Rondom Lesotho!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
4,318
Reaction score
1,529
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Verlede jaar, net na die Grendel vlak verslap is en ons losgelaat is, nooi n vriend wat uit die dorp uit getrek het, en saammet wie ek n baie lekker trip Gamkaskloof toe gehad het het my saam op n winter trip Willowmore toe. Hy het n nuwe 800 gekoop is lus vir ry. Dit reen en is koud - dis middel van die winter - en ons hoop 50/50 vir sneeu/nie sneeu nie. Maar ons is pas vrygelaat en maak nie saak hoe die weer is nie, almal wil bietjie wegkom.  Ek vra versigtig waar ons gaan bly, want kamp lyk na koudkry en hy sê moenie bekommerd wees nie ons bly in n gehuurde plaashuis naby Willowmore. Dis wel koud maar daar is n kaggel.

Hier ontmoed ek n vriend van hom van Brits. Ons is drie man met uiteenlopende persoonlikhede en agtergronde maar almal is gemaklik en ek geniet die trip terdeë. Daar is n blommeboer op sy GS800, ek op my 1150 en die drankwinkel eienaar op sy Africa Twin al die pad van Brits in NW. Hy het n bietjie in die Kaap kom rondry en ons twee ry vir n paar dae saammet hom om seker te maak dat hy nie gedagtes kry en dalk hier probeer bly nie. Daar word gery, gebraai en gekuier asof daar nie n more is nie soos wat dit langtermyn gevangenes op parool betaam.

Ons nooi mekaar daarna gereeld as daar gery word, maar dinge wil maar net nie lekker uitwerk nie, dan moet die een werk, dan met daai een werk. So sukkel almal maar aan op sy eie met sy eie dingetjies.

Iewers in Januarie 2021 laat weet een daar word n trip beplan Botswana moet toe. Ek stel natuurlik belang maar besef gou dit gaan nie realiseer nie. Kostes, Covid toetse, tyd van die werk af, paspoort ens - maar n man kan droom. Hulle sit my op die whatsapp groep en dit neem so twee weke voor die manne se entosiasme begin kwyn en daar later net so eenmaal n week n sinnelose fototjie of gewaagde grappie aangestuur word.

Ek gaan maar aan met my lewe. Droom van bietjie ry. Ry maar hier by my kontrei dag trippies. Ek verkoop my 1150 gat oor kop vir iets ligter wat toe n 1200 word. Ek is nog nie seker hoe dit gebeur het nie, maar die 1200 ry lekker en die lewe gaan aan.

Iewers in Maart laat weet Ruan dit lyk of die trip deur die mat gaan val. Hy was bietjie langer as ek in denial.

Hoe voel ek wil hy weet?
Ek sê nee man, ek voel diep teleurgesteld.
Hy sê kom ek en jy ry rondom Lesotho.
Bo om.
Ons gaan nêrens oor n grens nie, ek ken mense langs die pad, dit gaan nie te veel kos nie.
Ek laat weet dis reg, ek is in.

In die tyd is ek besig om n paar dingetjies aan my bike uit te sorteer. Op my tyd tot op daardie stadium maar skielik is daar nou n dringendheid.

Ek vervang die ratkas en FD se olie. Vervang die enjinolie en skaf n stel 2 de handse bande hier op WD aan. Dis pad bande maar die prys is reg. 

Met die gewerkery aan die bike, hou my ABS op n dag oppad Heidelberg toe op werk. Die liggies op die skermpie kom aan. Dis niks, vertel ek myself, net die sensor ek sal dit gou uitsorteer. Maar die sensor se skroefie is gestrip. Ek kry hom op die ou einde uit na n vreeslike gesukkel, maar die sensor lyk reg. Ek toets hom met n 9V battery en n liggie en hy kom aan. Bly aan. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek het gedog hy gaan flikker as ek die wiel draai of net af bly.

Ek sit maar weer aanmekaaar. Kort hierna verloor ek my speedo en ODO en gepaartgaande info. Dis dieselfde sensor, weet ek. My brieklig besluit dit lyk darem te lekker om die ouman so te hoor vloek en sukkel en begin sommer permanent aan bly.
Die battery bly pap....

