Hallo WD's

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

YamaV

Race Dog
Joined
Aug 3, 2010
Messages
591
Reaction score
8
Bike
BMW F800GS
Hallo Wille Honde!

Ek hou al die forum vir 'n lang tyd dop en lees lekker aan al die trips en bike dinge.

Ek's 'n Yamaha fan en het seker 10 jaar terug 'n Yamaha Trail 175 (DT175 +-1975 model) gehad wat my oupa vir my gegee het.  Lekker rondgery op skool en 'n paar keer gaan staan met 'n clutch kabel wat snap of die ratte in die gearbox wat verkrummel het...en natuurlik daai 2 stroke reuk in jou klere. En oliekolle op my vriende se driveways..
Hy't omtrent presies so gelyk:
dt175_yamaha_trail.jpg


Die 175 is maar verkoop..dink vir R500 10 jaar terug..en daarna meestal my pa se bike geleen - BMW R1200C...en solo trips hier in die Wes Kaap gedoen. Net teerpad...ongelukkig.

Die afgelope paar jaar het ek 'n paar trips gedoen, saammet my pa en sy vriende. Swartberg pas, Prins Alfred pas, Sutherland.

My beste stukkie pad sover was tussen Merweville en Sutherland op 'n 650GS.

Ek mik om in die nabye toekoms 'n XT660R aan te skaf. 'n Bloue.  :drif:

Groete
 
Top