Kuslangs na die WC Bash

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,107
Reaction score
296
Bike
BMW R1200GS Adventure
Vrydagoggend  half 7 die wiele laat rol. Vir Loutjie en Sorsie op Worshonddorp gekry en koers gekies Weskus toe . Sorsie het weer n paar paadjies uitgesnuffel gekry en sommer gou was ons af van die teer . Lekker stukkie daar deur Bokomo se gronde . Op Darling wou Sorsie gou stop by n pop en ek en Loutjie rook toe maar n sigaretjie . Blykbaar het dit vir Sorsie met genoeg tyd gelaat vir wat hy ookal in gedagte gehad het . Op Yzerfontein aangekom , ja glo dit of nie , vir die eerste keer in my lewe . Defnitief een van my gunstelinge van al die plekke wat ons met hierdie trip gesien het .
 

Attachments

  • WC bash 2013 (2).jpg
    WC bash 2013 (2).jpg
    139.3 KB
  • WC bash 2013 (3).jpg
    WC bash 2013 (3).jpg
    140.2 KB
  • WC bash 2013 (4).jpg
    WC bash 2013 (4).jpg
    154.4 KB
  • WC bash 2013 (5).jpg
    WC bash 2013 (5).jpg
    159.3 KB
  • WC bash 2013 (7).jpg
    WC bash 2013 (7).jpg
    132.1 KB
  • WC bash 2013 (9).jpg
    WC bash 2013 (9).jpg
    134.1 KB
  • WC bash 2013 (8).jpg
    WC bash 2013 (8).jpg
    135.9 KB
  • WC bash 2013 (1).jpg
    WC bash 2013 (1).jpg
    151.4 KB
Na n lekker brekkie daar by die Beaches resturant kies ons weer koers , volgende Langebaan , Saldanha en Jacobsbaai . Langebaan is nie soos ek hom onthou van 25 jaar gelede nie , mens kan dit seker ook verstaan . Die plek het te veel naweekgangers en die paaie is verstop . Ek het darem n paar goeie herinneringe  gekry , ek wil nou nie my ouderdom weggee nie , maar die Hotel wat ek onthou was daar reg langs die vlootbasis , dis nou parkeraad se gebou. Vrydagaand om die braaivleisvuur kon Riebeeker en sy vrou my reghelp en nog n paar name opgedelf  soos The  Tropics en Big Bunny uit daai jare .

Toe's dit weer in die pad , verby Mykonos , deur Saldanha na Jacobsbaai . Ons stop by die opgekapte vliegveldtjie langs Jacobsbaai en dadelik wil ek die storie daaragter uitvind . Toevallig toe ons weer ry stop ek by n afgetrede oom van die area langs die pad en hy vertel my toe die hele storie . Blykbaar , n inwoner van Jacobsbaai wat keelvol geraak het vir al die diefstal in die area . Die plunderaars het die teerbaan as ontsnaproete gebruik na Saldanha se goedkoop behuising area . Hy vat toe n diggerloader en grawe elke 50 meter n sloot dwars oor die hele baan . Klink my , as ek die oom so luister , dan is die manne nog niks lekker vir mekaar oor die besigheid nie .
 

Attachments

  • WC bash 2013 (12).jpg
    WC bash 2013 (12).jpg
    146.6 KB
  • WC bash 2013 (19).jpg
    WC bash 2013 (19).jpg
    143.7 KB
  • WC bash 2013 (18).jpg
    WC bash 2013 (18).jpg
    132.5 KB
  • WC bash 2013 (15).jpg
    WC bash 2013 (15).jpg
    124.1 KB
  • WC bash 2013 (17).jpg
    WC bash 2013 (17).jpg
    138.2 KB
  • WC bash 2013 (13).jpg
    WC bash 2013 (13).jpg
    135.3 KB
  • WC bash 2013 (11).jpg
    WC bash 2013 (11).jpg
    109.6 KB
  • WC bash 2013 (10).jpg
    WC bash 2013 (10).jpg
    134.4 KB
Fenderbender said:
Na n lekker brekkie daar by die Beaches resturant kies ons weer koers , volgende Langebaan , Saldanha en Jacobsbaai . Langebaan is nie soos ek hom onthou van 25 jaar gelede nie , mens kan dit seker ook verstaan . Die plek het te veel naweekgangers en die paaie is verstop . Ek het darem n paar goeie herinneringe  gekry , ek wil nou nie my ouderdom weggee nie , maar die Hotel wat ek onthou was daar reg langs die vlootbasis , dis nou parkeraad se gebou.
Ons het Vrydae lekker gaan dans by daai hotel toe ek in die Lugmag was en diensplig daar gedoen het. '85 - '87
Saterdae was ons weer by die Paternoster Hotel. ;)
 
Volgende op ons roete was Tietiesbaai , Paternoster, Velddrif , Dwarskersbos , Elandsbaai. Dis n groot jammerte dat parkeraad glad nie meer fietse  toelaat  by Tietiesbaai nie , so ons moes toe maar stert tussen die bene omdraai by die hek .  Paternoster is ook n plek wat al heelwat van sy karakter verloor het met die jare . Ek verstaan nou ook hoekom die manne sê mens moet jou goedjies maar mooi oppas as jy hier naweek hou . Velddrif het so lekker ou klankie aan hom gehad en ons het maar aangestoot .  Op Elandsbaai gestop vir n lekker koue een by die Mosselpot . Myne was gratis , komplemente van die eienaar , om redes waaroor ek nou nie baie wil uitbrei nie . Kom ons sê maar net dat Elandsbaai wel n polisiestasie het en dat hy reg oorkant die Mosselpot resturant sit .  ;)

Na Elands toe trek ons die scooters weer binneland se kant toe om met oorgenoeg daglig nog by Jamaka aan te land en kamp op te slaan . Als en als , so 540 km vir die dag , oorgenoeg om n man wat n HP2 ry , se gat ordentlik seer te maak .
 

