EJK op Honda CRF300L

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jul 27, 2010
Messages
5,483
Reaction score
655
Location
Blouberg, Cape Town
Bike
KTM 890 Adventure R
EJK op CRF300L terugvoer: Ek is baie tevrede installasie en na treinspoorpad ry.  Ek het 'n decat Tornado pyp met DV killer vir 30km probeer, maar die pyp is net te raserig. My bure en almal langs die pad sal my noot vergeef nie. Die EJK is op 'n standaard CRF300L geinstalleer. Eerste ding wat beter is is die twitchy throttle. Throttle is nou so stabiel soos 'n tank. As jy die throttle draai is die krag daar, en as jy toemaak is dit glad. Niks meer se ry op die clutch om te keer dat die fiets ruk en bokspring nie. Ekstra krag: Ek is beindruk met hoe die fiets trek, van laer rpm, maar veral in die mid range, van 4500rpm af op. Dit voel of die 300 'n huppel in sy stap het. Top spoed? Ek weet nie omdat windweerstand teen 130+ 'n groot rol speel. Ek het top speed runs gedoen met standaar pyp, Tornado sonder EJK en Tornado met EJK, en met die Sedoos weet mens nooit nie. Net EJK en standaard pyp maak midrange 'n goeie verskil, op grondpad voel dit nou of jy kan speel met die fiets. Is dit  teen R4995 die moeite werd? EJK gaan nie van jou fiets 'n pocket rocket maak nie, maar ek is tevrede met die gladde throttle en midrange krag.
 

Attachments

  • EJKExplained.jpg
    EJKExplained.jpg
    48.8 KB · Views: 149
  • CRF300L Treinspoorpad.JPG
    CRF300L Treinspoorpad.JPG
    48.4 KB · Views: 136
Top