Namibië Junie/Julie 2015

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

EwaldSchmidt

Pack Dog
Joined
Apr 28, 2014
Messages
226
Reaction score
0
Location
Nylstroom
Bike
BMW R1150GS
So koop ek mos toe my  :snorting: verlede jaar April, nadat 'n vriend 'n paar van ons uitgedaag het om saam met 'n paar pelle deur Botswana en Namibië te gaan draai in hierdie komende Julie skoolvakansie.

Die Varkie het hom mooi gedra sover. Ek het net een probleempie opgetel. Ek het net die standaard BMW Tourer plastiese panniers, en 'n Givi Topbox. Met een kind wat pas klaar is met universiteit en nog een wat ek moes help om in Amerika uit te kom, is ek maar baie op Pooratech aangewys. Sou so graag 'n splinternuwe stel Trax of Hepco Becker wou opsit. Maar die DSTV sein is selfs al af om hierdie toer te help betaal.

So vra ek so paar weke gelede raad vir die Willehonne rondom panniers- hard of sag, hoe bou 'n mens 'n raam?
Een van die baie goeie pelle op hierdie forum was selfs bereid om sy Trax panniers vir my te leen, maar daardie raam van hom is gebou vir die Super Tenere, en ek is so bang ek buig hulle.

Genesis 115 het die moeilikheid raakgesien, en my gekontak met 'n raam wat hy vir sy 1150 GSA gebou het.  En dis nou die ding van die skuilname- hy het in ons dorp grootgeword.

Die raam het so bietjie aanpassing nodig gehad van GSA na GS toe. Wat iemand in ons dorp vir my my baie netjies gedoen het...


Ek het ook die raad by Bossie van Pietersburg gekry om so ver as moontlik te werk met wat ek het...

So daardie Givi topbox het nou 'n ekstra raampie bo-op wat die tent en matrasse sal moet vat.

Stadigaan begin dit lyk of ek en vroulief ook hierdie toer gaan kan meemaak, die enigste 1150 en enigste een met sagte sakke, teenoor die baie meer ervare vriende met 1200's en harde panniers en topbox'e

Ek gaan dalk nog baie vrae hier ook vra binne die volgende paar weke, want ek het al regtig baie goeie hulp en raad hier gekry.





 
Top