Karoo Rider
Race Dog
- Joined
- Sep 1, 2012
- Messages
- 1,980
- Reaction score
- 1,207
- Location
- Ladismith WC
- Bike
- Honda CRF-1100L Africa Twin
"Weet jy waar ons vannaand slaap?" Nee, sê ek. "Toemaar moenie worry nie, ek weet ook nie." sê Chris. En so trek ons toe weg op 'n onvergeetlike paar dae se rondry in die Karoo. Dit was omtrent "long overdue", maar soos baie al weet was daar 'n paar manne op die forum wat saamgewerk het om 'n sidecar vir Chris te bou en te monteer. Hoofsaaklik maar om sy gedurige ge-doughnut gooiery en wheelies bietjie in toom te hou... :biggrin: Alhoewel hy al die Stilbaai omgewing platgery het met die karretjie was dit die eerste langerige toer en op die einde was dit 'n groot sukses sonder enige probleme, selfs al het die terrein soms die Swartlandse ingenieurs se bouvernuf beproef! Ons het 4 dae gery, sowat 1200km van Ladismith tot Ladismith, met Chris addisioneel nog heen weer tot op Stilbaai.
Dag 1
Ons druk deur die Huisrivierpas en in Kallieklip draai ons af op die mooie Groenfontein pad. Die hele omgewing het twee dae tevore goeie reëns gekry en die waterpoele is orals nog sigbaar. Bergstrome loop in oorvloed teen die hange van die Swartberge - omtrent 'n besondere gesig om te beleef. Na 'n paar knikke teerpad draai ons in Schoemanspoort links af met die geilgroen Oudemuragie-pad oor tot in De Rust. Verby die Stompdrifdam se afdraai keer ons later links af op die Rooiloop/Vlakteplaas afdraai. Verby 'n indrukwekkende en steeds bewoonde Volstruispaleis word ons 'n ent verder egter in ons spore gestuit: Road Closed. Normaalweg beteken dit mos maar net jy moet nou wakker sit maar nie die keer nie - die Olifantsrivier loop sterk en van oorgaan is daar geen sprake nie, en ons draai terug teerpad toe.
'n Paar kilo's verder draai ons af op die Hoekplaaspad en 'n draai of twee verder verskyn ons akkommodasie vir die aand uit die niet: 'n quarry langs die pad. Sommer gou is ons in die ou padkamp ritueel van tent opslaan en 'n paar stukkies veldhout bymekaarmaak. Chris se watertenk op die karretjie, wat aanvanklik as teengewig opgesit is, begin bewys homself ook as 'n werklik handige ding - draai net die kraan oop en dis van koffiewater tot gesig was, alles "on tap" - inderdaad 'n luuksheid wat ons nie vantevore gehad het nie.