Dag 2: 22 Junie 2013
Begin: Tati River Lodge, Francistown, Botswana (1010m bo seespieël)
Eindig: 50km North of Nata, Botswana (938m bo seespieël)
Afstand: 247km
Verblyf: Elephant Sands Camping (S 19° 44' 56.65 E 26° 04' 16.30)
Ons staan op die volgende oggend op ons eie tyd aangesien ons nie ver het om te ry nie. Die plan is om te ry tot by Nata lodge wat omtrent so 178km van ons af is. Nadat ons die breakfast buffet goed benut het gaan betaal ons die vorige aand se tab en val in die pad na Nata toe.
Nata Lodge
Die vorige aand het die musiek aangehou tot so na 2am en als val toe in plek toe ons hierdie bord sien. DJ Rambo was op sy stukke gewees.
Ons daag toe by Nata lodge op vroeer as wat ons gedink het ons sou.
Ons het 2 opsies.
Of ons sit heeldag en drink bier langs die swembad wat vol Canadese NGO girls is en gaan vir 'n sunset cruise na die panne toe of ons gaan self met die bikes na die panne toe en druk verder aan na Elephant Sands toe. Twee biere later besluit ons vir opsie nommer twee en skiet na die panne toe. Dit maak dan môre se ry nog korter en ons behoort wild daar te sien.
Die park fooie word betaal en ons skyf aan.
Die panne is so +/- 10km se ry van die teerpad af en nogals nice om te sien. Ek sal net nie my dag om dit beplan nie. Toe ons daar kom, lê die panne vol water so die Flamingos was nie te siene nie.
Hier het Japie sy kamera vergeet, maar dit het ons ook eers 'n paar ure later besef. Vir die res van die trip het ons 1 kamera en twee GoPros.
Tyd om weer in die pad te val en by Elephant Sands uit te kom. Dis altyd lekker om die tente op te hê en die eerste koue te knak voor die son sak.
Dis mos die tipe padtekens wat 'n mens wil sien
Om by Elephant Sands uit te kom moet jy so ongeveer 3km op 'n kronkelpad van dik sand deur ry. Ongelukig het ons niks fotos daarvan nie, maar baie clips wat later gepost sal word. Die 1200GS was natuurlik donners swaar gewees deur die sand en ons kon vir Berno hoor hyg soos 'n pornstar wat sy beste gee oor die Sena.
Om die volgende draai is dit wat vir ons wag... 'n Trop olifante wat water drink
Ons ry om, park die bikes en stap dadelik nader na die olifante toe.
Weer tyd vir 'n paar koues terwyl die olifante agter by hulle water gat staan vir iets ligs.
Ons gaan slaan solank ons tente op en trek die bike gear uit na 'n warm, geswete stryd met die sand vroeër.
Daar is nou maar net vir my min goed so mooi soos om jou eie fiets te sien staan langs jou tent iewers
Terug by die watergat vir nog 'n paar koue biere en daar kom toe 'n mooi kudu bul uit die bos om te kom water drink
Hierdie outjie het 'n paar van die kampeerders bietjie kom skrik maak
Dit was 'n lekker dag en die trip begin nou eers voel of dit begin het. Rustig by die vuur sit ons en kyk hoe kom die maan op met sonsondergang.
Die bier raak toe later rum en ons besluit ons gaan van die buffet eet die aand ipv om blikkies kos te maak. Die buffet was uitstekend gewees en daar was meer as genoeg vir almal. Dis toe die eerste aand wat ons op die ribz stretchers slaap, wat gesorg het vir min slaap. Vir daai hoeveelheid geld het ek verwag om op 'n wolk te slaap. Ons het later in die trip gewoond geraak aan dit en hulle slaap dan redelik goed.
Daardie nag val die temperatuur tot onder vriespunt en Berno en Japie se klein, ligte slaapsakke het nie heeltemal die mas opgekom nie. Ek het net weer besef hoe belangrik dit is om 'n ordentlike slaapsak te hê.