Amper Verneukpan toe...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die koek was die vorige aand al uitgehaal en weer in n vries gesit. So die volgende oggend was dit net nodig om gou weer klere en koue goed te pak.

Kuruman tot Kenhardt het redelik glad verloop met net een stop in Upington en toe weer die laaste volmaak in Kenhardt net so vir ingeval. Ek was nie lus om n ekstra kan diesel te ry nie en in alle eerlikheid sou dit nie onder normale omstandighede ook nie nodig wees nie.

View attachment 828053

In Kenhardt het ons n vinnige "trip down memory lane" gehad en my vrou het ons op n begeliede toer gevat van haar kinder dae. Ek dink die vreemste gedeelte van die deel was toe ek aan die kinders genoem het dat die strate ekstra breed gemaak was daai jare sodat n ossewa n gemaklike u-draai kon maak. Ten minste is dit hoe dit vir my verduidelik was.

Hierdie foto's is geneem buite die huis waar my vrou grootgeword het. Was nogal vreemd om sommer so in die strate te stop en mense wat loer, maar ook nie iets sê nie. Seker maar die GP registrasie. Ek is seker hulle sou ander dink sodra ek kans gekry het om iets te sê.

View attachment 828054

View attachment 828055
Oupa le Roux het jarre terug n garage op Kenhardt gehad. Maar dit was baie lank terug. 1930--1950 se kant. Ek wou nog altysd soontoe gaan om te gaan kyk. Dankie Willie.
 
Oupa le Roux het jarre terug n garage op Kenhardt gehad. Maar dit was baie lank terug. 1930--1950 se kant. Ek wou nog altysd soontoe gaan om te gaan kyk. Dankie Willie.
Ekt toe nooit kans gehad om my skoonpa te vra nie, maar twyfel of hy sal weet. Tog is Kenhardt nie n vreeslike groot dorp nie. As jy weer in SA is dan vat ek jou gou soontoe en dan gaan vra ons die een tannie met n gastehuis. Sy lyk of sy alles weet.
 
Lekker trippie, Willie!

Ek sal maklik 'n week of twee op so plaas kan deurbring. Die stilte en vrede is sekerlik hemels.

Maar ek sal vir seker my Zaar saamsleep om bietjie te verken en die stilte te verbreek.
 
Hel dit voel nou of ek self op die plaas gekuier het. Dankie vir die deel!
Darem het die bosse nie jou bakkie gekrap nie, maar vir n fooi kan ek gou uitkom en dit vir jou doen. Dink net aan die stories wat jy jou bure sal kan vertel :ROFLMAO:

Ek spot nou, maar toe ek in die Noordkaap grootgeword het was dit as n feit aan ons vertel dat mense in Gauteng werkswinkels het waar jy kan betaal om jou voertuig vol modder te spuit en om skrape en duike op te sit sodat dit lyk of jy met n vreeslike opwindende vakansie was.
 
Lekker trippie, Willie!

Ek sal maklik 'n week of twee op so plaas kan deurbring. Die stilte en vrede is sekerlik hemels.

Maar ek sal vir seker my Zaar saamsleep om bietjie te verken en die stilte te verbreek.
Ja, ek dink om n fietsie saam te vat sou ideaal wees. Beide die ou plaasbakkie en die plaasfiets staan stukkend daar vir maklik die laaste 30 jaar of meer al. So ons moes maar met my bakkie ry, maar die paaie is kol-kol so toegegroei dat die takke maar sal krap en ek was ook bekommerd oor die diesel filter se drade (diesel filter sit onder die passasiersitplek langs die chassis rail op die Isuzu).
 
Ekt toe nooit kans gehad om my skoonpa te vra nie, maar twyfel of hy sal weet. Tog is Kenhardt nie n vreeslike groot dorp nie. As jy weer in SA is dan vat ek jou gou soontoe en dan gaan vra ons die een tannie met n gastehuis. Sy lyk of sy alles weet.
Om eerlik te wees, ek is bang die mense KAN WEL die LE Roux's onthou. Ouma BEttie kon glo haar lighties met n klip van n bicycle afgooi, maak nie saak hoe vinnig hy gery het nie. En die seuns, ja nou wel.

Op die AVBOB se stoepe het hulle altyd geskryf Almal Vrek Behalwe Ou Beyers. Beyers was die AVBOB werker. Tot vandag verstaan die broers nie hoekom hulle daaroor gemoer is nie.
 
Dankie vir die moeite om julle trippie met ons te deel.

So plaas kuier'tjie is kos vir 'n mensse siel. Mens moet jouself so nou en dan uit die "beskawing"verwyder en net wegbreek na die stiltes en die leemtes om jou gemoed weer te "recharge".
 
As dit nie vir die tekort aan reen en jakkals se kind dan het daar seker nog mens in daai plaashuis gewoon.
Ek dink altyd terug aan hoe die lewe moes wees toe daai plaashuis en buite geboue gebou was. Rygoed was skaars items en dorpe ver uitmekaar.
 
