Ons was op soek na wye vlaktes met mooi goudgeel canola so ver die oog kan sien.
Ongelukkig het die son meestal weggebly agter die swaar wolke en ons moes tevrede wees met skaduwee-geel canola
Lekker grondpadry en 'n besonderse brekfis sal my lank bybly.
In die eerste plek het ek nie gedink dat daar ‘n restaurant op Tesselaarsdal kon wees nie (dit is mos ‘n piepklein plekkie, en vêr van alles), nog minder dat dit in so’n interessante gebou kon wees. Die heel beste was die lekker brekfis, en so besonder aantreklik aangebied!
Ons het teerpad gery tot by Dassiesfontein en vandaar suid op grondpad tot by Tesselaarsdal.
Kort anderkant Dassiesfontein staan hierdie verlate plaashuis, met sy statige geuwels, lang ringmuur en palmbome --- vervalle en toegegroei met bosse. Ek sal baie graag sy geskiedenis wou weet.
Die pad is oral droog en maklik om te ry.
Heelwat waters in die slote langs die pad.
Net een of twee plekke was daar ‘n klein bietjie opwinding.
En oral sommer net mooi en lekker.
Darem nie te lank nie of die son kry ‘n opening in die donker wolke!
Asemrowend mooi canolablomme so vêr jy kyk.
Soos mens Tesselaarsdal binne ry staan die De Postkantoor restaurant daar en wag.
Die geboutjie is van klei gebou en was in 1891 opgerig. Dit was woning van die Willemse familie. Dit was ook die Bovenplaats poskantoor. Op die regterkant teen die woning is die kamertjie waar pos ingeneem en versprei is.
Eers 'n koffie van daardie ou La San Marco koffiemasjien. En kyk wat daar te ete is.
Die gebou is in 2014 gerestoureer deur Sonia en Melvin. Binne en buite is alles so na as moontlik gehou soos die oorspronklike gebou. Mens kan dit sien want die tafels en stoele en rakke staan skouer aan skouer, ingepas waar daar ‘n plekkie is. Die kombuis is so klein en kompak dat ek nie kon ingaan nie om 'n foto van die ou La San Marco koffiemasjien kon neem nie.
Die klein vertrekkie wat oorspronklik die Bovenplaats poskantoor was, huisves nou die mans-en-dames geriewe. Met enamel skottel wasbak en al.
Van die stoep af kyk mens af op ‘n netjiese tuin en verder oor die vlakte in die rigting van Caledon.
Hierdie ontbyt was nogal iets besonders.
Buitengewoon aantreklik aangebied, met kappertjie en al.
Smaaklike verskeidenheid op ‘n warm bord.
Ons sal beslis weer hier ‘n draai maak.
Kort voor lank het ons via ‘n ander grondpad gery terug na Caledon en toe wettige spoed plus ‘n goeie ekstra gery teerpad lang, om betyds te wees vir die rugby.
Die wind was besonder erg --- by tye het die mfiets so skuins geloop dat ek in die een truspieël die voertuie agter my nie kon sien nie.

Last edited: