Hotwire, Reghardt en Derick se ompad 2013 EC Bash toe!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Aug 12, 2011
Messages
1,355
Reaction score
115
Location
Uitenhage
Bike
BMW R1200GS
Toe breuk die tyd aan vir 2013 EC BASH!!!

Myself, Reghardt en Derick besluit om n trippie ompad na die Bash te neem...

Ons vertrek om 12 uur vanaf Uitenhage na De Rust waar ons sou oornag...

Ons eerste Stop was op Joubertina waar ons gou n koppie koffie sluk en ook die fietse vol maak.

Daarna het ons deurgetrek tot op Uniondale waar ons n vinnige stop gemaak het by Swanze Gat Gastehuis en Drankwinkel, wat besit word deur n ou skool vriend van Oom Derick, Swannie!!!

Daar het ons gou n koue een geniet saam met Oom Swannie wat daar vir ons so in n “Nutshell”,
soos die engelsman sou se, sy lewens verhaal vertel van skooltyd tot nou...

Toe is dit tyd om die pad te vat na De Rust te neem voor dit donker sou word
 

Attachments

  • 002 (2).jpg
    002 (2).jpg
    178.1 KB
  • 002.jpg
    002.jpg
    107.7 KB
  • 003.jpg
    003.jpg
    81.7 KB
  • 001.jpg
    001.jpg
    77.8 KB
Aangekom in De Rust en daar was n Plekkie met die naam “Olivier’s Rust” waar ons sou Rus vir die nag... OK, ons het gerus nadat ons n heerlikke Burger en Skuifies vir aand ete gehad het wat gevolg het met daai goed wat nie Brieke het nie, Rikkie Louw, by Herrie se Plekkie!!!

Nadat hul vir ons gese het hul mag nie in die week na n sekere tyd nog drank verkoop nie, vra ons die vriendelikke Kroegsman om ons sommer n volle te verkoop asook die die goed wat jy nodig het om dit nog beter te laat smaak... Hy verkoop ons die goed teen sy aankoop prys en ons sit toe sommer daar en verder kuier sonder om Roekeloos te word. Daar het ons baie stories geruil en gelag. Daar kom toe n jong seun op sy ma se jeup uit, hy kan nog skaars praat, maar kan goed die geluid maak van n motorfiets...

Ek dink dit was ook die teken vir ons om huis toe te gaan, anders sou ons vriendelikke kroegsman
Seker maar ook in die moeilikheid kom...

Na die lekker gekuier het ons gaan slaap, wat eintlik baie vinnig gevoel het...
Seker maar die opgewondenheid...
Deur die nag het die reën nie net geval nie maar neer gebliksem, en dit is waar ons toe dog ons al maar net daar bly warem in die bed...
Toe klaar dit n bietjie op en ons besluit om “Herrie se Plekkie” se Brekkie te gaan probeer, want as hul Burgers so lekker was kon ons nie verkeerd gaan met hul brekkies nie... En inderdaad was dit ook uit die boonste rakke uit.
 

Attachments

  • 004.jpg
    004.jpg
    143.5 KB
  • 005.jpg
    005.jpg
    130.6 KB
  • 006 (2).JPG
    006 (2).JPG
    136 KB
  • 006.jpg
    006.jpg
    52.3 KB
Na ontbyt kon ons seker al die druppels tel wat val en besluit dit sal nou of nooit wees om Meiringspoort en Swartbergpas aan te pak.
Nadat ons die ysterperde opgesaal het en vol petrol gemaak het het dit seker heeltemal opgehou reën.
By die waterval in die Poort het dit weer erg begin reën waar ons amper besluit het om die Swartbergpas n “Skip” te gee vir n volgende trippie, maar terwyl ons so staan en besluit, steek daar in die verte n Son Straaltjie sy kop deur die dik gepakte wolke wat toe n teken is, ons gaan die Swartbergpas gaaan doen...
 

Attachments

  • 012.jpg
    012.jpg
    154 KB
  • 013.jpg
    013.jpg
    237.6 KB
  • 014 (2).JPG
    014 (2).JPG
    224.9 KB
  • 014 (3).JPG
    014 (3).JPG
    222.1 KB
  • 014.jpg
    014.jpg
    255 KB
Daar gekom en ek was so verbaas van hierdie mooi wêreld dat ek partykeer vergeet het om ook op die pad te konsentreer...

Daar is ons deur en ek my merkie gelos soos wat talle ander honde ook maar maak...
 

Attachments

  • 018 (2).JPG
    018 (2).JPG
    266.6 KB
  • 017.JPG
    017.JPG
    132.2 KB
  • 015.JPG
    015.JPG
    189.8 KB
  • 016.JPG
    016.JPG
    101 KB
Ons het daar in Oudtshoorn by “Jemima”  gestop vir middag ete waar ons vir Willie Esterhuizen van “Mollie en Wors” raak geloop het, maar hy was so eenkant en mens kon sien, die man soek nie van gepla word nie...

Na n paar keur se aanvraag van Melk Tert deur Derick deur die afgelope 2 dae het ons hier n stukkie vir hom bestel na ons wondelike mniddag ete.
Derick met Bobotie, Reghardt met Steak Burger en ek met Volstruist Steak Burger...

