DS helmets - style over substance?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mof

Race Dog
Joined
Oct 15, 2010
Messages
1,324
Reaction score
65
Location
Calvinia
Bike
AJS (all models)
Ek het nie een nie, nou wonder ek wat hulle so gewild maak. As ek in 'n dwarswind met my volgevreet ry, raak ek kort voor lank hoogs gatvol vir die gekopskuttery. Maak die peak dit nie tien keer erger nie? Behalwe die looks en miskien nou en dan hulp met 'n lae sonnetjie, is daar ander voordele wat ek mis? Ek klink miskien negatief, eintlik wil ek een hê ek is net bang vir daai peak in die wind. Julle skoolgeld sal waardeer word.

Ag en kyk nou net, skud sommer terselftertyd my newbie status af!
 
Top