Nie ver vanaf Riversdal aan die noordekant van die Langeberge is daar n paadjie wat ek van tyd tot tyd ry en
geniet. Daar is net een plaas en by die arbeidershuise is daar twee hekke. Een net voor en een net na.
Johantjie is gewoonlik die gewillige hekoopmaker by albei. Weet van als op die plaas as jy hom vra.
Laaste keer wat ek daardeur is noem sy pa aan my dat hy volgende jaar skool toe gaan in Van Wyksdorp.
Hy gaan inwoon by sy tannie.
Ek en MissesL besluit ons gaan hom ietsie gee vir die skooltoeganery.
Ek besluit om teer te gooi na Riversdal want ek het laat geslaap. Net 3 kilos op teer toe is ek gatvol van al die karre.
Klim op die naaste grondpad Riversdal toe.
GouKou rivier laagwaterbrug.
Maak vol in Riversdal en speel bietjie deur die draaie in Garciapas..Ek probeer my altyd inhou
Die ou Tolhuis in Garciapas.
Dis nou n smart plaasingang.
Draai af op die Brandrivierpad wat deurloop Barrydale toe.
Die pad in die verte is die een wat ek gaan ry.
Na 10 of meer kilos draai ek af op die pad na waar Johantjie woon. By die eerste hek voel ek dit is klaar warm.
Pragtige vallei oppad na die plaas.
Hierdie water kom uit die Langeberge.
En die mannetjie is by die huis om sy boeksak te ontvang!!
Nuwe boeksak vol inkleurkryte en tekenboeke.
Dorsland hierdie een het ek spesiaal vir jou geneem. Ek dink jy sal van hierdie plaas hou.
Dit begin stinkwarm word.
Daar is nog so n paar hekke om oop te maak. Ek sukkel al heeldag met my ryery.Voel heeltyd of ek met iemand
anders se fiets se ry!! :biggrin:
Kan een van die "klipdokters" vir ons sê hoekom hierdie klip sulke strepe in het?
Vandag was die stadigste wat ek nog ooit hierdeur gery het. Seker die hitte.
Ek sak af na die Miertjieskraaldam.
Vir die eerste keer vandat ek die pad ry is die hek na die dam oop!!
Nie n baie groot dam nie maar hy gee water vir n paar plase wat dit baie goed gebruik.
Soms is hy heeltemal leeg as dit nie goed gereen het.
Sluis is so effe oop om water deur te laat vir die leibeurt.
Ek is nie lief vir trappe nie dus sal ek hierdie stel kom aandruf in die winter wanneer dit koeler is.
Daar waai n koel luggie oor die water en ek rus in die skaduwee en drink bietjie water.
Ek kan voel die hekoopmakery het my bene moeg gemaak. En die hitte het ook gehelp. Dis nou al n
jaar dat ek voel my regterbeen raak al hoe swakker en dit beinvloed my ryery en lopery. Dus as ek alleen ry
is ek ekstra versigtig en vandag ook, maar met die terugstootery haak my regtervoet agter n klip en ek bliksem neer
soos n BOF ja n blok woonstelle. Fiets land natuurlik op een van my tone soos gewoonlik!!! :biggrin:
En ook lê hy bultaf!!! :biggrin:
O ja ek het vergeet om te sê dis stinkwarm!!
Nou ja met my swak rug en bene is dit onmoontlik om my fiets op te tel. Ek twyfel of ek eens n 250 kan optel.
Dus moet mens n plan maak as jy so hardkoppg soos ek is om nog te wil bike ry!!
My eie winch. Nou weet almal wat ry ek saam in die blou pyp agterop my fiets. Twintig minute later toe staan hy weer.
Ek tel die fiets so 85% op met die kontrapsie en die res kan ek darem doen.
Ek besluit ek wil nou by koelte kom en glip weer deur Garciapas. Net buite Riversdal draai ek af op grond en oor die GouKourivier weereens.
Oppad na Jongensfontein.
Die wind waai lekker daar en dis heerlik koel.
Ek ry Stilbaai toe en dieselfde wind waai daar. Plek is vol van die vakansiegangers.
Dit was n gawe trippie behalwe vir die seer toon wat nounog pyn!! :eek7:
Dankie vir die saamry :thumleft: