Low budget Trail ride in geelhoutboom waar ek my gat gesien het!!!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

cassiebotha

Race Dog
Joined
Nov 17, 2009
Messages
1,265
Reaction score
0
Location
George
Bike
Kawasaki KLX 400SR
Full story on www.cassierides.blogspot.com


Wel Dit is Sondag. Dit is George en ons sit en kyk wat die weer gaan maak. Die ander mense soos Trailrider, Dusy, Dr Dirt, Gryth en oom Andre het moerse groot buddgets en is ongelooflik ryk het gaan kamp by oudshoorn by die African Twin byeenkoms. Ek het by ouers geld geleen vir vorige kuier en die naweek was die kraan toegedraai. So terug na my Studente jare het ek besluit om 'n low budget trip te maak. Saterdag het ek en my een pel Dirk met die bikes gery na Heroldsbaai toe waar ons verbrand het in 38 Grade Celcuis. Wel op hierdie roete het ek baie p en d woorde gebruik omdat dit so 'n eduro moeilike roete was. Ek het nog nie sulke opdraandes en aftraandes beleef nie. Opdraandes waar jou voorwiel in die lug in slaan en jou agtergat dwars en weerderkante links en regs swaai!!!

Ek het na die Heroldsbaai trip by Marius gestop en gevra of hulle bietjie wil gaan bike ry daar rondom Geelhoutboom. Tot my verbasing het hulle pelle genooi om ook saam te ry.

Wel die dag het aangebreek en ons is reg om te ry. Ek het sondag oggend so 8 uur by Marius aangekom en toe ek daar aankom was hulle nog besig om Jaco wat saam met my en Marius gaan ry se agterbriek reg te maak


100_2557.jpg

Hierso staan Marius om Jaco met sy agterbriek te help. Maar 'n paar minute later het Jaco besluit om sonder sy agterbrieke te ry. Die ou ry soos 'n motorcross kampioen sonder enige agterbrieke. Tiaan in die agtergrond het Bombardier quad maar hy het die weer gesien aankom en wou nie sy bike by sy plaas gaan haal het nie.

100_2560.jpg

Hierso neem ek 'n foto van die weer wat aankom en dit was 'n goeie motiverings middel om so gou as moontlik in die pad in te val

Wel ons vat toe die Geelhoutboom roete en ek dog dit gaan maar boring roete wees. Toe besluit Marius om regs af te draai na die plaas roete wat loop tot by die berg. En hierso begin die trail roete toe.

100_2561.jpg

Hierso is die bikes wat saam om die trip gaan. Altwee Scramblers is opgebou uit verskillende bike parte wat Marius en Jaco bymekaar geskraap het

100_2563.jpg

Hierso is 'n voorbeeld van die tipe roete wat ons moes ry die hele trip

100_2566.jpg

100_2567.jpg

100_2568.jpg

100_2569.jpg


Soos al die fotos wys was ons eerste pitstop "ek weet nie waar nie" maar daar was 'n plaas dam gewees. Jaco het so acrobaties gery met sy bike dat hy sy eksoausse pyp heeltamal afgebreek het. Ek het net geduck en gedive oor al die klippe. Maruis was toe so opgewonde dat hy besluit het om nog pelle met quads te bel om in te join met die ryery. Toe begin die lekker reen

100_2570.jpg

100_2571.jpg


Hierso is ons in die middel van nerens. Dit reen katte en brakke en al wat ons kan sien is ons is teen die berg en onder 'n krag draad
100_2573.jpg

100_2574.jpg


Toe die finale afdraande kom toe sien ek my gat en beland in 'n moerse sloot. Die bike val op sy kant en ek beplan toe blitsig om in die gat te val eerder as op die grond. Vir die eerste keer het ek waardering gekry vir my klein bike. Hy het soos 'n droom gery op die paaie
100_2579.jpg

Gelukkig geen breke nie en ons ry toe verder

100_2575.jpg

100_2576.jpg

Dis die tipe paaie wat ons kan ry vir kilometers en kilometers. Maar die reen gooi toe ons planne in die wiele en ons keer toe huiswaarts. Wat 'n aangename trippie gewees. Vir die eerste keer was ek beindruk met my klein bike
 
Lekker RR Cassie, maar my fok ou jy maak my gril elke keer as ek jou sien in daai ATTGAT van jou  :eek7:

Jy gaan blerrie seer kry  :deal:

Stel die datums op jou kamera reg  :thumleft:
 
Ek stem saam Smithey, miskien moet ons almal begin in chip en vir Cassie begin sponser
 
Smithey ek moet vir jou die roete kom wys. Kom ons vat vrydag bietjie middag af dan ry ons gou die roete voor friday drinks.  Jy sal daarvan hou..

