Eerste Solo trippie!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rider392

Pack Dog
Joined
Jun 15, 2011
Messages
194
Reaction score
0
Location
GEORGE,WESTERN CAPE
Bike
Honda XL650V Transalp
Na laas naweek sy trippie saam met Buks en diesulkes was dit die naweek tyd vir n kort trippie sodat ek en die Alp mekaar kon vind! Eers moes ek Saterdag darem vir Ma ook vat vir n roomys op Sedgefield en vinnig met die ou Knysna/George pad terug.
Gelukkig vind sy dit vervelig en my gewete is skoon(soort van!!). My versoek vir trippies sonder haar gaan definitief nie n "issue" word nie :biggrin:
Ek het gedurende die week n nuwe Michellin Sirac op die agterwiel gepas en was lus vir speel.
Saterdag is ek na n kort bergfiets rit(moes darem ook kyk na die gesondheid), omtrent 11 uur weg. Voorwiel afgeblaas tot so 1.8 bar en agter 2 bar vat ek toe die pad; Zebra, Klipdrift en kom op die Oudtshoorn/Mosselbaai pad weer op die teer.
Die sneeubedekte pieke van die Swartberge is baie aanskoulik en roep my hard. n Kort trippie word langer want ek wil toe ook sommer voel hoe voel die Swartberg pas op die Alp. Die enigste teleurstelling is toe geen sneeu by die Top! Ag wel, nogtans lekker om die wereld van hoog af te betrag.
Met die sagter bande vat hy die grond gemaklik en ek kon net op die fiets se maniere konsentreer,. Iets wat jy nie kan doen teen hoe spoed saam met n groep ryers nie.
Die Alp is regtig gerieflik, het meer as genoeg krag en as jy so tussen 70 en 100 km/h ry is die brandstof verbruik heel skaflik. 

Oppad terug, by die 4 rigting kruising op Paardebont, stop n ou op n A/T my. Martin Puphin is van Duitsland, toer nou al 9!!maande deur Africa, sonder n GPS en het verdwaal. Hy moes gisteraand(Sondag) by die man van Tracks4Africa op Glentana oorslaap. Ek laat hom toe agterna ry en vat hom oor die Montagu pas tot by Honda Wing George waar hy vandag nuwe briekskoene moet laat opsit.
Martin vertel hy het geen probleme met sy 1992 A/T nie behalwe pap wiele. Hy ry op die oomblik met Metzler D/S bande.  Martin vertel verder dat hy nou met die Ooskus langs terug gaan ry na Duitsland!! Ek wonder of ek soveel "unpaid leave" kan vat? :patch:
Nouja, ek dink ek en die Alp het mekaar gevind en kan nie wag vir Buks se trippie na Nieu Betesda oor n week of twee van nou af!! :ricky:
Tot volgende keer!
 
Solo trippies is altyd lekker.  Soos jy sê, om jou fiets te leer ken, maar ok om sommer net 'n slag weer kop skoon te maak!  :ricky:
 
:thumleft: Nice man, bly om te sien jy en die Alp verstaan mekaar en begin mekaar se geselskap geniet!!!
Nou makeer julle twee nog net 'n 'kiekie-masjien', ons is maar 'n nuuskierige ou spul hier......
 
Janee, hyt gebyt! Ek gaan die kamera ding uitsort dan sal die volgende RR darem n paar fodies ook by kry :ricky:
 
Ja, jy's reg Laban, n kiekie is maar net n kiekie, dis eintlik die memories wat aan daardie kiekie gekoppel is; wat belangrik is, of hoe se ek?
 
:thumleft: Toemaar, as julle my saamvat en sorg dat ek nie dors raak nie, sal ek kiekies neem!
 
>:D
Hey Buks, van die begin af gedink jys n staatmaker, jy moet net laat weet op watter oktaan jou kamera loop!!
 
Myne loop op enigeiets behalwe Groen verf :mwink:

Marius jy moet jou en Buks se nr's vir my PM asb :thumleft:
 
Rider392 said:
>:D
Hey Buks, van die begin af gedink jys n staatmaker, jy moet net laat weet op watter oktaan jou kamera loop!!

Dis maklik - so 40% met ietsie soet by......of iets rooi en baie droog!
 
:deal:
Dirt Copper, het jou ge-PM!
Buks: Ons sal maar proviand moet kry maat, lyk dit gaan n koue nat naweek word?
 
Top