WTF nog, sug ek terwyl ek inpak.
 
n Paar fotos van die Willowmore trip, verlede jaar. Waar alles begin het!
 

Attachments

  • 2.jpg
    2.jpg
    73.6 KB
  • 3.jpg
    3.jpg
    117.2 KB
  • 4.jpg
    4.jpg
    76.1 KB
  • 5.jpg
    5.jpg
    18.5 KB
  • 1.jpg
    1.jpg
    84 KB
Dag 1 se roete:
 

Attachments

  • AE44E4C0-FCC2-4996-BC3F-0F65B7D113B8.png
    AE44E4C0-FCC2-4996-BC3F-0F65B7D113B8.png
    540.1 KB
Ons ry die oggend net na 8 uit Swellendam uit. Ruan is toe al goed koud want hy kom van Hermanus af. Vannaand slaap ons in die Karoo op die plaas Waterval buite Graaff Reinet. DIs ongemaklik naby aan n baie kwaai boer wat ook hier op WD uithang se plaas maar die vind ek eers later uit. Gelukkig gedra ons ons.

Ruan kom honger by my aan. So hy wil eers eet. Ek wil weer darem n paar kilos inkry voor ons stop. Ons besluit om in Heidelberg by die Wimpy te stop. Net buite Heidelberg trek die bloubaadjies ons af. Hulle wil ons lisensies sien en vra uit waarheen ons oppad is. Lesotho, sê ons. Hulle hou daarvan. Mooi ry manne. Dankie lekker dag.

Ons stop by die Wimpy. Buite staan daar n swaar gelaaide BMW 1200 en n BMW 310. Altwee van de stof. Ons kry die ryers, twee dames, in die Wimpy. Hulle kom uit die Tankwa uit. Ons voel bietjie skaam om te se ons eet al na 60km se teerpad. Ons sien die dames weer n paar maal langs die pad as hulle stop. Die laaste keer net buite Willowmore maar toe is die 1200 alleen.

Ons volgende stop is Mosselbaai want hy moet spaar binnebande kry en ek wil maar n ander battery laat insit, miskien maak dit n verskil aan die gremlins wat my siel so versondig.

Dis koud maar dis pragtig. By Albertinia blom die voorpyle. Pragtige rooi kolle tussen die groen langs die pad. Die blomme gee my, n somermens altyd n hupstoot want die boodskap is tog duidelik - somer kom, byt net vas!

Ek is te bang om my heated grips aan te sit, bang die battery gee die gees. So my hande kry maar bietjie koud. Ons stop vinnig in Albertinia om vol te maak en ry die laaste ent Mosselbaai toe.

Ons is vinnig in n ritme. Ruan ry voor en ek so 200 m agter hom. Ek het hom gewaarsku dat ek my brieklig se een pool moes isoleer om dit af te kry so ek ry sonder n brieklig, hy moenie te naby my ry en sit en slaap nie.

By Mosselbaai stop ons by AST Motocycles. Ons koop die binnebande en hulle sit gou vir my n nuwe battery in. Hulle kom sê daar is n spyker in oom se band maar hulle gaan hom sommer gou vir my uittrek en n plug insit. Ek gaan meld aan by die baas om daarvoor te betaal maar hy wuif my weg. Ek gooi n R50 in die SPCA houer by die toonbank.

Na n uur of so vat ons pad. George toe. Skrams deur die dorp en oor die Outiniqua pas. Ons vat die pad Willowmore toe. Dis die warmste gedeelte van die dag, maar ons hande en voete wil maar nie opwarm nie. Ek geniet die heated grips.
 
Ek sukkel on Ruan by AST Motorbikes weg te kry. Hy wil die kruideniersware met alle geweld gaan aflewer.
 

Attachments

  • D6DA6966-7AB6-4279-A75D-784A20F8B2D9.jpeg
    D6DA6966-7AB6-4279-A75D-784A20F8B2D9.jpeg
    178.5 KB
Daarna vat ons die lang pad karoo in.
 

