Erfenisdag solo op die ingewing van die oomblik

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Die afgelope paar weke het ek maar min kans gekry om die bike uit te trek. Ek het laasweek 'n gholftoer in die Suidkaap gehad, en ek wou darem in die voorafgaande paar weke seker maak ek maak dit mee met twee arms en twee bene, so die Kwagga het maar op die drip gestaan.

Maandagmiddag het ek wel so 60km gaan ry, maar dit was maar weens gatvolgeid.

Vanoggend het ek gou vir vroulief uitgeneem V&A Waterfront toe, en vanmiddag toe pak die lus vir gaan ry my beet. Sommer so op die ingewing van die oomblik, net ek en die bike, opsoek na paar nuwe paaie. Die wereld hier om ons is mooi aan die verkleur en ek het nie 'n vaste roeteplan gehad nie, maar ek wou op Gouda gaan draai.

Ek gaan sommer die fotos die storie laat vertel.

1) Vanuit Durbanville het ek koers gekies na Wellington. Oral langs die pad groei daar plate van hierdie pragtige pers blommetjies. By Hoogstede trek ek af vir hierdie foto. 

2&3) Ek vang die grondpad by Haaskraal en ry weer tot by die silo. Tot my verbasing staan daar vandag 'n "crop sprayer". Ek ken glad nie vliegtuie nie, maar ek weet hiers 'n paar aerie kenners. Kan julle vir my meer van hierdie aerie vertel? Gooi gerus paar specs  :thumleft:

4,5&6) Haaskraal/Porseleinberg kom uit by Du Vlei padstal. Van hier af draai ek vir paar 100m weer Noord na Riebeeck, en draai regs op die grondpad na Delsma Farm. So 2km vanaf Delsma kry ek hierdie vriendelike groupie perde. Wat is die versamelnaam vir 'n groepie perde?

7) Ek volg die grondpad tot by Klein-Sonkwasdrif en draai weer links. Hierdie paadjie neem my tot by Gouda waar ek n draai gaan maak by Vaalbaas se Workshop vir een van daai lemonades waarna Kobus Wiese elke naweek verwys. Hier kry ek ook vir Lord Knormoer, sy seun Dondermerwe & Fanie Olivier(dalk eersdaags Bloubliksem) om die tafel. 14 jaar van waterverkoelde BMW GSe.

Attachments

  • WP_20140924_002.jpg
    WP_20140924_002.jpg
    65.9 KB
  • WP_20140924_003.jpg
    WP_20140924_003.jpg
    82.3 KB
  • WP_20140924_005.jpg
    WP_20140924_005.jpg
    45.5 KB
  • WP_20140924_006.jpg
    WP_20140924_006.jpg
    52.6 KB
  • WP_20140924_007.jpg
    WP_20140924_007.jpg
    96.7 KB
  • WP_20140924_008.jpg
    WP_20140924_008.jpg
    47.1 KB
  • WP_20140924_011.jpg
    WP_20140924_011.jpg
    155.1 KB
Op Gouda besluit ek dis tyd om huiswaarts te draai. Gee my vrou 'n luitjie...."vrou, take the meat out of the deep freeze" .Vanaf Gouda kies ek eers die teerpad noord vir so 6km en draai af op die Moorreesburg grondpad wat oor die Bergrivier loop.
Hierna draai ek af op die Riebeeck Wes grondpad, waarna ek weer by die PPC links draai oppad Malmesbury toe. Hierdie is een van my gunsteling areas om in te ry, en ek kap 'n links op Riebeeckrivier.

Hierdie is 10km van DS hemel vir my. Hierdie is een van daardie paaie waarop ek my spoed afbring na so 40kph toe, en net my visor oopmaak om die skoonheid van die omgewing in te asem.  

Die Swartland se koring staan al mooi sterk in die aar, en plek-plek begin die goue kleur al deurkom.

Attachments

  • WP_20140924_012.jpg
    WP_20140924_012.jpg
    63.3 KB
  • WP_20140924_013.jpg
    WP_20140924_013.jpg
    90.3 KB
  • WP_20140924_014.jpg
    WP_20140924_014.jpg
    78.4 KB
  • WP_20140924_017.jpg
    WP_20140924_017.jpg
    39.7 KB
  • WP_20140924_018.jpg
    WP_20140924_018.jpg
    85.6 KB
Oppad huiswaarts draai ek af na Jouberskloof. Ek het lanklaas hierdie roete van Oos na Wes gedoen, en daarom sien ek soveel nuwe dinge.

