You gents summed the day up pretty well so I will gooi some pics and add where I can.
We say goodbye to the Brian and Saarkie vd Merwe as well as the rest of the bashers...pack the bikes and head of to Rhodes. Quite sad that Deon couldn't come with cause I was looking forward to have him with us on the trip.
Thanks for charging my entire IT-shop everyday IDR......just as I thought when I got home that little important bag was in the garage where I knew I forgot it.
So Justin goes first up Naude's and I'm following next. I'm very much looking forward to this day cause it is pretty much the same route that Jup and me did earlier in the year. It was rainy season then and the stretch to Mount Fletcher was very wet and muddy and it kept us busy for a big part of the day.
I love Rhodes...there is just something to it......and from what we heard when we had a cold one there is only like 30 people staying there on a permanent basis. Like I said...that is what we heard.
I enjoy the first part easy going as well as the scenery
Then I sort of get a bee up my bonnet en ek begin mielies gooi.....rustig eers.....ons gaan verby Tommy T en ek trek RatKas se oor.....
Nie lank daarna nie vang ek vir Justin hulle en toe is dit ek en Naude's........en wat 'n ride.
Ons het telkemale teen die einde van die trip om die vuur vir mekaar gevra "wat was jou highpoint" van die trip....en dit was seker amper myne.....maar ek kan nie nou al alles vertel nie.
Jy weet as dit een van daai rides is waar alles net in plek val....jy en die bike voel een....jy vat dalk kanse hier en daar maar jy maak nie foute nie en dit is net pure bliss! Bliksem dit was lekker tot bo.
Bo aangekom waai die wind een kakhou.....vreemde mense gesels met ons maar ek is so vol van die adrenalin ek kan nie onthou waaroor ons gesels het nie.
Stop uit die wind uit...gesels bietjie twak en so aan en begin afgaan aan die ander kant.
Laas toe ek hier verby is het ek die verkeerde kant gekies en Jup en Lyn moes so rukkie vir my wag
Awesome paai wat ons ry hier en ons gaan verby die spot wat Whale Kisser en Alta 'n plaas gekoop het. Ek grin lekker toe ek terug dink aan hoe ek daai GS se agter modder skerm met 'n boog oor die stroom in die veld gegooi het......net om hom weer te gaan moes haal omdat hulle 'n peekcha gehad het. :biggrin:
Op 'n staduim stop Justin om sy luggage vas te maak.......en dis waar ons stop.....
[flash=800,600]https://www.youtube.com/v/0O9eG5Jm-II[/flash]
Dwerg en RatKas pose vir peekchas....
Jup ek is amper seker die was ons lunch stop laas war jy vir die eerste keer vir my geleer het van picnic en padkos en daai tipe goete. Die keer is ek gegear...ons gaan ook sulke dinge doen op die trip....
Dwerg doen sy deel vir Laurues Sport for good Foundation en maak die locals spills met spins op sy baaik en so aan.
Ons kry 'n paar koues en laai "elke" bike behalwe Justin sin vol charcoal.....hy het alreeds nie plek nie.
Ons sleep en nou kom my sak charcoal ook los. Stop en dis hier wat 'n dronk versin bergie met Dwerg kom kak soek terwyl hy ewe rustig op sy bike sit. Ek kon nie die detail hoor nie....hy sal beter kan verduidelik.
Net hierna spot ek so groen vlakte en besluit om af te draai vir peekchas en 'n koue bier. Dis nou al 'n lang dag en mens raak moes moeg. Stem saam met IDR.....daai fotie is ook een van my favourites vir die trip.
Ons bel en sms vir oulaas voor ons in Lesotho ingaan en geniet die view.
Klim op en sleep weer. Ek gooi voor....ry lekker....groet die locals.....probeer die son uit my oge hou....toe kry ek so lekker surprise.....en dit is mos hoekom mens dit 'n surprise noem....want jy verwag dit glad nie.....dink RatKas het so paar merke in die saal.....
[flash=800,600]https://www.youtube.com/v/5J_U--CC8PM[/flash]
Phew....focus Danielson...focus....
Into Ongeluksnek......and here is me finking it is just a little hill......yeah right
One can see there was some water here...but nothing to worry about...yet
Getting lekker now......
Gelaaide bikes......en op die einde van die dag het ons net een en 'n halfsak gebruik me finks....want ek het die hele nag innie bosse rondgeloop en hout gesoek.............
