Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 12,300
- Reaction score
- 3,901
- Location
- Nie van hier nie
- Bike
- Honda CRF 300L
Ek wil bietjie die Memel, Vrede en Harrismith distrikte oor 'n tydperk van so 2 dae gaan verken, veral van die passe soos Normandien en ander grondpasse. Ek weet daar is WDs wat al baie daar gery het en sal graag bietjie van hulle wil hoor van die lekker paaie daar. Ook aanbevelings van bekostigbare gasteplaas of B+B verblyf. Pom, jy is daar in daai wêreld, het jy enige voorstelle?