Pigfest 2015

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mof

Race Dog
Joined
Oct 15, 2010
Messages
1,338
Reaction score
88
Location
Calvinia
Bike
AJS (all models)
Ons het die naweek weer bietjie pigfest gehou om hulde te bring aan die XR650R, miskien die naaste aan die perfekte DP bike op deeske aarde.
Op die ou end was ons net 4 man sterk: Mof, Grondpaaie, BuRP en Beserker. Dankie manne, dit was weer erg lekker.

Ek gaan my verhaal van Vrydag en Saterdag opsit, die ander spanlede moet asb hulle kiekies bysit.
 
Die plan vir die Pigfest was dat ons mekaar Vrydag namiddag by Oasis kry, daar die roete finaliseer terug na my plaas toe en Sondag hiervandaan na die Padstal vir kop eet.

Vrydag maak ek toe my laaste kritiese skaapplaas reëlinkies en gee vir my personeel die goeie nuus dat hulle vandag lekker vinnig kan werk aangesien ek nie daar gaan wees om hulle terug te hou nie.
Ek vergeet altyd om 'n kiekie te vat voor ek wegtrek, maar het darem op Middelpos onthou. Ek besluit ook toe sommer net daar dat vandag die dag is dat ek rustig ry en stop om 'n paar fotos te neem.
Middelpos pitstop, Ganaga pas en langs die R355 onder in die Tankwa. Lekker bewolk en koel, alles loop mooi. Darem lekker om weer in te skud in jou bike en toer mentaliteit, hierdie het toe een van daai trippies uitgedraai waar ek sommer weer verlief op my bike terug by die huis aangekom het.
 

Attachments

  • DSC00861.JPG
    DSC00861.JPG
    122.5 KB
  • DSC00865.JPG
    DSC00865.JPG
    130.6 KB
  • DSC00858.JPG
    DSC00858.JPG
    267 KB
Toe ek afdraai van die R355 af op die Biedouw pad, raak dinge bietjie lekkerder, maar daar is 'n paar hekke ook om deur te werk. By die 2de een kon 'n volstruis duidelik nie betyds stop nie, die vark het dit darem gemaak.
Van daar af is die klippe sommer lekker rof gespoel tot onder in die Doringrivier, die SAS Willehond is nie op die oomblik nodig nie. Dis bietjie gou na die winter vir die water om so laag te wees. Die somer gaan maar lank raak vir die winterreënstreek se manne.  :(
 

Attachments

  • DSC00866.JPG
    DSC00866.JPG
    173.2 KB
  • DSC00868.JPG
    DSC00868.JPG
    166 KB
  • DSC00871.JPG
    DSC00871.JPG
    334.3 KB
Ek gaan nou braai!

Op 'n stadium het ek gedink daar is te veel wors in daai sakkie, maar darem toe nie.  :snorting:
Toe het ek gedink daar was miskien bietjie te min tonic in daai bottel, maar darem toe (net-net) nie...  :ricky:
 

Attachments

  • DSC00873.JPG
    DSC00873.JPG
    214 KB
  • DSC00874.JPG
    DSC00874.JPG
    208.6 KB
  • DSC00877.JPG
    DSC00877.JPG
    271.6 KB
Toe ek daar wegtrek, is die ekzaar se gat net daai bietjie losser as voor die braai. Soos die sticker sê: And then I was like, Brraap!

Om dinge verder te kompliseer, staan daar toe 'n mooi, jong half-naakte krullebol met bewondering in haar oë by daai huisie in die agtergrond... so then I was like, BRRRAAA - o fok hek!

Die spore is mos nooit so indrukwekkend soos die oomblik nie, maar julle kan ten minste sien hy lê doer van die draai af tot hier by die hek. Ek maak dit toe darem, ek dink nog 25ml minder tonic en ek het daai hek getoets. Amper bak ek myself 'n poets, tyd om myself bietjie aan te maan.
 

Attachments

  • DSC_0177.JPG
    DSC_0177.JPG
    224.9 KB
Die aanmaning het vir 'n hele paar km gehou, maar by Wupperthal haak ek toe vir my een van daai beskerm engele so toe keer die selfvertroue terug. Moet sê Eselsbank oor loop hy darem maar lekker, ten spyte van die stukkie sementpad. Nie kans gemaak vir baie kiekies nie.
Bliksem, partykeer kliek 'n man se pad, bui en bike darem maar net lekker!

 

Attachments

  • DSC00881.JPG
    DSC00881.JPG
    152.5 KB
  • DSC00884.JPG
    DSC00884.JPG
    189.5 KB
  • DSC00887.JPG
    DSC00887.JPG
    151.6 KB
Lekker afkoel by Oasis.
 

Attachments

  • DSC_0179.JPG
    DSC_0179.JPG
    192.4 KB
Saterdag oggend. Grondpaaie en Beserker wil boek regmaak, die varkies staan gereed.
 