Kortseun ek gaan die week wat kom Motocross skoene kyk en experimenteer om te sien of ek lekker gaan kan ry.  "n langbroek is te warm so ek sal knie protectors kry.  In fact het ek erens knie protectors gehad ek moet dit net soek
 
cassiebotha said:
Smithey ek moet vir jou die roete kom wys. Kom ons vat vrydag bietjie middag af dan ry ons gou die roete voor friday drinks.  Jy sal daarvan hou..

Kortseun ek gaan die week wat kom Motocross skoene kyk en experimenteer om te sien of ek lekker gaan kan ry.  "n langbroek is te warm so ek sal knie protectors kry.  In fact het ek erens knie protectors gehad ek moet dit net soek

As ek my fiets se sprokets en ketang kry die week kan ons kuik na 'n vrydag middag se trippie. Hoe lank is die roete ?



 
so uur as ons dieselfde roete ry.  ons moes natuurlik omdraai want dit het begin reen.  ons het omgedraai by die foto waar die kragpaal was.  in die agtergrond gaan die pad nog langer aan.  but it's still a mistery futher wat ek nog wil gaan uit check.  Ek weet nie of johann die pad verder ken nie.  ek sal hom vra as hy terug is in George. 
 
Cassie as daai ou van Bosbou jou daar vang vat hy jou bike. Genuine.
 
ons het bietjie verdwaal ;D
Ons het nie borde daar gesien van bosbou nie.  Ken jy die pad.  Dit is as jy in geelhoutboom inry en jy ry reguit op die straight en daar is erens 'n pad wat regs draai en dan gaan dit in die berg in
 
Daai eerste fotos om die dam is privaat grond. Ek het ook al daar gery. Die oomblik wat jy op die berg op beweeg is dit Bosbou area en hulle kan jou bike vat. Daar is 'n nuwe ou daar by Jonkerberg Bosbou stasie en hulle het onlangs in 'n vergadering met die boere gese hulle gaan 'n voorbeeld maak van die volgende bike / quad wat hulle op hulle grond vang. Voertuig konfiskeer en saak maak van betreding. Wees versigtig.
 
aai aai.  Is daar nie nog so tipe pad daarso nie?
Ek wil so graag vir Smithey gaan wys het ???
 
Dis snaaks dat julle nie deur 'n hek of oor 'n draad is nie. Het jy 'n GPS track?
 
nee.  geen GPS nie.....ons werk maar met die oë
daar was glad nie hekke of enige iets wat laat blyk het ons is op verbode grond nie.  Snaaks daar was net 'n pad en ons het dit maar gevolg.
 
ek is nou so depress want ek het so uitgesien dat die weer opklaar nou nou dat ek weer die pad kon ry en kyk waar die pad my sou lei.  dalk tot in Oudshoorn sonder om die montagu pas of die outeniqua pas te vat.  Ek sien daar het 'n pas diep in die berg gegaan. 
 
Johann..Ek sien hoekom jy GPS track log sien.  Om te kyk hoe ons gery het....Ek dink ons het 'n roete sonder enige verbod op gery.  Dit was 'n pad sonder enige hekke of waarskuwings borde.  Ek sal by die ou van Jonkersberg hoor wat is die terme en voorwaarde.... Waar ons was is geen borde gewys nie ook geen heining nie...Dit het nogal te goed gelyk om waar te wees.  Kan jou honda die pad ry?  Dan gaan wys ek jou. Volgens wet mag hulle niks konfiskeer as daar geen borde van waarskuwing aangesit was nie

 
Hello Bern rooster.  jy was mos saam na prins albert toe.  Jy het mos die grys african twin bike? die CBS nommer plaat bike
 
Berm_Rooster said:
cassiebotha said:
Hello Bern rooster.  jy was mos saam na prins albert toe.  Jy het mos die grys african twin bike? die CBS nommer plaat bike

Ja Kasper, dis net so!

Het jy nou al jou boots gekry?

Dis hoekom hy by die AT saamtrek was ;D
 
Berm_Rooster said:
fok, een van die dae loop jy die trails met jou nuwe 'moutoukros boetse' !

:laughing4:


Nee wat ou Cassie, dit klink asof jy ry in te gevaarlike pleke vir my. Ek hou nogal van my bike  :deal:


Geen komintaar oor die AT  :tongue3:
 
Top