PE Dogs Sunday Ride 12 February 2012 The game Drive ?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
J-mo said:
Dankie Jupiter, dit was 'n great outing.

Ek het nie omgegee om sweeper te wees nie en was tot op die einde die sweeper gewees, veral omdat daar 17 bikes was.

Die enigste keer wat ek NIE sweeper wou wees was toe ons 'n gedeelte van Shamwari ingegaan het waar daar 'n waarskuwings teken was: "Passop vir leeus".

Ek bestempel myself as 'n brawe brak, maar as dit by gevaarlike diere kom, trek ek klein koppie. Met die wat ek deur die hek gaan en die waarskuwing sien, was my oë nie meer op die pad nie. Ek was op soek na die Leeu, of te wel African Lion, ook bekend as Leo Panthera.

Omdat ek laaik om diere stories te kyk weet ek dat die prooi wat gevang word die agterste een is omdat hy gewoonlik die stadigste is. My rol as sweeper het my onmiddelik soos daardie laaste prooi laat voel.

Soos ek 'n effense bultjie klim vang iets uit die hoek van my oog 'n beweging... so geel beweging wat reguit op my afkom. Toe is dit nie meer "Leo Panthera" of "Africa Lion" nie, maar sommer "F@kken Leeu". Ek word deur 'n wyfie leeu bestorm. Ek kyk voor my want ek glo nie wat ek sien nie. Kyk weer terug om seker te maak ek het my nie dalk verbeel nie.

Voor God dis 'n leeu. So tien meter van my af, draai sy lings, harloop langs my en dit lyk of sy my voor wil afsny. Ek besluit toe dat dit tyd was om die BM se oor te draai want leeu dinges wil ek nie wees nie. Trek langs Knuclehead in en hy het ook die leeu gesien. Hy kyk na my , wys na die leeu en skree vir my : "Kyk die Leeu". Ek skreeu terug, "Die f@kken leeu storm perd, ons moet gat skoon maak, maar helaas, dit val op dowe ore.

Ek besluit toe as jy wil sweep, gaan voort, maar ek sweep nie meer nie. Ek kyk om of Knucle Head al gevang is, en dit is toe waar ek eers opmerk daars 'n draad heining tussen ons en die leeu. Aan die een kant was nog nooit in my lewe so bly oor 'n blerrie heining nie. Aan die anderkant het ek lanklaas so poephol gevoel om te skrik vir 'n leeu aan die anderkant van 'n heining.

Twee dinge het ek geleer uit hierdie hele episode.

Die eerste is dat ek k@kbang is vir ‘n leeu en tweedens:

Die manne en dames wat so graag Wildtuine met die "big five" wil laat opmaak vir Adventure bikers moet weer dink. ‘n Leeu sal jou storm op jou bike as hy/sy so voel die dag.  :biggrin:

I havent laughed so hard in a long time. Looks like spare jocks are needed on WD outrides :imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
Ai hoe jaloers raak ek met die lees van die lekker RR. Sedert die begin van die jaar is my twee seuns nou koshuisbrakke en naweke wil hulle vir pa by die huis hê, so ek sal my maar so stelselmatig moet speen sodat ek nie onttrekkings simptome kry nie.

Ek dink daai leeu het sy pelle gisteraand in die Bosbar vermaak met die storie van die ouens op die skoeters wat hy bietjie skrik gemaak het.  ;D
 
Vis Arend said:
J-mo, jy het sopas my oggend gemaak.   :imaposer: :imaposer: :imaposer:

En waar was jy ?

JMOL said:
Nice  :thumleft:

Maybe the EL dogs can join the PE dogs in Boknes . . . . .  :ricky:

Hierdie is die naweek van julle Thomas River ride  :(

To the rest of the guys. On the day I just rode my bike. The way we hung together made it a success. Thanks.
 
Bie said:
Ai hoe jaloers raak ek met die lees van die lekker RR. Sedert die begin van die jaar is my twee seuns nou koshuisbrakke en naweke wil hulle vir pa by die huis hê, so ek sal my maar so stelselmatig moet speen sodat ek nie onttrekkings simptome kry nie.

Ek dink daai leeu het sy pelle gisteraand in die Bosbar vermaak met die storie van die ouens op die skoeters wat hy bietjie skrik gemaak het.   ;D

:imaposer: As 'n leeu kon lag, sou sy seker haar gat af gelag het. Praat seker nou nog oor daai dude met die groot oë.
 
