Goeie diens - Cable Solutions Van der Hoff weg PTA

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Ragbert

Race Dog
Joined
Apr 25, 2014
Messages
588
Reaction score
91
Location
Mountain View, Pretoria
Bike
BMW F650GS / Dakar
Gister middag breek die Dakie se koppelaar kabel net dus kant New road op die N1 noord. Lekker spits vekeer en als. Ry tot in die stad en daar staan die Dakie. Bel die noodbystand span (my vroutjie en die seuns) en hul kom doen die nodige met die sleepwa. Met al die BMW "raad" oor hoe duur die hadelaars is het ek nie eers dit oor weeg om by hul aan teklop nie. So kom ek op Cable Solutions af. Stop net na 7 daar vanoggend, die instelling maak eers 8 uur amptelik oop. Nou wag ek maar geduldig en so kom die manne wat daar werk aan en hulle begin die plek "oop te maak". Net voor 8 stap ek saam met hulle in en 'n gawe jong man se dit sal so 10 minute vat om nie nuwe kabel te maak. 10 Minute later betaal ek, met 'n lied in my hart, die R100-00 en groet. Dit was 'n paar minute na 8. 
Ry huis toe, installeer die kabel en is betydds vir my 9uur afspraak.
Die jong man was vriendelik, en die kabel pas perfek. Goeie diens, goeie prys en vlink daarby! Sal hulle defenetief weer gebruik en hul eenige tyd aanbeveel.
 
Top