Eaglefalls......Uit my oogpunt

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

KAAS

Pack Dog
Joined
May 19, 2007
Messages
227
Reaction score
0
Location
GEORGE
Bike
BMW F800GS
Hierdie verslag is n aanvulling tot Raider se verslag :D
Dis my eerste verslag so verskoon maar as ek dalk droogmaak.....

Ek en Raider is bevoorreg om vir onsself te werk, so ons het sommer die Woensdag oggend in die pad geval.Ons sou eers die Donderdag vertrek, maar nie ek of hy kon wag om die KLE's te laai en die wapad aan te pak nie.


Die pragtige Montagu pas........


montpass.jpg




Ons het by n vurk in die pad gestop en vir Trailrider totsiens gese.


kruising.jpg


tr.jpg



Een van my en Raider se goeie vriende sou gese het dat hierdie karakter n vreesaanjaende LEEU is. :roll:



wildlewe.jpg



Ons het baie gestop om die pragtige natuurskoon te bewonder. :!:



natuur.jpg



Tyd om ietsie te eet, en nie-alkoholiese verversings te geniet.
Ek het die rivier van ver af gesien wink, en gewonder hoe mens daar uitkom. Ek raak mos heeltemal in vervoering as ek n rivier sien...

n Kilometer of wat verder het ek n oop plaashek gesien, en besluit om te verken........en dis wat ons ontdek het :wink:



ete.jpg


mykle.jpg



Raider geniet die uitsig


rivier.jpg



Ons het besluit om aanstaltes te maak. Eaglefalls roep ons.


eaglefalls.jpg




Daar aangekom, het ons besluit om eers tente op te slaan, en dan n koue te knak :D :D
Dit het redelik vinnig gegaan. In die verte was nog een tent, wat behoort het aan n ouer " couple." Hulle het maar konserwatief gelyk. Min het ons geweet dat hulle die hele aand vir ons lekker musiek gaan speel.

Op aandrang van ons het Bok van Blerk seker 10 maal De La Rey vir ons gesing. Ons het natuurlik uit volle bors saamgesing. Want sien ons is 100% boer........Hoop nie ek kom in die moeilikheid oor laasgenoemde stelling nie. Deesdae moet mens mos mooi dink voor jy iets se :D


kampterrein.jpg



Dis mos hoe n kampeerterrein moet lyk. Ons is immers netjiese " bikers '


kamp.jpg



Volgende op die agenda was die asemrowende watervalle....... :!:


waterval4.jpg



waterval3.jpg



waterval2.jpg



Grapkas........ na n paar koues het ek besluit om maar op droe grond te bly :p


fufieslide.jpg



waterval.jpg



Dis mos hoe n vuur moet brand :?


vuur.jpg



Heelwat later die aand.


leontent.jpg


tenttoe.jpg



Die volgende oggend toe ons by die tente uitloer het pikswart reenwolke ons begroet..

Ons het besluit om vroeg op te pak en die pad te vat terug George toe.

Dit was die einde van n onvergeetlike " one nighter "

By die huis gekom het ek dadelik die KLE bedank en hom n lekker,welverdiende skuimbad gegee.




byhuis.jpg


Hoop julle geniet my eerste " report "







[/IMG]
 
Lekker Ride Report KAAS. Ek is nog steeds spyt ek moes halfpad terugkeer George toe.

KAAS said:
Tyd om ietsie te eet, en nie-alkoholiese verversings te geniet.

Ja Nee. Spook was nie daar nie...

Hierdie is wragtig 'n mooi foto:

natuur.jpg


Die ouens wat op ons April toer was sal dalk die uitsig erken... :D

Great 1ste ride report! Nou is daar nie meer verskonings nie. Waar is die ander?
 
Trailrider said:
Lekker Ride Report KAAS. Ek is nog steeds spyt ek moes halfpad terugkeer George toe.

KAAS said:
Tyd om ietsie te eet, en nie-alkoholiese verversings te geniet.

Ja Nee. Spook was nie daar nie...

Hierdie is wragtig 'n mooi foto:

natuur.jpg


Die ouens wat op ons April toer was sal dalk die uitsig erken... :D

Great 1ste ride report! Nou is daar nie meer verskonings nie. Waar is die ander?


Hou maar die spasie dop, swaar :!:
 
Nice report and great pictures.

You are a poet and you don't know it!!
 
Wou se dit lyk plek plek bekend. Thanks, nou dat jy oor die vrees vir die eerste verslag is kan jy maar weer pos! :D
 
Wou se dit lyk plek plek bekend. Thanks, nou dat jy oor die vrees vir die eerste verslag is kan jy maar weer pos! :D
 
Leo said:
Dankie vir die verslag KAAS :wink:

Praftige natuurskoon 8)

Hoe ver is Eaglefalls van George :?

So om en by 70 km
 
Stephan said:
Wou se dit lyk plek plek bekend. Thanks, nou dat jy oor die vrees vir die eerste verslag is kan jy maar weer pos! :D

Ek kan nie veel onthou nie, behalwe dat daar 'n #$^%#$ volstruis in die pad was wat vir Gravelmad en Scooter gejaag het... :oops: :D :D

Remember this...?
Image00410.jpg
 
'n Oulike storie en kiekies KAAS :!: Laat kom maar nog.
 
Top