Oom Kokkies word Oom Foe-rie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Oom Foe-rie

Race Dog
Joined
Jan 15, 2008
Messages
4,847
Reaction score
1
Location
Worcester
Bike
Yamaha Super Tenere
Weens tegniese advies en n sekere gebeurtenis, is ek deur vriende gevra om my naam te verander vanaf Oom Kokkies na Oom Foe-rie. Na oorweging het ek daartoe besluit omdat ek vanaf daardie komiese gebeurtenis so genoem word.

Wat gebeur het:
Ons was aan die begin van November 2007 by Struisbaai en daar was by n sekere pub n baie aanvallige dame wat al n paar wyne in gehad het. Moenie vra wie sy was of is nie, sy was nie aan ons groep verbind nie. Sy het toe begin hik. Hick-ups you know. Wel sy stel dit toe aan die Oom dat hy baie verantwoordelik lyk en kom staan toe by hom. Die Oom ontferm hom toe oor haar en is toe baie besorg oor haar hick-up en vra of hy haar daarvan kan verlos waarop sy toe ja antwoord. Wel die Oom gaan staan toe agter haar en vou sy twee arms van agter voor om haar middel om haar net n drukkie te gee, want sien, n hick-up is maar net n bietjie tekort aan suurstof. Wel so gemaak, maar die Oom se twee hande vat toe bietjie bokant haar middelrib en die Oom druk toe met sy twee hande. (Dit was mooi twee hande vol) Op daardie oomblik roep sy net "OOM FOE-RIE" en raai wat gebeur toe. Sy bedank my want haar hikkery, hick-ups, het opgehou.

Demmit, its true but was very nice ...........................................
 
Top