Namakwalander
Grey Hound
Dinge gaan nie altyd soos n mens beplan nie en meeste van die tyd is daar ook nie noodwendig geld of tyd vir pret en plesier nie, maar toe die effenste geleentheid weer opkom het ek en die vrou besluit ons gaan wys vir die kinders (en die honde) Oupa se plaas.
Nou net as n tipe vrywaring; die plaas is my skoonpa sn en my vrou is die een wat op die plaas grootgeword het. Ek is nie iemand wat na myself verwys as a "boer" of "boerseun" nie. Ek is n myner. En dalk is ek eerder deesdae n stadsjapie, maar my naam is ook nie Japie nie.
So wat pak n mens? Wel, die plaas het nie elektrisiteit of selfoon opvangs nie of enige sulke klas dinge nie. Water is ook skaars in die omgewing. So met die wat mense so ver uitmekaar woon daar, pak ek toe maar flitse, braai hout, baie vuurhoutjies, genoeg water en gereedskap in. Lyk amper gereed, of hoe?
So hoe nou gemaak met die res van die spasie? Wel, daar het n groot koek ingegaan wat in drie aparte stukke verpak en gevries was en in n groot boks gekom het met handoeke en ys blokke om dit te beskerm van die pad se hitte (meer oor hierdie later). Dan natuurlik klere en n koelhouertjie.
Die eerste been van die uitstappie het eers Donderdag na werk begin. Ek was die week af met siekverlof, maar het darem beter gevoel teen die namiddag. Ten minste, my vrou het gesê ek voel beter. Die bakkie was vinnig gepak en kinders en honde ingebondel en vasgemaak. n Laaste draai is om die huis geloop, n klein gebedjie opgesê en die sleutel is gedraai en daar gaat ons.
Die plan van die eerste dag was om die eerste 550km so gou moontlik agter die rug te kry. Ek is nie een vir jaag nie, so dit beteken gereelde, maar effektiewe stoppe. Wanneer ons stilhou vat Ma die seuns om n draai te loop. Ek gooi net diesel op een van die stoppe, maar andersins sit ek die honde se leibande aan en vat gou my twee tewe vir n bene rek en sit darem n bakkie water uit as hulle sou dors wees.
Terloops, Google Maps reken die pad vat net so duskant ses ure, maar in werklikheid is dit nader aan sewe ure met al die lorries en stoppe en dinge.
Laat aand by ons bestemming uitgekom waar daar vir ons n bord warm kos gewag het. Lekker geeet, vinnig gesels, gewas en bed toe sodat ons die volgende oggend weer vroeg uit die vere kon wees.