Attachments

  • C5D995D2-5978-4216-B366-919EAEB7FA85.jpeg
    C5D995D2-5978-4216-B366-919EAEB7FA85.jpeg
    165.1 KB
Die dorpies kom en gaan. Maar hulle is bietjie verder uitmekaar.
Ons ry nie vinnig nie, ons geniet nog die vryheid. Die oop pad. Die pragtige Karoo.
Selfs die koue kan dit nie bederf nie.
Laatmiddeag kom ons in Graaff Reinet. My gemoed lig sommer toe ek sien hulle het die engeltjie parkie skoongemaak en dit lyk baie netjieser as laas toe ek hier was.
Ons slaap vannaand op n gasteplaas, Waterval buite Graaff Reinet.
Ons gasheer en gasvrou is baie interessant en ons kuier lekker rondom die vuur.
Die skaap tjoppies is heerlik.
Die beddens is sag.
 

Attachments

  • A9FF056B-49CB-4A18-B211-0CF29C70EFF3.jpeg
    A9FF056B-49CB-4A18-B211-0CF29C70EFF3.jpeg
    255.9 KB
  • 1B7B6E0F-3BBC-4A32-87E5-E5EEE6736BC1.jpeg
    1B7B6E0F-3BBC-4A32-87E5-E5EEE6736BC1.jpeg
    168.5 KB
  • 41101D61-FC8C-4F77-B564-6D98397E2524.jpeg
    41101D61-FC8C-4F77-B564-6D98397E2524.jpeg
    184 KB
  • D4E4AA0B-DF66-494E-9261-C7B3D04A32D0.jpeg
    D4E4AA0B-DF66-494E-9261-C7B3D04A32D0.jpeg
    243.1 KB
Waterval Gasteplaas
 

Attachments

  • 74F74B84-E5E1-4A8D-9917-20AFF14F5758.jpeg
    74F74B84-E5E1-4A8D-9917-20AFF14F5758.jpeg
    159.1 KB
  • E90C9DC2-1BEE-4E1B-8E1B-BABDB43428C9.jpeg
    E90C9DC2-1BEE-4E1B-8E1B-BABDB43428C9.jpeg
    68.9 KB
  • 98C8A626-0355-42DB-9F0E-1C9232129482.jpeg
    98C8A626-0355-42DB-9F0E-1C9232129482.jpeg
    241.2 KB
👍 Noneking.
Dag 2 se roete:
 

Attachments

  • 06D380A8-135C-4EF4-9ED1-9698DC0D8E89.jpeg
    06D380A8-135C-4EF4-9ED1-9698DC0D8E89.jpeg
    164.3 KB
Dag 2 fotos
 

Attachments

  • 2009A78A-C4AA-4FBD-A9D1-C24B89A00571.jpeg
    2009A78A-C4AA-4FBD-A9D1-C24B89A00571.jpeg
    138.8 KB
  • 95D95636-367F-4331-B3FC-18365E78C023.jpeg
    95D95636-367F-4331-B3FC-18365E78C023.jpeg
    200.9 KB
  • 621D6491-4986-4C49-B25A-F91EB592985A.jpeg
    621D6491-4986-4C49-B25A-F91EB592985A.jpeg
    201 KB
  • EA14645A-B63B-45E1-B210-78A5C3BC3C4A.jpeg
    EA14645A-B63B-45E1-B210-78A5C3BC3C4A.jpeg
    253.9 KB
  • 716EE1FA-D6F6-4ED0-972A-B8BCA6BB68CB.jpeg
    716EE1FA-D6F6-4ED0-972A-B8BCA6BB68CB.jpeg
    207.1 KB
Laastes.
Laaste fotos is die hotel in Rhodes waar ons met die res van die groep opvang.
 

Attachments

  • FF63D94D-C35F-4B58-9EFB-6D378BF96C39.jpeg
    FF63D94D-C35F-4B58-9EFB-6D378BF96C39.jpeg
    152.6 KB
  • 51FD84C3-73C8-45BF-857A-0AD3D8679BD2.jpeg
    51FD84C3-73C8-45BF-857A-0AD3D8679BD2.jpeg
    123.1 KB
  • CEE51C0D-C5FE-4B2F-99AD-6967C48A18B7.jpeg
    CEE51C0D-C5FE-4B2F-99AD-6967C48A18B7.jpeg
    183.4 KB

Latest posts

Top