Dit lyk soos nog 'n plek wat "nie GS country is nie"  :imaposer:
 
jupiter said:
Vis Arend said:
J-mo, jy het sopas my oggend gemaak.  :imaposer: :imaposer: :imaposer:

En waar was jy ?

Saam die Oos London ouens na Queenstown, ek het jou SMS gestuur en op die "planning a ride" gese julle moet voort sonner my.  :thumleft:
Jy moet minner koffie suip, dit maak jou blind.  :biggrin:
 
Awesome Day out!!

Thanks a lot to All for organizing and joining. Was Lekker to be out on the bike again after 2 months of moving etc,

Roads were stunning, Loved the game drive, although the way those lions looked at me I could tell they were SERIAAAS Yamaha Fans!! I thought I was about to get Hijacked!  :biggrin:

Sorry about leaving early but when the young one gets tired its best to head back, Don't want her to get sick of riding or to fall asleep on the back.

Thanks again and until the next one!!

Jules, Li and Sarah

I missed a good ride unfortunately a babbalas from Gleninks wake prevented me from going,must be an age thing. ::)
 
Purple Pixie said:
SnakeyXT said:
:thumleft:

One lesson learned..... when you need your space.... make a plan!  It's not that I ride fast, but geez the okes in front were slow on the loose stuff!!!!

Come chaps you need to pick up your feet  >:D
 
Jules said:
Awesome Day out!!

Thanks a lot to All for organizing and joining. Was Lekker to be out on the bike again after 2 months of moving etc,

Roads were stunning, Loved the game drive, although the way those lions looked at me I could tell they were SERIAAAS Yamaha Fans!! I thought I was about to get Hijacked!  :biggrin:

Sorry about leaving early but when the young one gets tired its best to head back, Don't want her to get sick of riding or to fall asleep on the back.

Thanks again and until the next one!!

Jules, Li and Sarah

great to meet your family  :thumleft:
 
SnakeyXT said:
confession, i didn't see them lions  :)

Missed it too. Did not expect to see lions right there at the open gate.

VERY IMPORTANT to tell the guy with the camera when you see these things.  :eek7:
 
Bie said:
Ai hoe jaloers raak ek met die lees van die lekker RR. [size=10pt][size=10pt]Sedert die begin van die jaar is my twee seuns nou koshuisbrakke en naweke wil hulle vir pa by die huis hê[/size][/size], so ek sal my maar so stelselmatig moet speen sodat ek nie onttrekkings simptome kry nie.

Ek dink daai leeu het sy pelle gisteraand in die Bosbar vermaak met die storie van die ouens op die skoeters wat hy bietjie skrik gemaak het.  ;D

Maklike een daai Bie......laat julle begin saamry dan los dit 2 probleme met een slag op.

Lekker Jup en die res van julle....bly om te sien julle kyk na ons deserter maakie Jules en sy gesin.  :thumleft:
 
Nice ride Ooskapers, sal defnintief my bike regkry vir volgende outing!

Shamwari kan ook lekker fun wees as jy olifante of renosters op jou pad kry, maar na J-mo se beskrywing sal ek "the latter" vat oor Leeu se kind.

Jman said:

Ek het vanoggend stywe nek soos ek rondgekyk het vir die diere om foties te neem. Blykbaar het ek die bleddie renosters ook gemis.  ??? Sal maar volgende keer 'n 'spotter' moet vat.  :biggrin:

Vir veiligheids redes het ons nie deur die deel met die olifante gegaan nie  :eek7: Leeus was 'n beter opsie  :imaposer:
 
:thumleft: ....lyk my julle Ooskapenaars is 'n lekker spul bymekaar, al lyk dit my julle is bietjie skrikkering vir diertjies..... :peepwall: :eek7:
 
Buks said:
:thumleft: ....lyk my julle Ooskapenaars is 'n lekker spul bymekaar, al lyk dit my julle is bietjie skrikkering vir diertjies..... :peepwall: :eek7:

Was rather disconcerting to see how they (lions) ran after each bike as it went past, If the fence was down there would have been groot KAK!

You don't have to be the fastest....just make sure...that you are not the slowest!!  :deal: :imaposer:
 
Top