Kasane, 9 biere later en nog niemand wil n draai loop nie.
 

Attachments

  • Wilddog7.jpg
    Wilddog7.jpg
    272.2 KB
  • Wilddog 317.jpg
    Wilddog 317.jpg
    214.4 KB
Dag 4 Kasane tot Katima Mulilo via die Chobe. Weer lekker vervelige teerpad. Hier werk die Scala ons kon so moeiteloos met mekaar gesels asof die persoon voor jou staan. Ons gly deur die grens en stop by die eerste Kuca Shop om die dehidrasie tee te werk. Sakkie sê  dit is baie belangrik want motorfietsry laat jou uidroog soos biltong en die probleem is dat water nie juis help nie. Dooms het dit nie geglo nie, maar toe hy die eerste slukkie vat het hy onmiddelik saamgestem.
 

Attachments

  • Wilddog8.jpg
    Wilddog8.jpg
    159.8 KB
Pote said:
hierdie manne kan bly wees hulle het nie die RR aan kykNET verkoop (of gegee) nie :imaposer:

Moet sê KYKNET se RR is maar lig in die broek ...................
 
Lekker manne! Die RR maak mens net lus - haal my hoed af vir julle sandryery! :thumleft:
 
Verder was die rit tot Katima sonder voorval. Ons het sommer by die eerste paadjie regs afgedraai en was grootliks verras, mooi groengras en n pragtige kampplek. Ons het sommer onmiddelik begin kamp opslaan en daarna n trip op die rivier gedoen. Sakkie het gesorg dat die kaptein genoeg vloeistof saamvat sou hy dalk weer begin uitdroog want die rivier water help nie daar is allerhande goggonollas in wat jou verder sal laat uitdroog.
 

Attachments

  • Wilddog9.jpg
    Wilddog9.jpg
    159.5 KB
Ons was nogal verbaas om te sien tot watter mate sekuriteit ingespan was om (soos ons gedink het) ons veiligheid te verseker. Dooms het eerste gaan slaap, maar n ruk daarna wakker geword van "heavy breathing" in sy linkeroor. Die asemhaling was gelukkig buite sy tent. Met die ondersoek het hy agtergekom dat sy tent so n bietjie skuins lê asof iets so half op sy tent lê.
O, dit is Stompie die waghond wat spesiaal gereel is om ons op te pas, sodat ons nie die ander gaste pla nie.

Dooms kon die heel aand nie uit sy tent kom nie, gelukkig het die lodge eienaar geweet Dooms is oppad en toe vir Stompie opdrag gegee om hom in sy tent op te pas.

Skynbaar was Sakkie by die watergat en het hy al die Suidwesters se gemmerkoeldrak opgedrink, daarom die waghond.

Sakkie het vir Stompie met n stompie probeer omkoop  maar hy wou niks weet en so n hap na hom gevat.

Later het Sakkie Stompie se replica - soos  hy sy KTM in die sand ry - gery. Gelukkig weet Stompie dit nie.


Dit was n interressante aand met Stompie saam. Nie een van ons kon lekker slaap nie juis met die wete dat stmpie daarvan hou om op n tent te lê. Hy het nogal van ons gehou en die heel aand daar gelê. Sakkie het later die plaaslike Jack Russell omgekoop om by hom in sy tent te slaap aangesien die hond se geblaf hom verjaag het.
Die volgende oggend het Sakkie agtergekom hoeveel passasiers die Jack Russells by hom laat afklim het.
 

Attachments

  • Wilddog10.jpg
    Wilddog10.jpg
    168.2 KB
Dag 5. Van Katima tot Rundu onderom via Linyati. Ons het op Katima volgemaak en begin pad soek. Snaaks hoe 3 manne met 3 GPS intrumente 3 verskillende paaie sien waar daar net een pad is. Myne was half pap, Dooms s'n gevries en Sakkie s'n was toe reg. Dit was deels grondpad en deels n teerpad in aanbou. Hulle het mos nie kegels hier in Afrika nie net takke wat hulle oor die nuwe pad gooi.

Sowat 80km vanaf Katima het die nuutgeboude pad wat bedek is met die DORING takke oorgegaan in n tweespoor. Dooms het voorgery en ek en Sakkie agterna. By die tweespoor het dit vir Dooms gelyk soos n sandspoor. "Lekker Sandjies het hy uigeroep. Die volgende oomblik n dubbel vooroor salto, olimpiese standaard en toe net STOF.

Hier lê Dooms se GS en kyk in ons rigting met Dooms net agter op sy rug. Dooms, moeilik sigbaar weens sy nuwe stofkamoeflering, lê doodstil. Tog is daar n mate van beweging en ons help hom op die arme man is sprakeloos en geskok.

Met nadere ondersoek sien ons Dooms se voorwiel is pap. n Reuse renosterhoring tipe doring het n gat regdeur sy band gesteek.

Dooms lyk toe nog gaaf, maar toe ons by Kwanda kamp aankom sien ek die man is besig om ernstig ampere te trek. Gelukkig met hy Discovery as mediese fonds, hulle het hom bygestaan met advies en n dokter die volgende dag gereel om hom verder te ondersoek nadat Sakkie probeer het.

Ek en Sakkie het besluit om oor te bly tot Dooms se mense hom en sy fiets kom haal het.
 

Attachments

  • Wilddog11.jpg
    Wilddog11.jpg
    177 KB
Jislaaik, dit lyk lekker. Behalwe vir die val natuurlik Hoop Dooms is gou weer reg.
 
Ons bly toe twee aande hier by Kwanda Kamp op die rivier. Met Dooms in n Chalet geboek het ek en Sakkie besluit om die omgewing te verken. Willie van Katima het voorgestel dat ons die Horeshoe moet ry as ons baie wild en sand wil sien.
 

Attachments

  • Wilddog14.jpg
    Wilddog14.jpg
    217.9 KB
Willie van Katimo het aanbeveel dat ons die Horseshoe by Nambwa ry. “Daar sal julle baie wild sien en in regte sand ry” het hy gesê.

Na die 750ml ontbyt is ek en ou Sakkie daar weg. Ons stop by Kangale om n bietjie voorrade aan te vul. Terwyl ons besig is om ons vloeibare brunch te kou,  daag daar nog n KTM op met twee mense bo-op. Die ou stel hom voor as Bob eb sy meisie as Marthie. Hy klink soos n Groot Wille Hond met al sy wedervaringe,  ek en ou Sakkie die luister net.

Toe Bob se wegry demonstreer hy vir ons n nuwe styl van snaaksry, wat ek en Sakkie toe sommer duckhopping noem.

Die volgende stop Nambwa met n  die bord met die volgende woorde “4x4’s only”. Sakkie was dadelik opgewonde.
 

Attachments

  • Wilddog17-1.jpg
    Wilddog17-1.jpg
    154.6 KB
  • Wilddog15.jpg
    Wilddog15.jpg
    189.4 KB
Top