Ek en my seun na Breedtsnek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,318
Reaction score
790
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Ek en my seun (13) het so op die nippertjie gister besluit om vandag Breedtsnek toe te gaan.
Ons het maar met bikes tot by Buffelspoort agter op my bantam bakkie te ry aangesien hy nie lisensie het nie.
By buffelspoort het n groot man met n quad ons ernstig gewaarsku dat jy nie die pad teen die berg op met n bike kan ry nie.
Volgens hom kan hy dit beswaarlik op sy quad ry :imaposer:
Ek het vir n paar oomblikke gedink mis ek nie dalk iets nie. Dit is my seun Michael se eerste trippie op die XR125. Die ou sukkel nog met
die wegtrek storie. Hy het met my postie gery maar die was semi outomaties.
Sparro het my die pas gaan wys so 2 weke terug en kan nie onthou dat dit so erg was  nie. Komkommer ek toe so n bietjie en twyfel in my oordeel want as mamma se "blommetjie" stukkend en vol bloed by die huis kom, my biking budget na niks gesny gaan word vir die toekoms.
Ons is toe daar weg en moet ek se die outjie het my verbaas,niks drama , net n lekker rustige ry tot bo waar ons n worsie gebraai het.
Kom toe n jong lat so stilletjies daar verby in n silwer Opel corsatjie. Pragtige jong poppie by hom. Kan seker net n meisie wees wat n man so in die klippe injaag met sy nuwe karretjie vir n bietjie privaatheid. Ek het maar gesmile en my eie jongdae onthou.
Lekker dag saam met my seun gewees. Die ou wil nou net ry dat ons kan tent opslaan in die boendoe erens. Sal maar soek hier in onbekende Transvaal waarnatoe ek en hy volgende keer kan gaan.
 

Attachments

  • 12070032.jpg
    12070032.jpg
    240 KB
  • 12070033.jpg
    12070033.jpg
    207 KB
  • 12070034.jpg
    12070034.jpg
    230.2 KB
  • 12070037.jpg
    12070037.jpg
    242.2 KB
Nog n paar fotos
 

Attachments

  • 12070039.jpg
    12070039.jpg
    370.7 KB
  • 12070040.jpg
    12070040.jpg
    355.4 KB
  • 12070041.jpg
    12070041.jpg
    294.3 KB
  • 12070043.jpg
    12070043.jpg
    188.4 KB
Dis mooi  :thumleft: maar die ATGATT polisie gaat vir jou bliksem  :imaposer:
 
Nog so n paar. Selfoon so verskoon maar.
 

Attachments

  • 12070046.jpg
    12070046.jpg
    263.9 KB
  • 12070047.jpg
    12070047.jpg
    255.3 KB
  • 12070048.jpg
    12070048.jpg
    232.8 KB
  • 12070049.jpg
    12070049.jpg
    478.1 KB
jupiter said:
Dis mooi  :thumleft: maar die ATGATT polisie gaat vir jou bliksem  :imaposer:

Atgatt is gloves, baadjie en helmet vir .Verder steur ek my nie veel aan die natzies nie  :mwink:

:ricky:
 
Dis goud werd ou maat, glo my - dae soos daai soos jy nou self ondervind kan geen geld koop nie! Ek kan nie wag vir my en my laatie se eerste trippie nie!
 
subie said:
jupiter said:
Dis mooi  :thumleft: maar die ATGATT polisie gaat vir jou bliksem  :imaposer:

Atgatt is gloves, baadjie en helmet vir .Verder steur ek my nie veel aan die natzies nie  :mwink:

:ricky:



Vroeer jare duisende kms gery,plakkies,t-hemp en obs in die slingbag toe ek n student was op my XR500,mense those were the days...deesdae elke nou en dan is so n draaitjie sonder attgat , helmet oor die kop en daar gaan ons van die lekkerstes. Die kit aan en uit is meer tyd as die rit self.... :peepwall: :peepwall:

Lekker Subie,geniet dit,sulke dae is priceless. :thumleft: :thumleft:
 
soobs, dis brill man! Het my laaitie ook 'n Xr125L gekoop toe hy so 2 jaar gelede 16 geword het. Ons het al lekker tye so saam gehad ook.  Jy moet eintlik dat ons die treinspoor paaie gaan ry, daar hoef jy nie te veel te kommer oor die wet nie.  Daar is die kortetjie vanaf tarlton tot halfpad na magalies, en dan die langer een na potch.  Ook sulke wegkruippaadjies vanaf millsite (tussen randfontein en k'dorp).

(Ek het net altyd gekommer oor die voertuig wat alleen gelos word.)
 
So n pa en seun trippie kan net lekker wees. :thumleft:
 
roxenz said:
soobs, dis brill man! Het my laaitie ook 'n Xr125L gekoop toe hy so 2 jaar gelede 16 geword het. Ons het al lekker tye so saam gehad ook.  Jy moet eintlik dat ons die treinspoor paaie gaan ry, daar hoef jy nie te veel te kommer oor die wet nie.  Daar is die kortetjie vanaf tarlton tot halfpad na magalies, en dan die langer een na potch.  Ook sulke wegkruippaadjies vanaf millsite (tussen randfontein en k'dorp).

(Ek het net altyd gekommer oor die voertuig wat alleen gelos word.)

Ek het die bakkie gelos wat ek gedink het was n B&B. So n plaas paadjie wat een of ander Lodge se naam op het. Ry toe in by die huis en vra vriendelike vrou of ek die bakkie daar kan los vir n paar uur en sal betaal. Na die rit toe ons terugkom gesels ek so n bietjie en vind toe uit dit is n privaat huis die lodge is nog so n paar km verder. Was ek omtrent n bietjie in n verleentheid gewees maar sy se ons kan maar enige tyd weer kom stop daar.
mens moet definitief vooraf probeer reel om voertuig erens "veilig" te los :mwink:
 
Awesome!!! Net nog so 11 jaar dan kan ek ook dit doen (My pocket rocker is nou 2)... kannie wag nie! Ek en my dad ry nou al 30 jaar saam en dis nogsteeds spesial.
 
The guys riding bicycles up and down Breedtsnek leave their cars at the Hekpoort filling station. S25 53.625 E27 36.130
Figure that you should be able to leave your bakkie there.

About a kilometer from there the dirt road starts to Breedtsnek.
 
Lekker ride report! Did a trip this week from Vleesbaai, via Van Wyksdorp to Calitzdorp with my 13 year old son, him also on his white xr 125. Was an awesome trip, took the whole day to do the 370 km's, but was something to remember, both for him and me. The 125 is really an awesome bike for it's size
 
baie dankie vir die mee leef! Hoe het daai Xrtjie toe gedoen op die Nek?
 
Hi Subie, vandat ek en my seun Juan ons Afrika trip saam gedoen het is ons band soveel sterker nou, ek wil nog my ander seun Francois ook op so 'n trip vat. Doen die dinge terwyl jy kan, groete Schalk.
 

Attachments

  • Africa Trip Schalk 359.jpg
    Africa Trip Schalk 359.jpg
    350.9 KB
Top