Nooit gedink ek sal so 'n fred skryf nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,270
Reaction score
3,872
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
Ek is nogal iemand wat my eie padjie in die lewe stap en besluit my eie besluite.  Maar nou spook dié 3 baie mooi 1150GSA fietse wat tans op die forum te koop is, by my.  Ek het verlede jaar 'n nuwe 800GSA gekoop en hy is 100% soos ek hom wil hê (oukei behalwe vir die kleur), ek geniet hom baie maar die drie 1150GSA varkies het my nou gekrap waar dit nie nodig was nie.  ???

Op daai kilometers - so tussen 50k en 80k - watter tipe onderhoud gaan hulle benodig, is parte maklik verkrygbaar, verg hulle baie gespannery (ek wil ry, nie noodwendig dae aaneen spanner nie)?  Wat is die verskil tussen die '03, 04 en '06 modelle?  Enige ouens wat al van 'n 800 GS/A die selfde skuif gemaak het?

Laat hoor bietjie ouens, ek luister ....

https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=166272.0

https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=144653.0

https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=167115.0
 
Top