moes net keer!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Old School Biker

Pack Dog
Joined
Mar 14, 2012
Messages
425
Reaction score
0
Location
Villierdorp
Bike
Yamaha XT 660 Z
So die oggend het baie vroeg begin. Vroulief is na 6 uit die huis om 'n vriendin te gaan help. Ek is net voor 8 na 'n pel toe om hom te help om sy bakkie te diens. Vir betaling gee hy toe vir my sy somers riding jacket en gloves ;D. Ek besluit toe net daar dat op so lieflikke dag is dit 'n gruwelikke sonde sal wees om die ysterperd uit die garage te laat voor hy self die deur afbreek :ricky: :ricky:.

So ek is op en uit die dorp uit vyeboom se kant toe. Het opi draai berg pad afgedraai en laat loop. By die Botrivier afdraai regs gedraai. Het by 'n ander buddy 'n glas coke gaan geniet en vir hom gelag oor sy land rover wat hy reg maak wat se chasis halfpad weg geroes is. :imaposer:. ai ai told you so just does'nt say it.

So op pad terug was ek nie lus vir huis toe kom nie, het die selfde pad terug gery huis toe tot by die Botriver afdraai, het daar weer regs gedraai na die Caledon pad toe. Die pad was awesome gewees, dit was heerlik om net te kon ry.

Het opi Caledon pad by die Tweewaters kloof dam se oor loop gestop om te kyk hoe hy lyk en die die dam loop leke oor. kan nie onthou wanneer laas ek die dam so vol gesien het nie. Vandaar af is ek terug dorp toe. Was skaars by die huis en toe het my wonderlikke vrou ook arriveer.

So ja dit was seke so 50 km roundtrip en dit was vinnig ma dit was great.
 

Attachments

  • trip.jpg
    trip.jpg
    92.2 KB
  • trip 2.jpg
    trip 2.jpg
    76.2 KB
  • trip 3.jpg
    trip 3.jpg
    108.4 KB
  • trip 4.jpg
    trip 4.jpg
    133.3 KB
  • trip 5.jpg
    trip 5.jpg
    67.1 KB
  • trip 6.jpg
    trip 6.jpg
    113.1 KB
  • trip 7.jpg
    trip 7.jpg
    84 KB
Mooi man.  :thumleft:
Daai XT500 het darem net n "stage presence". Weet nie wat dit is nie maar die XT500 is maar net een van daai bikes wat ek nie kan verby stap sonder om so n draai om hom te loop nie.
 
nou....uh...verduidelik vir ons die titel assemblief?

is dit:

1) Moes net keer, of die XT thump start sommer sonder om te skop, van gretigheid?  :thumleft:
of
2) Moes net keer, want jy ry so lekker, jy bel dalk net voor sonsondergang jou vrou vanuit 'n ander provinsie?  :ricky:
of
3) Moes net keer, want jyt amper weer kak aangejaag van sit en rondkyk, spoed, of die agterbrieke wat nie release sonder n terugskop van die pedal nie?  :pot:

 
Moes tweekeer lees - Dog jy gaan help gou n vriendin en jou vrou gou n vriend en dit 6:00 in die oggend .... dink by myself ek het sulke vriendinne nodig ... toe lees ek weer met meer begrip  :imaposer: :imaposer:
 

Latest posts

Top