Koës and beyond 2016

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Crankshaft said:
Lekker ride report.

Lyk of daar minder bikes was as verlede jaar.

Ken ook daai ou oom met die camper by Ais Ais. Het hom verlede jaar ook daar gekry en ook die vorige jaar. Is van Malmesbury se wereld.

Weskus, bly om sien jy het die Kapenaars se naam hoog gehou😆😆😆😆
Ja onthou jul het verlede jaar oppad Koës toe langs oom Marius gekamp.. hy sê hy gaan bietjie Noord van daar en sy enigste plan is om einde Augustus by die vleisfees op Calvinia terug te wees, miskien eendag as ek groot is, maar weet nie of ek so lank op een plek sal kan bly nie..
 
My bike se engine is nog louwarm en my goed staan nog in die gang en ek verlang alreeds na die lang paaie en kuier om n kameeldoringvuur!!
Ek is bly jy kon die Koës Bazaar meemaak Nimmo. :thumleft: Dit is n basaar want daar was pannekoek. :deal: :lol8:
 
Mooi ride report en fotos! Was nog nooit daar nie, sal moet plan maak  :thumleft: :thumleft:
 
Flippen nice report Jean :thumleft: Volgende jaar gaan ek saam
 
weskus said:
Ok, gou 4 goedjies:

-Julle drink te min (die kelders moet leeg wat van die arme boere?)
-Julle begin te laat soggens
-Julle stop te laat saans
-en jy het die enigste mooier bike as ek op die trip gehad :imaposer:

Wil jou darem net sê Nimmo, was nie regtig 'n barfight nie want dit kom van 2 kante af en ons het basies net ontvang(was beter so) en ek maak 'n papwiel vinniger as julle reg maar ek was te bang om aan die goedjies te vat, maar as ek ooit eendag 'n bike by jou kan koop sal ek... was lekker dankie vir die saamry. Nou moet jy net jou BMW maniere los, en tot bo-op die duin ry, jy kan nou..

Jy het dan self gesien hoe styf is daai sprocket nog in  :pot: - en wat papwiele betref het ek al geleer hoe haastiger jy is hoe langer sit jy daar  :peepwall:
Ek moet sê is my eerste werklike sand met die 990 en is baie tevrede  ;D ;D ;D

Ek is ma so bietjie presies op meganiese goed  :lamer: - ek vat dit dan as 'n kompliment  ;)
 
weskus said:
Crankshaft said:
Lekker ride report.

Lyk of daar minder bikes was as verlede jaar.

Ken ook daai ou oom met die camper by Ais Ais. Het hom verlede jaar ook daar gekry en ook die vorige jaar. Is van Malmesbury se wereld.

Weskus, bly om sien jy het die Kapenaars se naam hoog gehou😆😆😆😆
Ja onthou jul het verlede jaar oppad Koës toe langs oom Marius gekamp.. hy sê hy gaan bietjie Noord van daar en sy enigste plan is om einde Augustus by die vleisfees op Calvinia terug te wees, miskien eendag as ek groot is, maar weet nie of ek so lank op een plek sal kan bly nie..

Lekker man. Ja nee kyk en dis net hy en die tannie...

Moes toe nou ongelukkig die jaar die rally mis maar sal hom graag weer volgende jaar wil doen. Die mense wat nog nie daar was nie, sal nie weet waaroor dit gaan en wat hulle mis nie
 

Latest posts

Top