Naweek saam kinders van Paarl tot Knysna

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

LRFan

Race Dog
Joined
Sep 29, 2008
Messages
1,027
Reaction score
46
Location
Cape town/Knysna
Bike
Suzuki DL 650 V-Strom
Ek werk in die Kaap en Oudste dogter studeer in Paarl, ma en ander 2 kinders bly in Knysna so
ons gaan so elke 2de of 3rd naweek Knysna toe.  Vertel toe vir oudste Marelaine ons ry met KLE Knysna
toe het nie genoeg geld om met kar te ry. Trek toe hier weg Vrydag oggend 8h00 uit die Paarl man maar die
lug het 'n lekker byt in hom gehad. Stop die 1st keer in Robertson vir Wimpy ontbyt en net weer hitte in die lyf
te kry, hier staan Marelaine met my spaar reenjas oor al die lae klere om koue weg te hou.



Ek trek my reen baadjie uit.


Volgende stop Barrydale vir 'n koffie en iets soets om te eet.




Mooi plek klomp ou goed.


Marelaine wag vir haar Cupcake.




Laat weet vrou waar ons is.


Die cupcake.


Vir die Harley manne was daar ook iets vir die oog.




En 'n Cadelac as ek reg is.


Na die koffie was dit maar oopketels huistoe en nie verder fotos gevat. Volgende dag was dit Emmerelda se beurt vir fiets ry.
 
Nou ja Saterdag oggend gou die Mazda gediens en Emmerelda wou fotos in Knysna bos gaan afneem.
Voor ons vertrek het sy eers 'n paar Arty fotos by huis geneem en KLE was ook een van die modele.
Hier is so paar van die shots.













Het die bospad verby Gouna gevat al met Kom se Pad terug Knysna toe.





Ek en KLE innie bos.






Water stroompie, toe ons hier was het 'n klompie bikers verby gekom oppad Baviaans toe.




 
Na vinnig hello se vir mede bikers vat ons die Prins Alfred pad terug en stop toe by ou murasie vir nog fotos.






Vir n slag speel Emmerelda model.


Ek wag maar geduldig


Vinnige paar fotos bo by heads het nie te lank gevat want weer was besig om slegter te word.







Onder by restaurant gestop vir koeldrank en nog fotos, weer het nou vinnig slegter geword.





Emm in restaurant
 
Na egink en Emm weg is by heads mos ek maar ry vir die huis want het saggies begin reen. Ek en die laaitjie,
Rynhardt wou kom rugby kyk het maar mos die idee van motorfiets ry laat vaar met reen woeste wind. Ons het toe maar met bakkie ingery dorp toe en by Tapas gaan rugby kyk, hier is die man met sy milkshake voor game begin. Verskoon fotos het met cell afgeneem het kamera by huis vergeet.


Tv's waar rugby opgewys word, die plek was gepak, drafts was R15 terwyl die game aan die gang was.


Local is lekker!


Het maar n ou tTappas burgertjie gevat, ma was besig met kos so kon nie te veel eet.



Ongelukkig was bike ry uit die Sondag as gevolg van slegte weer en het toe nie verder bike gery behalwe om
terug te kom Maandag, hier is so laaste een van my en Marelaine by padwerke anderkant Swellendam.
 
Nice foto's. Dit is goed om te sien dat 'n pa nog tyd maak om saam met al sy kinders iets te gaan doen.  :thumleft: :thumleft:
 
LRFan, dit lyk na n lekker ride hierdie

wat is die plekkie se naam waar julle daar in Knysna by eet?
 
Dankie vir die RR LRfan - dis altyd spesiaal om met die kids saam te reis
------------

Daai bikers is Michael Cowley (links) en Mouton van Zyl (regs voor)

Weet nie wie die langhaar man is in die middel nie

Hulle was besig om the scout vir Mouton se passe trip later die jaar

Mouton het glo 'n kwaai voorwiel blow-out gehad (ribbes en sleutlebeen gefok)

Ek hoop die makker herstel sommer gou.

F27_zps0676703d.jpg~original


 
Netjiese RR, pragtige kiekies en kwalitiet tyd saam met kinders gespandeer.
 
Lem, die was by Tappas op Tessen Eiland by lekker vibe.

Die man in die middel is van George hy het amper in Mouton vas gery toe hy
gestop het om met ons te praat, ja ek hoop hy herstel gou.

Wou meer saam Rynhardt wou bike ry maar weer het baie sleg uitgedraai,
is maar altyd sleg as 'n Pa weg van huis werk en wanneer jy huis toe gaan is
die tyd kosbaar saam familie. Gelukkig hulle almal is mal oor bike ry ry al van kleins af saam my motorfiets.
 
Dis nou great om pa te sien bike ry met sy dogter  Dis nou n mooi area om te ry photo,s is amazing

thank u for sharing
 
Dankie manne, my huis is 400m weg van grondpad dan is ek in die bos met
lekker padjies om te ry.
 
jelous: hows that 550 handle, thinking of buying one for my daughter
 
Allen, great bike for the money, suspension on soft side & seat like plastic bike's
seat not lekker on long distance, you can get a bit more grunt from motor by going 2 sizes up with main jets, opening up air box and with aftermarket silencer. Weigh about the same as F800 BMW. Enjoying bike a lot. 
 
Top