Ek sal nie noodwendig se dat dit goed soos droogte was wat my skoonouers laat dorp toe trek het nie. My skoonpa het n ander werk in die landbou bedryf gehad waarvoor hy baie tyd op die pad moes spandeer. Dan wou hy nie vir skoonma en die kinders alleen op die plaas los nie.

Maar ek dink ook die begin jare van daai plaas moes interessant gewees het. Toe skoonpa die grond gekoop het (moes in die 70s gewees het) was daar n sement tenk aan die agterkant van die koppie (wat redelik vroeg al gebreek het), die klipkraal en n stoor tipe gebou. Die stoor het hy so met tyd in n huis omgeskakel deur aanvanklik eers net twee vertrekke te bou. Een vir slaap en een vir kombuis. Daarna het hy stadigaan met die ander vertrekke begin soos daar geld en tyd was. Op n stadium was daar selfs vertrekke wat net gate in die muur gehad het tot daar n geldjie was om n venster te koop en op die ou einde is daar n kombuis gebou van waar mens loop in n groot oop vertrek wat dien as sit- en eetkamer. Dan in die gangetjie af is daar drie kamers, die badkamer met stort en bad, en n aparte toilet. Vanuit die sitkamer kan mens by die voordeur uitloop op n groot leiklip stoep waar daar menigte nagte geslaap was om die hitte te ontsnap. Meeste van die goed sou hy met sy 1200 Datsun moes aanry van die dorp af en as ek reg onthou is meeste van die kaste deur sy pa self gebou.
 
That was a quick trip, took me long to read cos its in duits, maar ek het nog steeds lekker saam gery.
Seems so far to drive for such a short visit. Hope you guys get to stay for at least a week next time,
Dankie vir die deel
 
Proper insanity if you take the cost and travel time into consideration, but we did it for the boys. I hope they will at least remember the positive bits of the trip.
 
Proper insanity if you take the cost and travel time into consideration, but we did it for the boys. I hope they will at least remember the positive bits of the trip.
Those kind of trips will be imprinted in their minds till they die, I still remember certain trips that I did with my family when I was around their age.
 
Was ons vorige besoek nie ook te kort gewees nie?
Ek kry sommer heimwee, Willie julle moet ons asb weer saam nooi, ons het net ander dag gepraat van daai lekker rustige naweek wat daar gehad het.

Ons was nie ver van jul die naweek nie, het Saterdag middag n worsie saam Philip hul gebraai by Putsonderwater, gekamp by Transboegoe.

Dankie vir die deel!
 
Ek verbeel my ons was laasker twee nagte daar gewees, maar ek onthou nie veel anders as tafel tennis speel terwyl die sweet soos n waterval loop nie.

Het nogal met my vrou gespot en gesê ons moet sommer weer Putsonderwater langs terug Kuruman toe, maar eerder daarteen besluit sodat ons by ons ander verantwoordelikhede kon uitkom. Amper kom braai ons toe saam.

Hierdie is van daardie keer se besoek wat julle met die blou GS saam is.

Op die pan
20140104_170748.jpg

En oppad Putsonderwater toe
20140105_113630.jpg
 
Wat was jou bakkie se diesel verbruik op daai spoed?

Is toe slegter as wat ek gedink het.

1681468215292.png

GPS en die bakkie se km lesing verskil so effens op die afstand ook. Daai 10.2km/l is oppad terug vanaf Upington Kuruman toe. Teen 115km/h op die GPS met die effenste windjie van voor af. Die bakkie voel dit nie sommer nie, maar wys dit maklik. Ek soek maar altyd na windpompe in die veld om n idee te kry vir wind op die pad. Soms wys die gras en bome niks wind nie, dan spin die windpompe sommer lekker.

Die 12 was tussen Centurion en Coligny en dieselfde weer van Coligny terug na Centurion. Vermoedelik oor die dele nader aan Krugersdorp waar mens slegs 100km/h of minder kan ry.

Goedkoopste diesel is in Coligny teen R21.50/L by die Total soos mens Lichtenburg se kant toe uitry net na waar mens op die t-aansluiting moet afdraai Delareyville se kant toe. Maar moet nou nie almal op een slag daarheen gaan nie, dit is een van die rustigste stopplekke tans op die N14 en die badkamers is mooi skoon.

Sou nou weet ek sommer ook waar al my geld heen is.
 
Brandstof raak/is nou n kwessie as mens n draai wil ry.😢

Frannarossi koop vir n hom n laer kilo Ranger 3.2. Met die eerste vol maak besef hy die bakkie het n ekstra tenk in toe die pomp R2500 verby hardloop. :oops: Die verkoopsman het hom nie vertel van die ekstra tenk.
 
Ja, daai kan groot skok wees. As dit my bakkie was sou ek maar soos nou, elke week volmaak of hy nou leeg is of nie. Dit kos op die ou einde dieselfde, maar die pyn is effe minder.
 
Top