- Joined
- Jun 24, 2012
- Messages
- 34,028
- Reaction score
- 11,759
- Location
- Slowveld
- Bike
- KTM 890 Adventure R Rally
Hardy de Kock said:Jislaaik Hennie, dis baie waar daai.
Ek het werk vir my Oupa en Botswana regering in die Delta gedoen en ons almal het TW's gebruik. TW's lag vir dik sand.
Ek wens geniune die mense wil besef dat fietse in die segment - 200,s en 250's PUIK is vir 85% van so roete.
Jy moet maar vir Canzius vra maar ek sou raai dat die gemiddelde spoed op die oop paaie nie regtig meer as 90kph was nie. Ek dink Canzius hulle het dalk 100 gedoen?
BikerBoer - As jy jou vrou wil vat, kry vir haar iets lig, DR200 soos Dwerg voorgstel het, TW 200 soos Hennie voorgestel het of een van die kleiner Honda's.
Ek belowe jou sy gaan elke aand baie dankbaar wees.
Kyk, so tussen al die grappies en bollie praat deur oor bikekeuse moet 'n ou nie nie die verkeerde idee kry nie......
Ek staan by my punt dat 'n ligte enduro fiets, 350,450 of 500cc met REGTE suspensie die ideale fiets is vir die trip. Jy het nie nodig om vinnig te ry op so trip nie. Soos Dwerg sê, ons het selde vinniger as 90-100km/h gery op ooppad en op tegniese dele is 'n enduro bike dalk vinniger en makliker oor klippe en sand, maar nie so dat jy heeldag onder ander fietse hoef uitjaag nie. Daar was sekere dae op die trip wat dit net bevange was om die 501 hard te ry, spesifiek die dag na Van Zyl's kamp. Dan neem mens dalk bietjie minder van die omgewing in (mens kan ook net soveel keer vir 'n Mopanieboom kyk ot, maar jy het 'n dag van bikery soos ek nog nooit beleef het nie. Ek dink egter enige persoon sal hom of haarself gate uit geniet op 'n kleiner 200 of 250 Jap bike.