Namakwa (Gifberg) blomme toer. 15-16 September 2012

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Terug roete


  • Total voters
    15

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Die blomme is besig om mooi te raak in die Namakwaland.

Die naweek van die 15de September 2012 kan ek vir ons plek kry in Vanrhynsdorp se karavaanpark hulle het selfsorg huisies beskikbaar teen R200.00 pppn of as jy wil tent opslaan is dit R150.00 per plot en dan kan daar 4 mense per plot staan.

Soos julle seker besef moet mens gou spring om die akomodasie so gou moontlik vas te maak aangesien dit op geraap word deur die blomkykkers! So ek vra almal se vinnige reaksie om dit vir my moontlik te maak om die besprekings met getalle vas te maak.

Die roete wat ek in gedagte het is dat ons deur die Cederberge ry die Saterdag en dan in Clanwilliam brandstof volmaak en dan oor die Pakhuispas ry en dan gaan ons met die Moedverloor se pad tot in Nieuwoudville en dan slaan ons teer tot in  Vanrhynsdorp waar ons dan oornag. Die Sondag ry ons dan oor Gifberg en dan Klawer ry ons N7 tot by die Trawal brug waar ons dan weer oor die Brandberg terug kom tot in Clanwilliam en van daar kan ons met die grondpad kom tot in Citrusdal en dan sal ons maar die teer vat huistoe. Of ons kan teen die Weskus langs terug kom.

Die hele roete is Pillion vriendlik en ons gaan rustig ry en soveel moontlik foto’s neem.

Kan julle ASB so gou moontlik vir my laat weet of u in of uit is!
 
Top