Daar was ook n ander paartjie wat daar gesit het en baie geintreseurd was in ons trip waar meer ons besig was, dat hy die eienaar van die plekkie gevra het om een van sy beste Sherry’s op hul rekening vir ons moet skink, wat n vriendelikke paartjie was dit...

 

Attachments

  • 018 (3).JPG
    018 (3).JPG
    257.6 KB
  • 018.jpg
    018.jpg
    205.8 KB
  • 019.jpg
    019.jpg
    85.6 KB
  • 020.jpg
    020.jpg
    201.4 KB
  • 021.jpg
    021.jpg
    180.7 KB
Nadat ons mae vol was het ons die fietse ook volgemaak en die pad gevat Baviaans toe waar ons Derick op Uitspan sou los by ook n goeie ou vriend van hom, Nico...
 

Attachments

  • 22.jpg
    22.jpg
    125.9 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    156 KB
Daarna met net minder as n driekwart uur se daglig oor moes ek en Reghardt ons pad vind na die Makkedaat Grotte. Daar was ons hartlik verwelkom deur n baie vriendelikke ou tannie wat ons baie vertel het in n kort rukkie.

Ons het sommer daar by haar n paar skaap tjoppies gegryp om gaar te maak op die kole.

Ons het toe daar in die Terreberg eenheid gebly nadat ons hom mis gery het die eerste keer en tot by die volgende hek gekom het en al die pad terug gery het om te sie dit was die heel eerste afdraai na regs...
 

Attachments

  • 026.jpg
    026.jpg
    232.1 KB
Vrydag oggend het ons ons pad gevind na Doornkloof waar ons ons eerste stop by die plekkie wat die ou tannie vir ons voorgestel het vir n baie lekker koppie koffie en Rooster Brood...

Van daar af het ons die volgende stop gemaak by Babes se Winkel vir iets koud. Dumpie coke en die laaste bietjie Rikkie Louw, van Herrie se Plekkie!!!

Daar het ons 2 Oos Londen Emgels manne gekry op BMW F800GS’e...
 

Attachments

  • 030.jpg
    030.jpg
    127.4 KB
  • 032.jpg
    032.jpg
    235.7 KB
  • 031.jpg
    031.jpg
    253.9 KB
  • 030.jpg
    030.jpg
    127.4 KB
  • 028.jpg
    028.jpg
    136.5 KB
Van daar het ons die verkeerde indraai na Doorkloof geneem. Ons het by die plaashuis uitgekom waar een van die werkers vir ons die pad verduidelik deur die erf na die Boskamp toe...

Voor ons tent opgeslaan het het ons eers Chris gaan groet waar hul nog besig was om reg te maak vir die 163 naweek klampers wat sou kom...

Ons het n Windhoekie gesoek en toe gaan soek ons n plekkie vir die tente uit die wind en reën uit...

So het daar meer en meer fietse opgedaag en meer en meer tente op “gepop”
 

Attachments

  • 033.JPG
    033.JPG
    205.7 KB
  • 034.JPG
    034.JPG
    210.3 KB
  • 035.JPG
    035.JPG
    228.2 KB
  • 036.JPG
    036.JPG
    223.8 KB
  • 037.JPG
    037.JPG
    256.6 KB
Weereens was dit n lekker bash, en weereens kan ons maar net dankie se vir Jupiter en almal wat hom gehelp het...

Vroer Saterdag middag het ek en Reghardt n call gemaak dat ons na Saterdag Aand se verrigtinge sou ons still= stil weg raak en die donker sou aanpak huis toe.
Knucklehead en Kaalvoet het ons hoor praat en besluit om ons te vergesel huis se kant toe.

Meeste mense se ons was mal om deur die nag te ry, maar ek dink nie een van ons sou dit wou anders doen nie. Al wat ek kan se dit was n regte Avontuur.
Al waaroor ek spuit is dat ons nie foto’s het van ons nag trippie nie...

Dit was donker en dit was koud(Zero Grade) hier van na Joubertina se wêreld...
 

Attachments

  • 039.jpg
    039.jpg
    222.3 KB
Lyk of julle drie manne vet pret gehad het  :thumleft:
Dankie! Ek het nou lekker saam gery.  :ricky:
 
Mooi RR chaps, Reghardt volgende keer bring jy jou pa saam.
 
Difflock said:
Mooi RR chaps, Reghardt volgende keer bring jy jou pa saam.

@Difflock ons werk al aan hom en sy broer om volgende jaar te kom...

Dit bly maar n lekker plek daai!
 
was lekker om met julel stoutgatte te kuier en huistoe ry.. :3some:
 
Hotwire said:
Difflock said:
Mooi RR chaps, Reghardt volgende keer bring jy jou pa saam.

@Difflock ons werk al aan hom en sy broer om volgende jaar te kom...

Dit bly maar n lekker plek daai!
Hotwire solank daar nie n PAS is sal die ou toppie kom, hy is bang vir hoogte vrees en dit is nie iets wat jy vir iemand kan verduidelik nie. Ek dink na die foto's is Pa Derick in!!!
 
Top