Vanaf die Malmesbury/Klipheuwelpad draai ek die kwagga se oor tot by die huis.

Veilig tuis na 'n fantastiese rit. Ons gaan NOU braai!
 
Attachments

  • WP_20140924_020.jpg
    WP_20140924_020.jpg
    65.8 KB
  • WP_20140924_021.jpg
    WP_20140924_021.jpg
    97 KB
  • WP_20140924_022.jpg
    WP_20140924_022.jpg
    45.7 KB
    Mooi man.Lekker Woensdagmiddag-trippie.Jy moet n slag daai kwagga se ketting langer maak, anders gaan hy later weier om oor die klip te loop.Terloops,dit moet seker n troppie perde wees.
 
Jip, daar spring Oom Bokveld my voor - 'n trop sal dit wees  ;)

Lekker trippie so vir die middel van die week. Dankie vir die aankom en hoop julle het die kaasworsie geniet
 
Bokveld said:
     Mooi man.Lekker Woensdagmiddag-trippie.Jy moet n slag daai kwagga se ketting langer maak, anders gaan hy later weier om oor die klip te loop.Terloops,dit moet seker n troppie perde wees.

Thanks Bokveld. Het noggie van 'n besoek aan Oom vergeet nie. As die Kwagga gediens is gaan ek beslis daai rigting gaan vir 'n oorslaap trip, dan moet Kulula.skaap saamkom  :thumleft:
 
VaalBaas said:
Jip, daar spring Oom Bokveld my voor - 'n trop sal dit wees  ;)

Lekker trippie so vir die middel van die week. Dankie vir die aankom en hoop julle het die kaasworsie geniet

Thanks Loedolf. Lyk my Anmar het nog onder 'n klomp bevrore groente op een van jou pakkies boerewors afgekom wat reeds ontvries was toe ek tuiskom. Was heerlik, dankie. So die kaasworsvoorraad is steeds in tact tot die naweek toe  :thumleft:
 
Lekker aangename trippie. Ons planne vir 'n 3 dag trip het uitmekaar geval as gevolg van werkverpligtinge. Lekker om te sien 'n man kan eintlik 'n mooi trippie aan mekaar sit sonder te veel beplanning!
 
En toe was dit 'n heerlike dag met puik geselskap en nog beter kos!

Op die Haaskraal pad het ek die foto van Kasteelberg geneem:

yqeba4u4.jpg
 
Mooi een Lem , daai trippies is altyd lekker , hou van jou storie en fotos  :thumleft:
 
Dankie vir die deel en mooi prentjies, Lem.  :thumleft:

So draaitjie maak mens se gemoed en kop skoon en gee jou krag vir die volgende week. 

Ons is sommer omgekeerd as ons 'n naweek nie kan ry nie. 
 
Mev Vis Arend said:
Dankie vir die deel en mooi prentjies, Lem.  :thumleft:

So draaitjie maak mens se gemoed en kop skoon en gee jou krag vir die volgende week. 

Ons is sommer omgekeerd as ons 'n naweek nie kan ry nie. 

Thanks Mev Fisheagle. My gemoed het maar bietjie gedruk die laaste tyd. In my werk en persoonlike lewe kry ek dit dikwels reg om mense met stukkende lewens, of diegene wie mens teleurstel na my toe aan te trek. Na 'n ruk raak dit nogals aan 'n mens, en moet ek time out vat om net weer te gaan soek vir die "simple life." As ek so deur die plase ry, dan kry ek die indruk van vele mense wie naby hul skepper leef, wie ook hard werk en lief is vir die grond. Ek "feed" baie vanuit sulke tonele, want dit bring hoop en kalmte dat die mens nog nie alles opgeneuk het nie :thumleft:
 
Lem said:

Dit is nou mooi gesê Lem  :deal:
 
Knucklhead said:
pragtige fiets daai  :thumleft:

hehe...you get first option if you wanna buy it back. But that wont be for a while still. Got a list of longer trips still lined up for this one, just because the size of the bike makes it all so easy, while still being a comfortable typical GS touring bike on the open stretches.

I've seen your thread about the 800 rebuild. That's a great pity, especially after you've owned two of these Rotax singles without any hassles. Hope it gets sorted soon  :thumleft: you still coming to Veldties blues festival?
 
I will be thus far if I can get the 800 running before then , dependant on spares from germany, ek mis daai twee 650's 
 
Top