- Joined
- Jul 27, 2010
- Messages
- 5,656
- Reaction score
- 811
- Location
- Blouberg, Cape Town
- Bike
- KTM 890 Adventure R
'n Vriendin, Elmarie Wiesner skryf - Maandag 13 April 2015 05:50
https://www.netwerk24.com/stemme/2015-04-13-elmarie-wiesner-gesprekke-met-god-op-ysterperd?fb_ref=Default
EK was onlangs op my eerste motorfiets-vakansie. En wat ’n vakansie: ek en my man, twee fietse, een rugsak, vier dae en 1 451 kilometer.
Geen WiFi, televisie, werk of probleme nie. (Alhoewel ’n immobiliseerder-boodskap op my motorfietsskerm in die middel van die Karoo seker kwalifiseer as ’n probleem, en ek met blydskap my selfoon gebruik het om die tegnici in die Kaap te bel om raad.)
Kenners sê dit is beter vir ons gespanne generasie om bietjies-bietjies vakansie te hou, as om te probeer om drie weke lank aaneen oor die Kersvakansie te ontspan.
Dié vier dae het my uitgerus gelaat, asof ek vier weke gehad het.
Ek kan dit aanbeveel: Dis bekostigbaar, ’n avontuur, en jy hoef nie te vlieg om te begin ontspan nie, dit begin anderkant die laaste verkeerslig.
Mense dink ons ry roadsters omdat ons spoedvrate is. ’n Bietjie wip in die regterhand en ’n bietjie krag onder die saal is heerlik, niemand sal dit ontken nie.
Maar elkeen wat al onbewus agter ’n visierskerm geglimlag het, weet dit gaan oor veel meer: Oor die reisiger in die bloed, oor die vol petroltenk, oor die oop pad, oor die vryheid.
Daar is geen beter plek as die Karoo vir ’n tikkie vryheid nie.
Dit is ’n harde plek om te woon, ek weet, ek het familie wat dit doen.
Maar ek sluit aan by die koor van stemme wat die wegbreekwaarde van die Karoo besing.
My ervare toergids het die juweeltjies een vir een uitgewys: padstalle in die Piekenierskloofpas, die Williston “Mall”, die doppieskroeg en die blikkieskroeg (moenie vra nie, gaan kyk).
Die grootste waarde is egter in die kilometers van vlaktes, die reuk van wind en bossies, die sterre so naby.
Mense vra of ons Bluetooth gebruik om met mekaar te praat as ons ry. Die antwoord is nee, ons praat weer met mekaar as ons afklim.
Maar ’n mens het gesprekke: met jou kop, met jou hart, met jou God.
Hy antwoord nie noodwendig regstreeks nie, maar ten minste kom sit daar iets in jou gees, regop soos ’n meerkat.
Daardie iets fluister oor ons mooi planeet, ons land waarvoor ons moet hoop, ’n lewe met kanse, en ons mense wat ons mag bedien.
Hulle is ook die kroonjuwele van die Karoo: die mense.
Die eienaar van die hotel in Carnarvon, wat die plek opknap om sy gaste te kan trakteer; die dominee in Loxton wat met soveel trots praat van haar dorp (omtrek 2,5 km) en haar gemeente; die kelner in Matjiesfontein wat elke besoeker be¬dien met glimlag en grap en storie.
Hulle doen dit omdat hulle glo in opbou, nie afbreek nie.
Hulle doen dit omdat hulle respek en geloof en getrouheid ken.
Hulle doen dit omdat hulle ander mense waardeer, en as jy in die Karoo nie diegene liefhet wat die Here jou gee nie, is daar dalk niemand anders nie.
Ons kom dus tuis en was die stof af, maar nie die lekkerte nie.
Ons onthou die oop ruimtes, en kyk op na ons eie sonsondergang.
Ons onthou die rustigheid, en stroop ons lewe van onnodige stres en vertoon.
Ons onthou die mense, en waardeer mekaar.
Nou soek ek nog net raad om Coenie se Karoonagte uit my valhelm te kry!