Attachments

  • WC bash 2013 (24).jpg
    WC bash 2013 (24).jpg
    181.4 KB
  • WC bash 2013 (30).jpg
    WC bash 2013 (30).jpg
    173.9 KB
  • WC bash 2013 (28).jpg
    WC bash 2013 (28).jpg
    139.4 KB
  • WC bash 2013 (27).jpg
    WC bash 2013 (27).jpg
    155.1 KB
  • WC bash 2013 (26).jpg
    WC bash 2013 (26).jpg
    126.9 KB
  • WC bash 2013 (23).jpg
    WC bash 2013 (23).jpg
    134.9 KB
  • WC bash 2013 (22).jpg
    WC bash 2013 (22).jpg
    160.7 KB
  • WC bash 2013 (21).jpg
    WC bash 2013 (21).jpg
    129.6 KB
  • WC bash 2013 (25).jpg
    WC bash 2013 (25).jpg
    86.1 KB
Lekker afstand gedoen!
Ek hoop volgende jaar se bash is nie weer oor a skool langnaweek!
Sou bitter graag die een wou meemaak, maar moes ook aan die gesin dink!
Louwtjie, is dit die kamera hoek of leun jou GS net soos my HP op die side stand?
Mapsource weet hoe om Adventure te laai! Ook mos altyd reg met gereedskap om ander se puncture reg te maak!
Sien ek julle by River Rally?
 
DAG 2
Na n lekker kuiersessie Vrydagaand en jouwraggies nog WD,s te ontmoet , het party manne meer as een koppie koffie nodig gehad om aan die gang te kom Sat. oggend . Maar ons was darem weer so teen 9 uur weer op die scooters . Koers , Lambertsbaai . Daar gekom , wag die Vredendal manne al vir ons met n liquidbrekvissie sommer so op die strand . Weskus en Bob gooi kole op na Doringbaai se kante en ons volg . Vandaar af ry die manne pan toe , party teerpad en party 2 spoor langs . Weskus , Bob en Deon het gekook op daai 2spoor en dit was n prentjie om hulle te sien en hoor so op die horison van die pan se kant af . Ongelukkig is die pan nie eintlik rybaar nie , daar lê so lekker snotlagie bo op wat dit bietjie moeilik maak . Maar ons het darem probeer , soos  die foto van Deon  getuig .



 

Attachments

  • WC bash 2013 (44).jpg
    WC bash 2013 (44).jpg
    154.5 KB
  • WC bash 2013 (49).jpg
    WC bash 2013 (49).jpg
    166.7 KB
  • WC bash 2013 (48).jpg
    WC bash 2013 (48).jpg
    139.4 KB
  • WC bash 2013 (47).jpg
    WC bash 2013 (47).jpg
    148.8 KB
  • WC bash 2013 (43).jpg
    WC bash 2013 (43).jpg
    166.6 KB
  • WC bash 2013 (42).jpg
    WC bash 2013 (42).jpg
    131.4 KB
  • WC bash 2013 (36).jpg
    WC bash 2013 (36).jpg
    197.8 KB
  • WC bash 2013 (34).jpg
    WC bash 2013 (34).jpg
    151.1 KB
  • WC bash 2013 (32).jpg
    WC bash 2013 (32).jpg
    137.4 KB
  • WC bash 2013 (31).jpg
    WC bash 2013 (31).jpg
    143.2 KB
Toe,s dit weer Cederberge toe via Brand se Berg , terug na Jamaka .  Vreeslike lekker kuier en spitbraai het gevolg om die naweek mee af te sluit . Dankie Riebeeker en kie vir al die reelings by die Bash.
 

Attachments

  • WC bash 2013 (52).jpg
    WC bash 2013 (52).jpg
    169.5 KB
  • WC bash 2013 (55).jpg
    WC bash 2013 (55).jpg
    160 KB
  • WC bash 2013 (57).jpg
    WC bash 2013 (57).jpg
    182.1 KB
  • WC bash 2013 (58).jpg
    WC bash 2013 (58).jpg
    196.1 KB
Lekker ou Fendie.Nou't ek van voor af ani lag geraak oor ou Dewald se bike wat so wit rook uitblaas :laughing4:
 
:imaposer:  :imaposer: :imaposer: Jinne Franni, was lekker om weer n slag saam te kuier . Kom ons kyk of ons hier iewers in April daar by julle n draai kan kom gooi by Vanwyksdorp .
 
Ek wonder nog altyd wat hierna gebeur het, die bikes is uit die kamp uit so rev rev en toe raak dit stil, so tydtjie later start daar weer n 990 en die persoon ry verder (Weskus) toe.
 

Latest posts

Top