Easy peasy deur die border post....en ons tune vir Justin hulle moet solank mielies gooi. Dwerg en IDR besluit dis 'n goeie tyd om gou vir oulaas 'n regte toilet te gebruik voor ons vanaand gaan stealth camp. Terwyl ek wag loer ek so oor die vlakte na die Nek en ek verbeel my doer ver lyk dit asof ek 'n agterlig van 'n bike sien. Nee fok...kannie wees nie....Justin hulle is alreeds 15 minute terug weg........
Anyhow....daar gaan ons en toe ek so om die draai teen 'n moerse afdraende afkom....loer ek so vlugtig na waarheen ons moet gaan bo teen die bult uit.....en jou wragtig....dit is Justin hulle. Die modder, rut en sakkende son het hom uitgevang en nou is hy stuck.
Ek kyk die storie so....en dis nou nog een moerse ent soontoe....so ek gaan nottamoer soontoe stap en weer terug nie. Lyk asof hy in die middel van die pad is maar ek reken ek kan verbykom.....gelyk grond soek en afstap om te gaan help.
Verbasend gaan ek redelik maklik verby...maar toe kry ek my les van 'n rut en die sakkende son. Ek ry met die voorwiel binne in die bleddie ding in.......en so halfpad oor die handlebars koop die Wortel grond. Kadwa!!
OK staan op.....alles voel OK.....kom ons tel gou die bike op dan gaan help ek. Norrafok......en ek het al baie swaar BOF's (GSA's) opgetel sonder moeite.
Die wiele le hoor as die bike en daar is net nie plek vir grip nie.
Ons het natuurlik gespot voor die trip.....dat oppad en terug....het ek en Dwerg die lekkerder bikes...maar as jy eers swaer gelaai is....en sulke goed doen in Lesotho.....is die KLR 'n beter masjien....ok tool dalk...masjien is nie noodwendig die regte woord nie.

eepwall:

ot:
Hy stop by Justin...help optel en hier kom hy verby.
Ons al 3 kry vir RatKas daar uit met 'n gesukkel. Ons check dat almal OK is en daar sleep hy en IDR.
Ek en Dwerg vat dit so bietjie rustiger en neem 'n peekcha of twee. Ek weetie van hom nie...maar ek is bietjie nervous oor wat voorle. Ons eindig saam op en die ander 2 henties gaan solank vooruit.
Elke switchback of obstacle sal die ou wat eerste deurgaan stop en die ander een laat verbykom en so tandem ons die Nek uit.
Baie naby aan bo.....en dis nou al amper donker en hentie koud....misgis ek my met 'n switcback en RatKas word heeltemal sideways gegooi. Ek etter darem nie neer nie...maar nou moet ek die baaik eers reguit kry....en dan so 30 meter terug recover voor ek weer genoeg momentum sal he om weer te try.
Ek hoor Dwerg van onder af kom en shame......hy het geen ander opsie as om te stop nie....op daai tegniese deel. Toe ek weer kyk....is hy en sy baaik sideways.....sorry ou.
Dit vat my so rukkie om RatKas daar uit te kry en op 'n staduim dink ek....ons gaan net hier kamp....fok dit. Ek gaan help baaik optel....kry ons asems terug en kap dit verder daar uit.
Ons is toe daar uit en IDR kies die lekker kamp spot en die res weet julle al.
Bliksem was ek bly om hulle te sien staan van hulle bikes af en cheering.....gedog dit gaan nooit eindig nie.
Ons slaan kamp op...steek vuur aan....en verkeer rustig. Soos met my vorige trip.....is alles eers klaar en opgeslaan as dit dit pikdonker is....en dit is nou maar Lesotho vir jou....so onthou ek dit.
Aandete vir konings....en daai pap en sous wat IDR en Theonette gebou het was amper een van die highlights vir my in terme van kos. Ek is al die laaste 2 aande de donner in vir myself oor ek nie 'n rib braai pack gekies het vir die bash nie...maar daar kry ek toe my ribs......legendary stuff. Serenity en nog meer.
Bliksem...wat 'n dag was dit nie.....en dit het net nog beter geraak van hier af. Goeie werk Justin en T teen die Nek uit.....ek weetie of ek dit met 'n pillion sou kon doen nie.
As jy lus is vir ‘n regte adventure gaan doen dit en kamp daarbo……dit is die shit. En ek verwys nie na ‘n plastic nie. Doen dit met 'n behoorlike en gelaaide baaik...trust me...jy sal nie spyt wees nie.