Attachments

  • DSC00889.JPG
    DSC00889.JPG
    195.5 KB
  • DSC00890.JPG
    DSC00890.JPG
    369 KB
Ons het nou rokers in die bolling, so ek sien vir die eerste keer in my jong lewe die Waterval by Eselsbank. Ons staan darem nie lank op daai kranse nie, so daar trek darem toe nie ernstige bose geeste in die trop varke in nie. Net so een moedswillige bliksempie glip in Grondpaaie se scooter in, seker maar oor hy nie water cooling het nie.  ;D
Daarvandaan koeldrank by Wupperthal en af tot by die Doringrivier.
 

Attachments

  • DSC00897.JPG
    DSC00897.JPG
    220.6 KB
  • DSC00898.JPG
    DSC00898.JPG
    213.2 KB
  • DSC00903.JPG
    DSC00903.JPG
    154.1 KB
Die water is mooi glad, maar die bodem is bietjie draai-draai. Niks wat BuRP se aansienlike ondervinding nie kan hanteer nie.
 

Attachments

  • DSC00910.JPG
    DSC00910.JPG
    196.6 KB
  • DSC00912.JPG
    DSC00912.JPG
    355.6 KB
Grondpaaie steek hom in, maar toe daai vark water sien wil hy rol soos 'n Fortuner.
 

Attachments

  • DSC00914.JPG
    DSC00914.JPG
    147.3 KB
  • DSC00915.JPG
    DSC00915.JPG
    172 KB
Nou ja, wat kan ek sê. Party manne help stoot, ander giggel en neem fotos.

Volgende keer sal ons definitief 'n plug spanner saamry en nie die bike probeer start voor ons nie die airbox en carb gedreineer het nie...

Die onderonsie kos ons so 2 ure, maar dis darem langs swemplek.
 

Attachments

  • DSC00919.JPG
    DSC00919.JPG
    121.5 KB
  • DSC00920.JPG
    DSC00920.JPG
    207.1 KB
Hiervandaan het ek nie meer kiekies nie, maar alles het baie mooi geloop tot by my, oftewel bietjie warm. Ons maak dit nog betyds vir die rugby.  :p

Hiermee my laaste kiekie en 'n kompetisie: Die eerste persoon wat presies dieselfde selfie op hierdie thread post, kry 'n slaglam persent. My braai klippe en die doringrivier moet in wees, maar met jou gesig en jou bike. As jy photoshop, skuld jy my 'n bottel Laphroaig.
 

Attachments

  • DSC_0176.JPG
    DSC_0176.JPG
    184.6 KB
Amper skrik ek my nou dood vir daai laaste foto!!!    :eek7:  :biggrin:

Jy moet n ouderdomsbeperking op hierdie thread sit.



Lekker trip Mof.
Waar anders kan n man met n ongelisensieerde bike op publieke paaie ry en WEET niemand sal jou aftrek nie?
 
Mooi fotos en baie mooi bikes.  :ricky:  :drif:
 
that's my type of ride wors looks great

great pic,s of your ride    thank u for sharing
 
Mof said:
Darem lekker om weer in te skud in jou bike en toer mentaliteit, hierdie het toe een van daai trippies uitgedraai waar ek sommer weer verlief op my bike terug by die huis aangekom het.

Ek moet se, Eselbank oor, en dan die stuk aan die ander kant van die rivier tot by die grootpad, "it was like BRRRRAAAAPP!! "

My "take" op die trip; dis goed vir ouens wat gewig wil verloor, ek het begin "bant" met 'n Oasis T-Bone en paar Ribs, biltong oppad, droee wors, biltong "loaf", gerookte Springbok en Karoo tjops by Mof. (Dit was ook die enigste foto wat ek geneem het, van die tjops, maar ek kry nie my kabel nie.)

Die 43 grade  Saterdag het ook so bietjie vet uitgebraai, wat goed was vir die maer word - tot jy by Gannagap lodge aankom, die eerste bier het nie kante geraak nie.

Pad tussen Gannagap en Middelpos was in uitstekende kondiese, en BRRRRAAAAPP!! was aan die orde van die dag.

Die tyd langs die Doring, ek wou nog altyd daar stop, die swem was nodig. Grondpaaie het klere en al ingeklim, en was 20 min later droog.

Oorals lekker gebly, beste geselskap gehad.

Ek het natuurlik net 'n t-shirt saam gevat, behalwe dat ek redelik verbrand het Saterdag, het ek ook my gat afgevries Sondag middag laat van Tulbach tot in die Bos.

Bart, Grondpaaie en Mof wat alles gereel het, dit was A1.
Aan die ouens wat uitgemis het,  :'( 
Aan die ouens wat daar was, BRRRRAAAAPP!!
 
:imaposer: Dirk, ek gaan jou aanvat op daai foto, maar ek sal nie photochop nie. Ek het chops nodig........
 
Top