'n Toetsrit in die Boland

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
441
Reaction score
379
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Henri het sopas 'n ongelooflike skoon 1150GS gekoop. Slegs 37000km en nie 'n skrapie of merkie nie.
Ons wou gaan kyk na sy nuweling en sommer 'n draai ry saam met hom.
Ek het nog nooit so'n so-goed-soos-splinternuut 1150 gesien nie!
Kannie glo so'n netjiese 1150 bestaan nog nie!
20240826 Henri se Blou 1150.jpg


Eerste stop was bo Du Toitskloof pas.
20240831_120714.jpg


Die laagwaterbrug by Slangrivier het darem so'n bietjie water gehad.
Net genoeg vir bietjie splash maak
20240831_124851.jpg

Geo met sy Africa Twin het omgedraai en vir ons 'n mooi groot splash gemaak.

20240831_124845.jpg

Volgende stop was by die Hillbilly padstal naby Wolseley.
20240831_130834.jpg

Lekker Kudu Lager craftbier en 'n reuse Kudu-burger.
20240831_134317.jpg


Terugry deur Bainskloof sodat die blou 1150 darem so'n bietjie kan lê deur draaie.
20240831_144526.jpg


Bo Bainskloof, met Wellington daar onder. Perdeberg links daar vêr en Riebeek Kasteel nog verder weg.
20240831_145756.jpg

Drie Varkies in n ry!
Al drie ouer as 22jaar, v.l.n.r. 2003 1150GS met 37000k, 2002 1150GS met 110000km en n 1999 1100GS met 101000km.

Hiervandaan terug huistoe om te kyk hoe die Springbokke wen!
 
Last edited:
Lekkerte!! mooi om so klomp 1150/1100 by mekaar te sien.

Sien wie van julle ry saam Brakkie se Veldkombuis toe in Sept>?>?
 
Top